Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

OPLOSSING. WERK VAN VERNIETIGING. HERNIEUDE KLUISTERING
B D 4353 - 25 Junie 1948
In `n wêreld van haat en liefdeloosheid kan daar geen geestelike vooruitgang meer opgemerk word nie en die aarde verloor haar eintlike doel, naamlik om die beliggaamde geestelike in haar tot ontwikkeling omhoog te help. Gevolglik het die tyd dus gekom waarin die menigvuldige skeppings wat dié doel moes vervul, opgelos word, en die geestelike bevry kan word ten behoewe van nuwe vorms.
Maar vir die mensdom beteken hierdie oplossing `n val uit die alreeds beklimde hoogte na die diepste diepte. Dit beteken `n terugval in die hardste materie en `n tweede gang deur alle skeppingswerke op die nuwe aarde.
Die mense is as gevolg van hulle gebrek aan liefde volkome onwetend. Hulle het geen begrip vir dit wat voor hulle lê nie en hulle het ook geen sin om daaroor na te dink nie, wanneer hulle die kennis daaroor ter oorweging gegee word. Hulle hou hulle nie besig met geestelike probleme nie, en dit is ook `n teken dat die tyd van die ontbinding van die ou aarde gekom het. En hulle is ook vir geen uitleg toeganklik nie. Hulle lewe slegs vir hulle wêreldse interessanthede en wys alle geestelike gesprekke af, en daarom lewer vermanings en waarskuwings geen resultaat op nie.
Maar wanneer elke moontlikheid wegval om `n geestelike verandering op aarde te bereik, as `n geestelike oplewing glad nie moontlik is nie, dan is daar nog maar net `n algehele verval te verwag. Dit sal God egter nie laat gebeur nie, want Hy sal die aarde voor die tyd omvorm, wat wel met werke van algehele vernietiging gepaard sal gaan, maar wat in die plan van die Ewigheid voorsien is. Die volledig ontaarde mensegeslag, dit wil sê die geestelike wat daarin gebonde is, word weer die moontlikheid gegee vir `n opwaartse ontwikkeling, omdat God se liefde geheel en al niks laat val nie, al verset hulle hulleself ook heeltemal teen Hom.
Die laaste vernietiging van die aarde sal daarom tegelyk `n daad van die grootste barmhartigheid wees, maar dit sal onherroeplik plaasvind om `n nog steeds dieper wegsinking van die mense te verhinder.
Want hulle het in hulle liefdeloosheid al alle verbindinge met God verbreek en die kloof tussen Hom en hulle wyer gemaak, sodat die krag by hulle ontbreek om hulle opwaarts te ontwikkel.
En daarom kom God hulle tot hulp. Hy beroof hulle van die uiterlike vorm en bind die geestelike opnuut. Daardeur kan die eindelose wye kloof wat deur die vrye wil van die mense tot stand gebring is, weer smaller gemaak word in `n "jy moet" toestand, sodat die geestelike in `n geestelike toestand weer daardeur tot God kan naderkom en sal eenmaal weer die moontlikheid gegee word om die vryheid van die wil goed te gebruik om na God toe te kom, al is dit ook na `n eindelose lang tyd.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205