Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE GEESTELIKE KEERPUNT IS GEEN OMMEKEER NIE; MAAR `N HERNIEUDE KLUISTERING
B D 4875 - 5 April 1950
`n Ontwikkeling na `n hoër vlak is nie meer op hierdie aarde moontlik nie. Selfs op dieselfde hoogte bly die mense nie staan nie, maar sink steeds dieper na benede. Hulle dryf oewerloos af en verwyder hulle so ver van My dat hulle kragteloos deur die aardse lewe gaan, waardeur dit ook heeltemal nutteloos is. En daarom is daar ook `n groot verandering nodig om die wegsink van die geestelike in die mensdom te stop, om `n nuwe weg te baan wat weer omhoog voer.
U mense, is nie bekend met My Verlossingsplan nie, behalwe die weiniges aan wie Ek My openbaar. Maar u sou daarvan kennis kan verkry as u uself met die vraag sou besig hou, waaraan die hele gebeure om u heen ten grondslag lê. U vraag lui egter anders. U vraag het slegs betrekking op aardse voordele, op die middele om groot wins te behaal aan aardse goedere. U brei u kennis slegs uit op daardie gebied en laat al die geestelike dinge buite beskouing. U sal daarom egter ook verras wees oor wat daar in die komende tyd gaan gebeur, u sal geen verklaring daarvoor vind wanneer u verstandelik sal soek om dit op te los nie.
Die kennis van My Verlossingsplan sou egter alles vir u verklaar. Die kennis van My Verlossingsplan van die ewigheid laat u alles met ander oë kyk en u verantwoordelikheidsgevoel sou gewek word, omdat u die lot van u siel na die dood bepaal deur u lewenswandel. Daar sou daarom nog van `n klein oplewing gespreek kan word, ofskoon ook maar weiniges dit ernstig neem wat hulle deur die wetendes as verklaring aangebied word. En daarom beëindig Ek `n ontwikkelingsperiode en laat `n nuwe begin.
Dit is wel as `n keerpunt te sien, maar nie as `n ommekeer, of as `n plotselinge opbloei in die ontwikkeling van die geestelike nie. Dit is baie meer `n totale mislukking enersyds en die skepping van heeltemal nuwe ontwikkelingsmoontlikhede andersyds. Wat in die ou ontwikkelingsperiode gefaal het, begin weer in die diepste diepte sy ontwikkelingsgang, dit sit dus nie `n afgebroke louteringsproses voort nie. Juis daarom is die tyd vir die einde van hierdie periode ook so uitermate belangrik, want dit bepaal die lot van onuitspreeklik baie siele tot lewe of dood. `n Voortbestaan van hierdie aarde sou in geen geval vir hierdie siele bevorderlik wees nie, omdat hulle al lankal die verbinding met My verbreek het. Hulle is dus heeltemal sonder geloof, en in so `n toestand kan hulle ook nie die barmhartigheid benut wat hulle `n geestelike vooruitgang sou kon verseker nie.
En tog word daar nog alle pogings aangewend om die afsonderlike siele tot aan die einde te red, dit wil sê hulle op hulle bestemming opmerksaam te maak. Maar hulle kan geen ondersteuning teen hulle wil in verkry nie en hulle wil steeds na benede streef, hulle laat hulle uitsluitlik lei deur die materie, waarin die nog op die laagste vlak van ontwikkeling staande geestelike hulle bevind. Maar Ek hou steeds rekening met die wil van die geestelike, aan hulle val ten deel wat hulle begeer.
Sodoende word die harde materie weer die omhulsel van diegene wat al die laaste stadium van ontwikkeling bereik het, en die siele van die van My heeltemal verwyderde skepsele word opnuut gekluister in die skeppings van die nuwe aarde. En altyd moet die mense dié ontsettende lot voorgehou word, steeds moet hulle weer in kennis gestel word van My ewige Verlossingsplan, omdat dit die tyd van die einde is, omdat elke mens van die groot verantwoordelikheid bewus moet word wat hy teenoor sy siel het, sodat hy die laaste tyd nog kan benut tot redding van sy siel as hy die wil daartoe sou hê.
Hy moet weet dat die einde kom en wat die einde vir sy siel beteken. Hy moet weet dat daar geen uitstel meer is nie, maar dat vervul word wat sieners en profete aangekondig het sedert die begin van hierdie verlossingsperiode; dat die einde onherroeplik kom en daarmee ook die laaste oordeel waar beslis word oor lewe en dood, oor lig en duisternis, oor loon en straf, oor hel en verdoemenis, Paradys en saligheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205