Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE WYS OP DIE EINDE. DIE HERNIEUDE KLUISTERING
B D 7493 - 3 Januarie 1960
Dit is voldoende aan u mense verkondig welke tye u tegemoet gaan. U is steeds vermaan en gewaarsku om u lewenshouding daarop in te stel en dit te verander in `n lewenswandel wat vir God welgevallig sal wees. U is altyd gewys op die groot gevaar waarin u siel haar bevind as sy die aardse lewe plotseling sal moet opgee, en ingaan deur die poort van die ewigheid. En die naby synde oordeel is vir u aangekondig, naamlik die geestelike en aardse verandering van die aarde. U is netso opmerksaam gemaak op die hernieude kluistering, asook op die dag van die oordeel. U is gemaan tot ywerige siele-arbeid om die lot van die hernieude kluistering van u af te wend, u het wel daarna geluister en tog glo u nie in alle erns dat die voorspelling `n werklikheid sou kan word nie.
U leef sonder geloof en u het daarom geen verantwoordelikheidsgevoel teenoor u siel nie, wat haar in die grootste nood bevind. Maar nog bly daar vir haar ietwat tyd, voldoende om haar nog `n graad van rypheid op te lewer, as dit ernstig nagestreef sou word. Die geloof ontbreek by die mense, selfs die gelowiges koester ligte twyfel as die aangekondigde einde aan hulle verkondig word, selfs die gelowiges wil nie aanvaar wat vir hulle oor die einde gesê word nie, ofskoon dit van Bo geskied. En u moet met u vrye wil gelaat word, want u mag nie tot geloof gedwing word nie. En daarom gaan die dae verby sonder om vir u iets op te lewer, solank u nie uit uself na die geestelike rypheid streef nie.
Dan egter sal u nie meer twyfel aan wat vir u voorspel word nie, want sodra u uit eie vrye wil geestelik besig is; word alles vir u, ook dit wat u moet glo, tot sekerheid. En daarom kan u ook in oortuiging aan u medemens verkondig hoe laat dit is; en hoe naby die einde is.
Net hy wat self daarvan oortuig is, kan ook met oortuiging praat oor die einde en oor wat die mensdom te wagte staan. Maar weiniges glo egter dat die einde naby is. Hulle herken dit aan die tekens van die tye en hulle is in staat om dit te herken, omdat hulle alles geestelik beskou en daarom ook die tyd van die koms van die einde voorhou. U mense moet almal aan hierdie tekens aandag skenk, wat lank vantevore aangekondig is, want u sal dan ook besef in welke uur u leef en dit sou daarom ook nie moeilik vir u wees om in `n einde te glo en in alles wat met die einde saamhang nie.
Daar bly vir u almal nie meer baie tyd oor nie, of u dit wil glo of nie. Die gelowige sal egter probeer om nog uit hierdie kennis `n geestelike voordeel te behaal, terwyl die ongelowige ook die laaste tyd onbenut sal laat vir sy siel, wat hom eenmaal bitter sal berou as vir hom nie ook nog die hernieude kluistering beskore is nie. `n Verlossingsperiode lot wat so ontsettend is, dat die mens alles sou wou gedoen het om daarvan te ontkom.
Daarom word daar ook altyd weer vir hom kennis daaroor geskenk en word aan hom die wete gegee wat daar met die siele gebeur wat te kort skiet in hulle aardse lewe en nie meer in die ryk hierna opgeneem kan word nie, omdat die tyd uitgeloop is. Hierdie kennis moet hulle aanpor tot ywerige siele-arbeid. Baie weinig mense glo egter daaraan en bewyse mag nie vir hulle gegee word nie.
Daarom loop talryke siele die gevaar dat hulle hulle aardse lewe sal verloor en dat hulle geestelike substansies ook nog tegelykertyd opgelos sal word, en weer `n nuwe ontwikkelingsgang deur die skepping van die nuwe aarde sal moet gaan. Hulle sou nog in die laaste tyd dié gevaar van hulle kon afwend, maar hulle moet vrywillig werk aan hulself. En hulle moet, as hulle dink dat hulle nie kan glo nie, rekening hou met die moontlikheid dat wat aan hulle verkondig word, waar is en daaraan beantwoord, en daarom ook lewe. Want daardeur sou hulle `n aansienlike wins kan bekom vir hulle siele, en sodoende nie verlore gaan as die dag van die oordeel gekom het nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205