Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 92 -

‘N HELENDE BAT VIR DIE HONDERD MELAATSES. HULLE WORD BEKLEE EN WYS HUL DANKBAARHEID. OOR DIE WESE VAN LAMA. VRAE OOR JESUS EN DIE MEESTER SE VERDUIDELIKING.


(Toe die honderd na `n ruk tevrede en verkwik is, praat Ek met hulle): "My liewe vriende, staan nou op, trek julle klere uit en klim in die bad wat julle sal vind tussen hierdie kolom en daardie lig, maar heeltemal privaat agter die skerm. Hierdie bad sal julle reinig van julle melaatsheid. Laat dit so wees!"

Die honderd doen vinnig soos gesê en toe hulle almal in die bad is, word hulle weer skoon. Hulle lelike bruin vel word weer glad en wit en hulle ledemate word goed gevorm en soepel.

(Toe hulle die verandering opmerk, word die gaste baie bly en begin om ons drie te loof): "Wie julle drie ookal mag wees - of julle Lama of Ahriman dien - julle het ons `n baie groot diens gedoen en mag julle Meester julle beloon daarvoor in ewigheid! Vir `n oneindig lang tyd was ons geheel en al ellendig. Ons het die hele wêreld deurgesoek, maar kon geen hulp hoegenaamd vind nie en nadat meer as tienduisend jaar verbygegaan het, het ons hierdie vriend gevind [bedoelende My] in die omgewing van hierdie paleis en ons het Hom gesmeek om ons te help, as hy kon. En hy sê: "Ja, Ek kan en Ek sal julle help! Volg my na die tuin en ek sal die eienaar van die huis roep, wat maar al te bly sal wees om te doen wat Ek hom sal vra namens julle."

Hy het dadelik gedoen soos hy belowe het en almal van ons is nou getuies van wat hy vir ons gedoen het. Daarom moet hy veral geprys word, maar julle twee ook, omdat julle gewillig gedoen het wat hierdie, ons eerste vriend, julle gevra het om ons onthalwe. Maar nou, liewe vriende, soos julle kan sien, is ons heeltemal naak. Julle het reeds so baie vir ons gedoen, sal julle nog een ding doen? Gee vir ons iets om onsself mee te bedek. Dan sal ons die gelukkigste mense in die hele oneindigheid wees!"

(Ek sê vir Martin en Borem): "Broeders, maak daardie goue kis oop, wat genoeg klere vir ons beskermlinge bevat en sal heel voldoende wees vir die oomblik. Uiteindelik sal hulle in die gewaad van die hemelse Koninkryk beklee wees, in ooreenstemming met die graad van volmaaktheid van hulle geeste. Laat dit so wees!"

Biskop Martin en Borem maak die goue kis haastig oop en haal `n honderd blou mantels uit, sommige swaar geplooi, ander met minder plooie. Die eerste gee hulle aan die manne, die laaste aan die vroue. Hulle almal trek hulle klere vinnig aan en is baie bly om te sien hoe goed dit hulle pas.

(Almal van hulle loof My en sê): "Vriend, jy is so uiters goed, naas slim en magtig. Ons was op die aarde vertel dat die Groot Lama baie goed en verstandig is, solank as wat hy nie vir Ahriman sien nie. As hy hom sien, maak dit hom so woedend, dat hy vir `n duisend jaar sy woede op die aarde uithaal, waar Ahriman woon. Daarna bedek hy sy gesig vir nog `n duisend jaar, sodat hy nie sy aartsvyand sien nie. Gevolglik neem hy geen ag op die mensdom vir `n volle tweeduisend jaar nie. As dit alles waar moet wees, moet ons sê dat jy baie slimmer, sterker en beter is. Ons sê dit in weerwil van die Lama, om te getuig van die waarheid. Ons het op aarde gehoor van `n sekere Jesus, deur boodskappers uit `n ander land, wat beweer dat hy die ware, geïnkarneerde Lama is. Hy is egter verslaan deur Ahriman, omdat hy die mense teen Hom opgemaak het. As jy meer oor hierdie storie weet, vertel ons asseblief, want ons wil graag die waarheid daaroor weet. Op aarde het hierdie belangstelling van ons, ons lewens gekos. Maar ons glo dat hier geen dood meer bestaan nie. Daarom sal dit miskien nuttig wees om meer te hoor oor hierdie Jesus-Lama. Mits daar waarheid in die storie is, vertel ons of jy van Hom weet. Alles het voorgekom om goed te gaan en ons het al sekere goeie gebede geleer, maar toe het dinge verkeerd gegaan. Een van die boodskappers het te ver gegaan, sy minnares het hom verraai - en almal van ons en nog vele meer - moes met ons lewens betaal omdat ons Lama verlaat het en na `n ander god gedraai het. Waarskynlik het die bose Ahriman hierdie truuk op ons gespeel en daarom hoop ons dat die Lama ons nie te veel sal blameer nie, veral as hierdie Jesus werklik `n inkarnasie van hom is."

(Ek sê): "My liewe vriende, hê nog `n bietjie geduld en julle sal alles wat julle begeer uitvind. Maar nou, volg ons en julle sal `n groot skare vind en tussen hulle die boodskappers wat hierdie onderrig aan julle gebring het; ook die Sjinese vrou wat julle verraai het en die boodskapper wat te ver gegaan het. Maar wanneer julle hulle ontmoet, moet julle nie kwaad word nie. Julle moet hulle vergewe vir wat hulle gedoen het aan julle en dan sal julle ook die Jesus-Lama herken. Dus, kom van agter die skerm en volg ons sonder onsekerheid en met julle beste bedoelings. laat dit so wees! "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205