Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 97 -

CHANCHAH SOEK VURIG NA DIE NAAM VAN HAAR GELIEFDE FRIEND. DIE MEESTER SE WENK VIR DIE BESTE FORMULE. VERSKIL TUSSEN DIE GASHEER EN DIE GASTE.

(Toe sy dit hoor, sê Chanchah, ietwat skaam): "O, glorieryke vriend van my hele wese, omdat jy oor die heilige, ewige Lama met sulke ongelooflike versekering praat, moes jy Hom al dikwels ontmoet het, miskien selfs met Hom gepraat het asof jy Sy eerste kneg was. Ja, dit moet die antwoord wees, of jy kan nie so onbeskryflik vriendelik wees nie en jou woorde kan nie soveel krag hê, asof hulle die woorde van Lama self is nie. Jou twee vriende het ook met my gepraat, maar Ek het nie sodanige krag in hul woorde agtergekom nie, behalwe wanneer hulle met jou praat. In die lig hiervan, vertel my hart my dat jy nader aan die Lama is as hierdie twee. Is ek reg?"

(Ek sê): "Vra jou hart en jou liefde vir My. Dit sal jou alles vertel! Maar laat ons nou na die ander broers gaan wat ook ons sorg en liefde nodig het. Jy bly aan My sy, My liefste Chanchah!"

(Chanchah): "Dit is reg en goed dat my ander broers en susters ook in jou hart onthou word. Die gashere is altyd beter af as die gaste, want hulle kan gee wat hulle wil, terwyl die gaste net kan neem wat hulle gegee word. En hulle moet met dank aanvaar wat aan hulle gegee word en eer en dank aan die gasheer gee. `n Gasheer kan van sy stoor neem wat hy wil sonder om iemand te vra, wanneer hy so voel, want hy hoef nie reëls van hoflikheid in ag te neem of enigiemand te bedank nie. Daarom kan die gashere hulself gelukkig ag, want hulle kan gee wat hulle wil, wanneer hulle wil, terwyl die ontvangers minder gelukkig is, want hulle moet neem wat aan hulle gegee word. Ek dink nou aan al die gaste hier, insluitend myself. Julle drie baie vriendelike en goeie gashere en meesters van hierdie hemelse herehuis, ongeag van julle onbeperkte goedheid, is soveel beter af as al die gaste, selfs al word hulle goed behandel deur julle. Maar julle sal altyd die meesters bly en die gaste sal van julle afhanklik wees vir alles. Daarom moet daar eintlik na hulle omgesien word op die beste moontlike manier. Maar jy, my liefste vriend, moenie my blameer vir my woorde nie, sal jy? Ek praat prontuit net omdat ek jou so baie liefhet. My groot liefde vir jou maak my praat en dan hardloop my tong weg met my."

(Ek sê): "Jy soete balsem van my hart, sê wat jou hart jou vertel. Jy kan ons nooit aanstoot gee nie, veral nie met sulke wyse woorde nie, want Ek kan jou vertel, my lief, dit is presies soos jy dit beskryf het. Dit is baie makliker om te gee as wat dit is om te ontvang en die swakste gewer is nog steeds beter af as die beste nemer. Maar, hierdie orde kan nooit verander nie, aangesien almal onmoontlik nie `n meester kan wees nie. As die Lama elke mens `n meester maak met sy eie huis en ruim middele sodat hy nie nodig sou hê om `n ander te vra vir enigiets nie, wat word van die liefde vir jou broer en jou naaste? Wat van die liefde vir Lama? Hierdie liefde sou net verdwyn en tog op die einde, sou die Lama die gewer wees en alle mense noodwendig die nemers, soos dit nou is en vir ewig sal wees. Maar, ten einde dit makliker te maak vir die nemer, word ons as gasheer so `n oorvloed gegee sodat elke ontvanger kan neem soveel van dit as wat sy hart begeer. Kan ek jou selfs sê, my liefste Chanchah, dat die gee hier selfs so ver gaan dat jy nie `n enkele wese in die hele oneindigheid sal kry wat nie te alle tye `n duisend keer meer ontvang as wat sy hart ooit voor kan wens nie. Wat dink jy nou daarvan, my geliefde Chanchah? Moet die nemers nog steeds onder sulke omstandighede bejammer word?"

(Chanchah): "As die saak dan so is, natuurlik kan die nemers selfs gelukkiger wees as die gewer, wat, vergewe my dat ek dit sê, baie bekommernis moet hê. Hy moet dink hoe om sy store die beste te vul om te verhoed dat hulle leegloop wanneer daar voortdurend so baie weggegee word. Op die aarde het ek soms gewonder hoe dit moontlik is vir die Lama om te kyk na soveel dinge, die gras en al die plante, sowel as die ontelbare wilde diere en mense. Maar dan het my moeder vir my gesê: "Chanchah, hoe kan jy in sulke menslike terme aan die Lama dink? Weet jy nie dat Hy almagtig en alomteenwoordig met Sy krag is nie? Wat Hy in Sy onbeperkte wysheid wil, gebeur wanneer en hoe Hy dit beplan!”

My moeder se verduideliking het my redelik tevrede gestel, maar ek sou nou graag van jou, `n dienaar van Lama hoor, of my ma reg was. Is dit maklik vir Lama om vir die hele oneindigheid te sorg, of is dit `n moeilike taak? As dit maklik vir Hom is, dan is Hy net so goed af as al die ontelbare ontvangers. As Hy dit soms glad nie maklik vind om voorsiening te maak vir al die behoeftes van die ontelbare menigtes nie, dan as mens Sy onbeperkte vrygewigheid oorweeg, kan `n mens regtig jammer voel vir Hom. Asseblief vertel my hiervan, my liefste vriend. Ken jy die antwoord?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205