Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

VOORWOORD
Die kloof tussen God en die mense word steeds groter omdat hulle hulleself meer en meer van Hom verwyder, en hulle na Sy teenstander keer. Maar geen mens kan hom ongestraf van Hom verwyder sonder om die ware lewe daardeur te verloor nie.
Daarom is die slae van die noodlot meestal nog die enigste middele wat God kan aanwend, want dit is "barmhartigheidsmiddele" wat die mens moet benut in die aangesig van die einde.
Betreur dus nie die mense wat plotseling uit die aardse lewe opgeroep word nie, want hulle kan nog in die hiernamaals na die “lig” toe kom. Erger daaraan toe is diegene wat die einde beleef sonder om hulle denke en ongelowigheid heeltemal te verander. Vir hulle is daar byna geen redding meer nie, want selfs die grootste Goddelike erbarming en oneindige liefde kan die lot van die hernieude kluistering nie van hulle afwend nie. Dit is die enigste moontlikheid om die siel ooit tot voleinding te laat kom, al is dit eers na oneindige lang tydsperiodes.
Maar tot die einde van hierdie aarde sal die Heer deur Sy Woord tot die mense spreek en hulle waarsku. En wie na Sy Woord luister, sal gered wees en Hom ewig dank, omdat Sy liefde hom volg tot by sy ommekeer.
M.G.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205