Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE HERNIEUDE KLUISTERING IS ONAFWENDBAAR VIR DIE AANHANGERS VAN GOD SE TEENSTANDER
B D 8450 - 5 Maart 1963
Vol erbarming rus My Oog op die ontaarde mensdom, wat hulle in die mag van My teenstander bevind, en selfs nie bereid is om hulle aan hom te ontworstel nie.
Hulle het hulle vrywillig aan hom oorgegee, en daardeur ontneem hulle My die reg om self kragtig in te gryp. Ek gaan nie teen die wil van My teenstander in nie, omdat u uself aan hom gegee het, maar hy trek u steeds dieper na benede en veroorsaak u verderf. U val in die diepte terug van waaruit u eens u ontwikkelingsweg oor die aarde begin het, en vanwaar u deur alle skeppings heen moes gaan om eindelik u bestaan as mens te bereik. En nou sal u dieselfde lot ten deel val, omdat u dit self wil, en niks doen om as mens van sy mag te ontvlug nie.
En of u ook hierdie kennis ter oorweging gegee word, u wil nie daarin glo nie, en daar is byna geen middel meer om u denke te verander nie, slegs groot rampspoed wat oor die aarde sal kom, bring dit nog teweeg voordat die einde kom. Solank u nog kan dink, is daar altyd nog die moontlikheid dat u `n keer oor uself sal nadink, dat u u met u liggaamlike dood besig sal hou en uself afvra wat hierna sal wees. Maar sulke gedagtes hou u meestal ver van u. U glo heeltemal niks nie en meen dat alles met die dood van die liggaam verby is.
Maar u vergis u geweldig en u moet swaar vir hierdie dwaling boet. U neem egter ook geen waarheidsgetroue uitleg aan nie, en deur dwang mag u nie beïnvloed word nie. En kom `n groot nood oor u, dan kom u ook maar net in opstand teen die "MAG" wat dit oor u laat kom. Want sodra u in groot verdrukking kom, wil u graag iemand daarvoor verantwoordelik hou, selfs as u `n God en Skepper loën. Maar teen die slae van die noodlot sal u niks kan uitrig nie, en daarom sal u ook `n "MAG" moet erken wat sterker is as u.
Daarom is sulke slae van die noodlot en `n ongewone groot ellende nog die enigste middele wat u denke kan verander. Ek moet dit aanwend met die oog op die einde, en in verband met die lot wat Ek nog van u sou wou afwend.
Betreur nie die mense wat plotseling uit die lewe weggeroep word nie; want hulle kan nog in die hiernamaals tot voltooiing kom, as hulle nog nie geheel en al aan My teenstander ten prooi geval het nie en dan ook nog in die diepte wegsink om opnuut in die materie gekluister te word. Maar wee hulle wat die einde belewe sonder om hulle lewenswandel, hulle denke en hulle ongelowigheid te verander. Vir hulle is daar geen redding meer nie. En ook die grootste erbarming van My kant af, My oneindige liefde vir al My skepsele, kan daardie lot van `n hernieude kluistering nie van hulle afwend nie. Dit is die enigste moontlikheid dat die siel ooit tot voleinding kan kom, dat hy na `n oneindige lang tyd weer as mens die weg oor die aarde sal gaan en bewustelik die weg na My toe sal gaan om vry te word van elke uiterlike vorm.
Hierdie hernieude kluistering is dus `n daad van My liefde omdat Ek sulke siele aan die mag van My teenstander onttrek, en weer aan My wil onderwerp. Want die siel kan hom as mens alleen dan van hom bevry as hy bewustelik vir Jesus Christus aanroep om verlossing. Maar omdat die mense op aarde nou nie meer in Hom glo en Hom om hulp bid nie, kan hulle ook nie bevry word uit die mag van die teenstander wat hulle onherroeplik na benede trek in sy ryk in nie. Maar u mense het `n vrye wil en u kan om hierdie rede uself wel tot die Goddelike Verlosser wend en u sal gered wees vir `n tyd en ewigheid, of na hom.
U doen dit egter nie en u moet die gevolge van u weerspannige wil daarom ook op u neem. Maar altyd weer sal Ek u die kennis daaroor laat toekom en Ek sal elkeen persoonlik deur die "stem van die gewete" aanspreek. Ek sal hom die verganklikheid van alle wêreldse vreugde en goedere laat insien en hom self deur nood en leed laat gaan, ten slotte sal Ek nog deur die elemente van die natuur tot hom spreek. Maar sy wil dwing Ek nie, en daarom het hy self ook skuld aan die lot wat hy tegemoet gaan.
Ek sou hom onbegrensde saligheid wil skenk, maar hyself kies die toestand van onsaligheid, die toestand van die grootste kwellings en om geketting te wees. Daarom sal hy verkry wat hy begeer, want sy afhanklikheid van die materie veroorsaak vir hom weer die hernieude kluistering in die hardste materie. Want al staan daar vir My ook alle mag tot beskikking; Ek sal nie dwangmatig op die wil van `n ‘ek bewuste wese’ inwerk nie, omdat Ek anders teen My wet van ordening sou ingaan wat nooit as te nimmer kan wees nie.
Maar tot aan die einde sal Ek tot die mense spreek, en wie op My Woorde sal ag gee, sal gered word van die lot van die hernieude kluistering. Hy sal My ewig dankbaar wees dat My liefde hom agtervolg het totdat hy hom verander het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205