Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 88 -

BISKOP MARTIN WORD ONTVANG DEUR DIE GELUKKIGE GROEP. SY VERWYSING NA DIE HEER AS DIE ENIGSTE WELDOENER. EEN DING ONTBREEK NOG.

Biskop Martin kom te voorskyn, saam met Borem, van agter die nogal groot beskermende skerm en ongeveer vyftien honderd jubelend gaste kom om hom te ontmoet. Hulle groet hom en bedank hom omdat hy na hulle omgesien het toe hulle daar aangekom het en ook vir sy wyse leringe wat hulle saam met hulle geneem het op hul reis van toetse. Hulle dui hulle groot blydskap aan en selfs groter liefde en respek, wat ons Biskop Martin baie gelukkig maak. Hy is veral bly om te sien hoe goed hulle lyk en dat hulle op die regte weg is en reeds `n toestand van innerlike reiniging bereik het. Hy kyk met groot plesier na die groep, baie verbaas oor hulle goeie voorkoms en na `n rukkie sê hy:

(Biskop Martin): "My dierbaarste vriende, broers en susters, ek is baie bly vir julle en ook gelukkig oor julle vriendelikheid teenoor my. Julle moet my egter nie loof en dank vir julle verlossing nie en dat julle, julleself nou in die voorhof na die ware koninkryk van die Hemel bevind nie. Alle lof en dank is verskuldig aan die Meester alleen, Wie se onbeperkte genade julle op so `n wonderlike wyse verander het. Wat my aanbetref, wees net lief vir my as julle broer wat saam met julle dieselfde God en Meester as Vader deel. Laat ons hierdie een en enigste, waarste en heiligste Vader ewig onbeperk liefhê. Hy alleen bewerk alle dinge en is alle dinge aan alle mense. Daarom, al die eer en die heerlikheid, dank en lofprysing, kom Hom alleen toe!

Ek self en hierdie liewe vriend en broer hier het gesien hoe die Meester alleen julle gelei het, hoe Hy al die gemors verwyder het uit julle harte en hoe Hy, ter wille van julle, `n felle stryd teen die hel geveg het. Daarom, laat ons almal ons harte wyd oopmaak en die Meester van Heerlikheid laat inkom. Mag Hy gou in ons harte inkom en daar woon vir ewig!" Toe hulle sulke woorde van hul gasheer hoor, word die groep asof van gedaante verander en prys die Meester dat hy die mens sulke groot mag en wysheid gegee het. Toe kom al die leiers van die groep na Biskop Martin en smeek hom om toegelaat te word om by hom te bly as sy laagste dienaars.

(Biskop Martin): "Vriende, nie as my dienaars nie, maar as my geliefde broers en susters, julle kan hier bly vir ewig en deel in alles wat die Meester my so oorvloedig voorsien. Sonder julle sou hierdie onbeperkte heerlikheid en glorie net `n las vir my wees. Maar saam met julle kan ek dit regtig geniet omdat dit my in staat stel om aan julle vreugde en geluk te gee. O, bly almal van julle hier en deel my vreugde in die Meester, Wie bereid is om vir ons so `n groot en pragtige woning in Sy Koninkryk te gee en soos ek nou kan sien, ook `n tafel met die heerlikste brood en wyn in oorvloed om vir ewig te hou. En dit alles sonder dat selfs een van ons dit verdien het deur te lewe in ooreenstemming met Sy woord! Al hoe meer rede vir ons om Hom lief te hê en te loof omdat Hy dit alles vir ons gee, terwyl ons dit nie waardig is nie, of ooit sal wees nie. Julle kan nou sien hoe oneindig Sy liefde vir ons is en daarom moet ons s'n so wees vir Hom. Ons het nou alles as geseënde geeste, behalwe vir een ding, wat nog altyd ontbreek. En dit, my liewe broers en susters, is die teenwoordigheid van die Meester, sigbaar, in ons midde. So laat ons Hom in ons harte smeek om ons hierdie hoogste guns te betoon!"

(Die leiers van die groep is dit eens met die biskop, maar merk op): "Dit is ook ons grootste wens, maar ons is steeds veels te onwaardig om te hoop vir sy verwesenliking. Daarom is ons dankbaar vir dit wat Hy ons gegee het, alhoewel ons dit nie waardig is nie en ons begeerte om die Meester te sien sal te alle tye ons hoogste aspirasie wees!"

(Biskop Martin): "Julle is reg, liewe broers en susters. Dit is wat ware wysheid van ons eis. Maar liefde oorheers dikwels wysheid en doen wat sy wil. In hierdie geval, staan ek by die liefde. Ek stel voor julle doen dieselfde en julle sal nie verkeerd wees nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205