Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

HERNIEUDE GEVANGENSKAP
B D 6311 - 21 Julie 1955
Wat u mense te wagte staan as u nie waarlik verander nie, kan vir u nie donker genoeg geskilder word nie, want dit oortref al die aardse verwagtinge. En dit is daarom vir u mense so verskriklik, omdat u die reeds verkreë mate van vryheid weer moet afgee, omdat u opnuut gekluister word en u u weer eindelose tye in gevangenskap sal bevind; totdat dieselfde geluk as nou vir u ten deel sal val en u weer as mens oor die aarde sal gaan.
Maar of u lot nog so erg aan u voorgestel word, u laat u daardeur nie in die war bring nie, en tog sou u daardie lot nog kan ontgaan as u My Woorde ter harte sou wil neem en uself verander nie. Ek verlang slegs die verandering van u wese. Ek verlang slegs dat u mense onder mekaar u gesindheid verander, dat u mekaar help in plaas van bestry en vyandig bejeën; dat die een die ander gelukkig maak en liefde gee in plaas van mekaar kwaad aan te doen en die haat in u te versterk.
En al wil u nie glo wat u te wagte staan nie, tog moet u probeer om uself te verander. Want ook in `n aardse opsig sou `n lewenswandel in liefde al `n gunstige uitwerking hê en u lewe op aarde sou baie makliker wees, omdat u dan oor `n krag sou beskik wat by die liefdelose denkende en handelende mens ontbreek. U moet steeds weer dit wat u te wagte staan, as `n ontsettende belewenis aan uself voorstel, waarvan u self ten offer gaan val. En altyd moet u weer tot liefdeswerke aangespoor word, as u dié verskriklike wil ontgaan. En as dit vir u moeilik is om te glo, dan sou u tog nog `n lewe in liefde kan lei en u sou daarom spoedig sekerheid verkry oor wat u nie wil glo nie, omdat u gees daarom deur die liefde verlig is. En u sou duidelik die onvermydelike gevolg van oortredinge teen die wetlike orde insien, omdat u dan die oorsaak en uitwerking sou kan nagaan by alle gebeure en alle belewenisse.
Maar wie onverskillig bly vir die vermanings en waarskuwings, die sal dit ondervind wat hy kon afwend en hy sal self die slagoffer van sy eie liefdelose lewenswandel wees. Want alle krag sal hom ontneem word en as kragtelose substansie sal sy siel weer verhard. Die hardste materie sal sy wese weer insluit, en om hiervan vry te kom, is weer `n eindelose lang tyd nodig om ten slotte weer op die selfde vlak aan te kom waarop u uself nou bevind.
`n Eindelose kringloop sal hom herhaal, tot u uself daaruit bevry deur `n bewustelike strewe na My en u u bewustelik by My sal aansluit. Dan eers is die gang deur die materie vervul en die weg in die geestelike ryk vir u gewaarborg.
En dit sou u nou al kon bereik, as u maar net wil doen wat My wil is, naamlik dat u uself deur liefdeswerke sal vrymaak van alle kettings, dat u sal glo, en die verbinding met My sal soek en herstel juis deur werke van liefde. U kan dit doen solank u uself nog op die aarde bevind en die lewenskrag nog vir u tot beskikking staan, maar u het maar nog baie min tyd daarvoor. Benut die tyd goed en glo in My Woorde. Glo dat `n ontsettende lot op u wag en vermy dié lot bewustelik deurdat u uself sal inspan om korrek en regverdig te lewe, en onselfsugtige naasteliefde te beoefen. Dit is `n dringende waarskuwing wat Ek uit `n met liefde vervulde Hart laat hoor. Bekeer u voordat dit te laat is. Dink aan My en dink aan u naaste in liefde, sodat u vry raak en die komende nie hoef te vrees nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205