Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE LAE GEESTELIKE PEIL VAN DIE MENSE VEREIS `N EINDE VAN DIE AARDE
B.D. 8427 - 3 Maart 1963
Wie eenmaal deurdronge is in geestelike kennis kan hom ook `n oordeel veroorloof oor die geestestoestand van die mensdom; en hy sal insien dat daar ook geen geestelike vooruitgang op hierdie aarde meer moontlik is nie. Hy sal kan nagaan dat die gebod van die liefde tot God en die naaste maar nog net selde in ag geneem word, en dat die minagting van hierdie gebod `n steeds groter duisternis tot gevolg het. En hy weet ook dat die vrye wil van die mense self deurslaggewend is en dat ook hierdie wil misbruik word, omdat hulle hulleself in toenemende mate na die teenstander van God keer en dat die mense daarom ook in sy mag is.
Redding sou wel moontlik gewees het as die mense maar bereid was om God se woord aan te neem wat Hyself na die aarde stuur, en wat ook waarlik die krag het om `n verandering van die menslike denke teweeg te bring. Maar juis hierdie bereidwilligheid ontbreek, en so gaan die mensdom onherroeplik die einde tegemoet, omdat daar aan die toestand van ontgeesteliking `n einde gemaak word. Omdat `n nuwe verlossingsperiode begin, kan dit die eindelose val in die diepte teenhou en waarin die wese wat as mens gefaal het, weer daar ingepas word in die terugvoeringsproses na die Goddelike wil.
Wie dus deurdronge is in geestelike kennis begryp ook alles wat daar sal gebeur. Hy weet dat `n verlossingsperiode ten einde loop en dat daar `n nuwe begin is, want hy ken die toestand van die ontgeesteliking van die mense. Maar hy weet ook dat die liefde van God steeds weer nuwe moontlikhede skep vir die wesens, wat eertyds uit Hom voortgekom het, om hulle na hulle doel te voer. En alleen deur die mense wat al deur geestelike kennis deurdronge is, kan ietwat hulp verleen word, omdat hulle ook hulle medemense in kennis stel van wat hulle weet. Maar ook daarom moet die vrye wil weer bereid wees om `n dergelike kennis aan te neem.
Die wil van die mense is egter in `n hoë mate verswak. Die mens sou hulle weliswaar altyd in `n toestand van krag kan verplaas en sou ook tot `n versterkte wil kan kom, maar daartoe is nodig dat hyself in liefde leef en die weg opgaan na Jesus Christus wat deur Sy kruisdood onmeetlike barmhartigheid verwerf het (vir die mense), dus ook versterking van die wil. Werke van liefde sal die mens altyd krag oplewer en `n roepe tot Jesus sal versterking van die wil gee, want dan is die wil ook nie meer heeltemal van God afgewend nie. Wie in liefde besig is, herstel ook die verbinding met God as die Ewige Liefde. Wie Jesus Christus aanroep, erken Hom as die Verlosser van die wêreld en daarmee ook God self wat in Jesus Christus mens geword het.
U sou dus almal aan u toestand van swakte kan ontkom. U is nie aan uself oorgelaat in u kragteloosheid nie, maar te alle tye staan krag vir u ter beskikking, as u dit maar begeer. U sal hieroor steeds opheldering ontvang deur hulle wat al hierdie kennis besit, maar solank u u hart en oor sluit, gaan die woorde sonder uitwerking by u verby. U bly in u swakte en duisternis van gees en u vervul nie u aardse lewensdoel nie. Dwang word egter nie van die kant van God uitgeoefen nie, dit is volledig aan u vrye wil oorgelaat hoe u reageer op die onderwysing van u medemens. Maar dit word na u toe gebring, sodat u ook self `n beslissing kan neem.
Maar wanneer u eie wil hom daarteen verset en u uit die toestand van geestelike duisternis geen uitweg meer weet nie, dan is u in `n net van leuens en dwaling verstrik wat u self meer kan verskeur omdat dit u geketting hou en deur God se teenstander self oor u heen gewerp word. En daar bly daarom alleen nog die enigste moontlikheid oor, naamlik om die mag van die teenstander te breek, dit wil sê om hom die moontlikheid te ontneem om die mense op aarde te bewerk. Dit beteken egter die ontbinding van die aarde met al haar skeppings, soos ook van alle lewende wesens tot die mens toe. Dit beteken dus vir u mense `n einde met die daaropvolgende kluistering in die harde materie en `n omvorming van al die materiële skeppings, met die doel om die nog gebonde geestelike op te neem wat hulle ewe-eens op hierdie aarde opwaarts moet ontwikkel.
`n Geestelike ommekeer op hierdie aarde het onmoontlik geword, omdat die mense nie die wil daartoe wil voortbring nie. Maar wat daarna kom, sal hulle wel as `n geestelike ommekeer herken, want daar sal na die ondergang van die ou aarde `n nuwe aarde ontstaan met onvergelyklike pragtige skeppings. Met geestelike ryp mense wat hulle geloofs- en wilsproef deurstaan het op hierdie aarde, wat as stamouers van die nuwe mensegeslag (menseras) op die nuwe aarde geplaas sal word. Want hulle gees sal verlig wees en hulle sal lewe vanuit die kennis oor God se liefde en Sy bestuur en werk in die heelal. En hulle sal ook weet dat alle skeppings slegs dien om die eens gevalle geestelike tot voltooiing te bring. Hulle sal weet dat aan die Goddelike orde vasgehou moet word, en dat alles wat buite die ordening tree, weer eindelose lang tye nodig sal hê om eenmaal weer tot die doel te kom, naamlik om hulle in die wet van die ewige ordening in te voeg en `n lewe te lei in onselfsugtige liefde.
Maar aan die einde van hierdie aardse periode het die liefde onder die mense volledig afgekoel, en is daar dus ook die diepste geestelike duisternis op die aarde. Slegs die liefde is die “lig” wat hierdie duisternis deurdring, slegs wie in die liefde leef sal ook in `n geestelik kennis deurdring. Hy sal daardie lig daarom in homself ontsteek en daarom is alle verskrikkings van die duisternis vir hom verby. Die helder lig van die waarheid sal die nuwe aarde verlig en alle mense sal in dié lig wandel, want hulle sal dan in die liefde lewe en wandel met God wie Self die liefde en die lig is van ewigheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205