Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 91 -

BISKOP MARTIN SE LIEFDE VIR DIE MEESTER. ONTVANGS VAN DIE SJINESE MARTELARE EN HUL VERVERSINGS.

Na My woorde staan Biskop Martin vinnig op sy voete, omhels en soen My liefdevol en na die werklik kinderlike demonstrasie van sy liefde, sê hy:

(Biskop Martin): "Ag, wat `n verligting nou dat ek in staat was om `n bietjie uiting te gee aan my magtige liefde vir U, my geliefde, heilige Vader. Ek kan `n hele ewigheid daaraan bestee om U aan my hart te druk! Maar ek sal nou doen soos U voorgestel het en hierdie Sjinese na my huis neem, onder leiding van U, natuurlik, want sonder U, o Meester, sou dit onmoontlik wees om `n enkele tree te stap! Maar nou aan die werk!"

(Biskop Martin draai na die honderd en sê): "Nou, my liewe broers en susters, staan op en volg my na die huis. Laat die swakste op my leun, sodat ons almal saam in my huis kan gaan, waar julle versorg sal word. Die baie swakkes sal deur my magtige vriend hier versorg word, wie die leiding sal neem by die huis."

"Maar, vriend," sê sommige van die groep, "hoe kan ons, in so `n vuil toestand, in jou skoon huis ingaan? Weet jy nie dat ons `n wet het wat melaatses verbied om in enige huis te gaan nie? Die skending van hierdie wet is strafbaar met die dood. As die magtiges op aarde hierdie goddelike wet so respekteer, hoeveel te meer sal dit dan hier gerespekteer wees! Daarom, laat ons toe om in hierdie tuin te bly totdat ons skoon geword het. En laat ons eers dan toe om jou huis binne te kom."

(Biskop Martin): "Liewe vriende, broers en susters, laat dié ou tiranniese wette, wat julle of jul owerstes nie verstaan nie, julle nie hier pla nie. Want ons is nie onderworpe aan wêreldse wette nie, slegs God se wet tel en dit is die ewige wet van liefde. Hierdie wet word julle nou opgelê en vereis van julle om liefde onvoorwaardelik te volg. Daarom, doen nou gewillig wat my liefde vereis van julle." Na hierdie woorde staan die honderd op en volg My en Martin huiwerig die huis in en bevind hulself in die uitgestrekte, statige saal, waar hulle skreeu van verbasing en skok:

(Die honderd): "O, Lama, Lama Dalai Lama! Dit moet die woonplek van die ewige Brahma wees! O, ons arme sukkelaars, nou is ons verraai en is vir ewig verlore! Want daar is geskrywe: 'Hy wat binne die heilige woning van die ewige Brahma in `n onrein toestand kom, sal deur die bose Ahriman gegryp en gemartel word. "Wee ons!"

(Biskop Martin): "Maar liewe broers en susters, wat is al hierdie nonsens? Ek kan julle verseker, deur my liefde vir julle, Brahma was `n groot verleier en net so sterflik soos wat julle was. Nóg hy, nóg julle keiser ken Lama [God] en ook nie enige van julle nie. Ek, Martin, `n oud-Christelike biskop op aarde, in Europa, is die eintlike eienaar van hierdie huis, vir ewig. En geen Brahma sal ooit enige besigheid hier hê nie, tensy hy net soos julle kom, op soek na hulp. Daarom, kalmeer julself en moenie onnodig bang wees nie, want niemand wat nie verbied was om in te kom nie, sal ooit tot skade kom in hierdie heilige sale nie!" Hierdie woorde het natuurlik die honderd gerus gestel. Hulle is egter so oorweldig deur die skoonheid en grootte van die saal dat hulle vergeet om Martin te bedank vir sy trooswoorde. Terselfdertyd arriveer Borem met brood en wyn, wat Ek in die geheim seën, om die nuwe gaste te verfris. Nadat beide brood en wyn geseën is, sê Borem aan die gaste:

(Borem): "Liewe vriende, broers en susters, sit en neem die verfrissing wat julle baie nodig het na julle lang vas. Ons Meester, God en Vader is oneindig liefdevol, vriendelik, gedwee en geduldig en spreek julle vry van alle sonde wat julle gewete belas. Daarom moet julle rustig en gelukkig wees en geniet van alles wat aan julle gegee is, sonder onsekerheid of vrees. Wat julle hier kry, sal julle versterk vir die ewige lewe en julle help om `n ware begrip van God te kry, wat in sy wese die ware ewige lewe is. Dit was deur God die Meester self gespreek, toe Hy gesê het: "En dit is die ewige lewe, dat hulle [die dissipels] U mag ken, die enige waaragtige God en Jesus Christus wat U gestuur het." Na hierdie gerusstellende woorde het die honderd nuwe gaste gaan sit en Borem versprei die brood en wyn. Hulle almal neem dit gretig, spreek hulle dank uit en eet en drink ywerig. Dit is `n goeie teken, want met dieselfde ywer waarmee hulle deelneem aan die brood en wyn, sal hulle daarna die selfs meer geestelike Woord van God aanvaar.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205