Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

SATANIESE AKTIWITEIT GEDURENDE DIE EINDTYD
B D 6801 - 8 April 1957
Alle demone word losgelaat in die laaste tyd voor die einde. Die hel sal die laagste geeste uitspu en die vors van die duisternis gee hulle sy gedagtes in, sodat hulle vernietigend sal werk op die aarde onder die mense. En u mense sal u midde in sy grondgebied bevind en u sal mettertyd in gevaar wees om deur die helse magte verslind te word. Maar hulle kan u nie dwing nie. Altyd nog is dit u self wat hulle hulle besigheid toelaat, maar u sou u ook kan verweer teen hulle aanvalle en is waarlik nie onbeskermd aan hulle oorgelewer nie, omdat die goeie geestelike wêreld u netso ter syde staan en hulle wag slegs op u geroep om hulp om u te kan bystaan.
Die hel is losgelaat want God se teenstander weet dat hy nie baie tyd meer het nie, en hy benut hierdie laaste tyd werklik op elke manier. Baie helse kragte neem besit van die mense as hulle hulleself nie verweer nie, as hulle hulleself selfs verheug oor die optrede van die duister wêreld. Die demone soek om hulle gelykes te beheers, hulle neem hulle liggame in besit en realiseer werklik sataniese dinge. En dit is ook `n sekere teken van die einde want hulle het dikwels `n maklike spel. Die mense gaan al te gewillig op hulle voorstel in en hulle voer ook gewetenloos uit wat die demone van hulle verlang. Die vors van die duisternis het werklik groot mag oor die mense verkry en daarom word sy aktiwiteite steeds openliker, omdat hy glo dat hy die uiteindelike oorwinning in die stryd teen God sal behaal.
Daarom sal hy ook alles doen om die mense teen God op te steek, en hy sal nie afgeskrik word om ook hulle te bedreig wat vir God wil werk nie. Hy sal hulle groot probleme berokken deur sy handlangers, omdat hulle die geloof in God sal verloor, en hy sal probeer om alle van God uitgaande lig te doof, omdat sy verwaandheid geen grense ken nie. En so matig hy hom sodanig baie teenoor God aan, dat die Heer `n spoedige einde aan sy aktiwiteite sal maak.
Maar die mense word in hierdie stryd betrek en hulle moet hulle daarin weerbaar maak, want hulle is nie sonder kennis van God se liefde en mag nie en hulle kan Hom in elke nood om hulp en beskerming aanroep wat aan hulle daarom ook sekerlik verleen sal word. Dus hoef geen mens die komende nood en verdrukking van die kant van die duistere wêreld te vrees nie, omdat die weg tot God vir elkeen oopstaan, en geen mens gehinder sal kan word om daarop te gaan nie.
En die demoniese aanslag is ook maklik vir elkeen om te sien en moet oorweeg word, en waar `n goeie wil is val sulke magte die geestelike aan, omdat die goeie aan God se sy staan en daarom sal die ligwêreld `n muur om hulle vorm. U mense moet wel versigtig wees en altyd waaksaam, maar u hoef nie angstig te wees nie; want u goeie wil sal alle gevaar verdryf of poog om dit af te weer. Daarom hang dit alleen van u self af waarheen hulle hierdie wil rig. Elke blik wat u in die ryk van die teenstander werp bemerk sy ondergeskiktes, en hulle lok u steeds meer op hulle terrein nader. Daarom is groot oplettendheid noodsaaklik, maar diegene is ook verseker van krag om dit ernstig te weerstaan wat hulle wil.
U kan wel in versoeking gebring word, maar nie gedwing word nie. Tog sal dit `n stryd wees en `n stryd bly vir u wat aan God getrou wil bly, en hy sal tot die einde deur bly probeer. Maar u kan hom weerstaan en as oorwinnaar te voorskyn kom, want u het eweveel beskerming en hulp van God se kant te verwag as wat Sy teenstander invloed op u sal kry. Maar u beslis self aan wie u die grootste reg toeken.
Die aktiwiteite van die hel en haar magte sal oral te herken wees, en meer daarom ooit laat die mense hulle daardeur beheers en gee hulle daaraan oor. Daarom het die tyd nou gekom waarin God self aan die aktiwiteite van Sy teenstander `n einde gaan maak en hom en sy aanhang ketting, sodat daar weer vrede sal wees onder die mense wat van goeie wil is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205