Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE EINDE VAN `N VERLOSSINGSPERIODE, EN DIE BEGIN VAN `N NUWE
B D 7756 - 26 November 1960
In hierdie verlossingsperiode sal daar geen geestelike ommekeer meer plaasvind nie, want die geloof in My het by die mense verlore gegaan. En al word My Evangelie nog uitgedra in die hele wêreld, tog sal daar altyd maar weinig wees wat dit (volgens waarheid) sal aanneem. Maar steeds meer mense sal afvallig word wie se geloof slegs maar `n vormgeloof was, en wat nog slegs `n geringe aansporing het om dit te verwerp as daar `n geloofsbeslissing van hulle verlang word.
Dit is maar `n klein kudde wat `n lewende geloof het en in die hart die verbinding met My herstel. Dit is maar weinig mense wat met My omgang het soos kinders met hulle Vader. En hulle sal ook altyd My sigbare hulp ervaar as hulle in nood raak deurdat hulle openlik vir My opkom, want hulle is van binne oortuig en het dus ook `n lewende geloof. Maar hulle getal sal nie baie groter word nie.
En die geloofstryd wat oral gevoer word en wat in sy begin ook al oral herkenbaar is, sal die aantal gelowiges nog verklein. Want dan sal baie bereid wees om My op te gee terwille van aardse gewin, maar die moed om vir My te stry, bring hulle nie op nie, omdat die lewende geloof by hulle ontbreek. Sodoende sal die aarde ten laaste nie haar doel meer vervul nie, naamlik om bevorderlik te wees vir die geestelike voltooiing van die siele van die mense. Die gang van die meeste mense oor die aarde is nutteloos, omdat dit nie die rypheid vir die siele oplewer waarvoor hulle op die aarde vertoef nie; maar die ontwikkeling van die geestelike moet deurgaan.
Daarom moet die aarde weer gereedgemaak word sodat sy `n skolingsplek vir die gees kan bly en kan word, soos wat dit steeds haar bestemming was en is. Daarom loop hierdie verlossingsperiode ten einde en begin daar `n nuwe tydperk. Nuwe skeppings neem die geestelike op wat in sy ontwikkeling gehinder was, wat eers `n oplossing van hierdie skeppings vereis sodat die gebonde geestelike kan vryraak en weer opnuut in `n ander vorm ingepas kan word.
Daarom moet die mense met `n spoedige einde rekening hou en hulle wat op aarde gefaal het, moet opnuut gekluister word in die skeppings op die nuwe aarde. En wanneer mens verwag dat die geestelike houding van die mense op hierdie aarde nog sou kan verander, dat hulle tot `n geloof in Jesus Christus en Sy Verlossingswerk sou kan kom en deur dié geloof `n nuwe lewe sou lei met geestelik gerigte vermoëns en aspirasies, dan sal dit maar net verkeerde gedagtewense bly van enkele mense wat nooit verwesentlik sal word nie. Want My teenstander is aan die stuur met sy mag, en dit het die mense hom self gege. Sy aktiwiteit sal so sterk toeneem dat hy opnuut gebind sal moet word. Dat daar daarom al `n einde moet kom, sodat sy aktiwiteite aan bande gelê word, anders sal geen mens meer salig kan word nie.
En daar is al sedert die begin van hierdie verlossingsperiode op hierdie tyd gewys, en al mag hierdie aankondigings nog so ver weg vir u mense lyk, eendag sal ook die toekoms die teenswoordige tyd word - dit moet steeds weer vir u gesê word. En daarom moet daar ook `n geestelike ommekeer kom, egter nie meer op hierdie aarde nie, maar in `n wêreld van vrede en saligheid. Daar sal `n nuwe ontwikkelingstydperk begin met geestelik hoogstaande mense, wat Ek as geloofsgetrou van hierdie aarde sal wegneem en weer op die nuwe aarde sal terugplaas. Dan het daar `n geestelike ommekeer ingetree en die mense sal weer lewe in vrede en eendrag, in voortdurende verbinding met My, hulle God en Vader, en met die salige wesens in My Ryk. Dan sal die liefde weer op aarde heers en My teenstander sal geen invloed meer kan uitoefen op die mense van die nuwe aarde nie. Hy sal gebind wees vir `n eindelose lang tyd totdat die mense sy kettings self sal losmaak en vir hom sy beïnvloeding opnuut moontlik maak.
Voor dit sal daar egter `n lang tyd van vrede en saligheid heers.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205