Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 98 -

DIE MEESTER SPREEK OOR DIE AARD EN AKTIWITEIT VAN LAMA. DIE WONDER VAN DIE BOOM. 'N WAARSKUWING OM VERSIGTIG TE WEES.

(Ek sê): "My soetste Chanchah", Ek kan jou in `n paar woorde vertel, so luister! Aangesien ek die Lama ken so goed as wat Hy Homself ken, kan ek jou die volgende vertel: Wat betref die voortbring en skep van dinge, kan jy jou nooit voorstel hoe maklik dit vir Hom is nie. Sodra Hy `n idee ontvang, hoef Hy net te sê: "Laat daar wees! en wat Hy wou, is reeds daar. Ek kan jou `n voorbeeld gee. As Ek `n pragtige, vrugte belaaide boom hier voor ons visualiseer, of as jy dit doen, dink aan `n pragtige vyeboom. Het jy dit gekry?"

(Chanchah): "Ja, ja, ek dink aan een, een soos die een wat in my ouers se tuin gegroei het."

(Ek sê): "Goed! Nou kyk hier! Ek dink aan dieselfde boom en soos Lama, sal Ek aan hierdie verbeelde boom sê: "Kom in bestaan!" En kyk, hier staan die vyeboom reeds voor ons, vol ryp, heerlike vrugte! Het jy gesien hoe maklik dit vir My was om vir jou `n lewende demonstrasie te gee? Dit is net so maklik vir Lama om een te skep, of `n oneindige getal dinge. Maar om mense te vorm om so vry en volmaak te word soos Hy self is, dit is nie maklik vir die Lama nie. Dit vereis meer as net almag. Maar selfs al is dit meer ingewikkeld, vir die Lama is alles moontlik. Nou, my liefste Chanchah, het jy my verduideliking verstaan? Hierdie vyeboom gee ek jou as `n geskenk. Dit sal nooit verwelk nie, maar sal altyd ryk en goeie vrugte vir jou dra."

Chanchah is sprakeloos van verbasing en kyk om die beurt na My en dan weer na die vyeboom. Hierdie wonderwerk het al die gaste na ons getrek en hulle is almal verbaas oor wat hulle sien.

(Biskop Martin kyk ook na die boom en hy sê met verbasing): "O broer, alhoewel ek weet hoe maklik dit vir U is om `n boom soos hierdie voort te bring, vind ek nog steeds sy skielike verskyning baie verrassend. Dit moet `n wonderlike ding wees om `n bietjie almag te besit. Maar dan, `n gees soos myne is nog veels te dom om sulke krag te besit. En dit is net so goed dat ek dit nie besit nie, want selfs U, glorieryke broer, sou verbaas wees oor die domme skeppings waarmee ek die oneindigheid van die ruimte sou vul! Ag Meester, watter karikature sou daar voortkom. Daarom is dit baie wys van die Lama om die vermoë van almag net aan diegene wat beskik oor die hoogste graad van hemelse wysheid, soos Uself te gee. En dat, so ver as wat dit U aangaan, moet die gee makliker wees as om te neem, sonder twyfel. In elk geval, soos ek dit sien, sou die neem nie regtig geld in U geval nie, sedert [in `n lae stem] alles alreeds U s’n is."

(Ek sê): "Wees versigtig, my liefste broer, Martin! Moenie vergeet dat daar ander teenwoordig is wat nog nie jou geestelike vlak bereik het nie. Jou kommentaar in die begin was heel korrek, maar teen die einde, het jy amper te ver gegaan en wat vir `n lang tyd baie nadelig vir hierdie fees kon wees. Daarom, kyk na jouself, wees so slim soos `n slang en terselfdertyd, so onskuldig soos `n duif. Neem `n voorbeeld van Borem, wie se houding korrek is en streng voldoen aan die vereistes van die hemelse wysheid. Maak soos hy en ons sal goeie vordering met die gaste maak."

(Martin): "Ek dank U vir hierdie goeie raad en ek sal dit getrou volg. Maar, kyk hoe Chanchah U noukeurig dophou, met `n uitdrukking wat ek nog nie by haar opgemerk het nie."

(Ek sê): "Dit is alles reg! Laat sy haar waarnemings maak, want dit sal haar gees nader aan My lei. Sy sal binnekort `n paar vrae gereed hê, - wat om te antwoord, ons `n rukkie besig sal hou. Kyk, sy gaan nou praat. Jy as die gasheer, beter haar eers vra hoe sy van My verduideliking gehou het en dan sal ons gou sien wat daaruit volg." Biskop Martin volg my raad onmiddellik en sê aan Chanchah, wat nog te verbaas is om die regte woorde te vind: "Mooiste Chanchah, vertel ons hoe jy van die verduideliking hou en of jy dit nou in alle opsigte baie duidelik vind. Jy mag nie te verbaas wees oor hierdie wonderwerk nie, want sulke verskynings is nie skaars in hierdie wêreld nie. Jy sal uiteindelik gewoond word aan hulle. Ek was in dieselfde posisie in die begin en as jy net geweet het watter wonderlike dinge ek gesien het sedert my aankoms, sal jy sekerlik verbaas wees. Dit, my liefste Chanchah, was maar net `n klein wonderwerk en bedoel om jou vorige vrae aan my broer se verduidelikings te demonstreer. Wees net geduldig, uiteindelik sal daar nog meer te sien wees!" 

(Chanchah): "Dit is maklik genoeg vir jou, my liewe vriend, nadat jy al aan sulke verskynings gewoond is. Maar dit is geen wonder as ons verward is nie, want waar in die wêreld het iemand ooit `n ding soos hierdie gesien? As jou woorde nie so gerusstellend was en jy my nie anders oortuig het nie, sou ek jou vriend en broer, wie op die oomblik met my landgenote praat, geneem het vir die Lama self. Maar aangesien jy my vertel dat sulke wonderwerke nie `n onreëlmatigheid in hierdie wêreld is nie, voel ek baie rustiger en het hierdie broer, selfs meer lief as voorheen. Hoewel hy, volgens jou, net jou broer is, lyk hy baie meer goddelik as wat jy lyk en dit word ook bewys deur sy miniatuur skepping. Ek dink baie van jou ook, maar is nie so seker dat jy iets kon voortbring soos dit nie. Wat sê jy daarvan?"

(Martin): "Hmm, ja, my liefste Chanchah, as dit van belang is, wie weet? Miskien kon ek! Maar as ek `n wonderwerk wil doen net om te spog, sou dit sekerlik misluk en `n groot gek van myself maak. Het jy verstaan wat ek bedoel?"

(Chanchah): "O ja, ek sien wat jy bedoel! Maar gaan aan en vertel my alles wat jy kan daaroor!"

(Martin): "Hmm, wat wou ek sê? O ja, oor die bewerking van `n wonderwerk. Jy weet, Mooiste Chanchah, eintlik kan net die groot Lama wonders doen wanneer, waar en hoe Hy wil. Ons, Sy dienaars, kan dit slegs met sy toestemming doen om `n doel te dien. Daarom het my broer hierdie klein wonderwerk gedoen, omdat dit nodig was vir jou opleiding. Anders sou hy dit nie gedoen het nie. Maar dieselfde geld vir Lama, Wie omtrent nooit `n wonderwerk voor ons oë doen nie, aangesien dit onnodig is as ons reeds Sy sagste wenke verstaan. Is dit duidelik vir jou, liefste Chanchah?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205