Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE LAASTE OORDEEL IS OOK `N LIEFDEDAAD VAN GOD
B D 5983 - 23 Junie 1954
Die laaste oordeel moet ewe-eens as `n liefdedaad van God beskou word, want ook daaraan lê die verdere ontwikkeling van die geestelike ten grondslag wat gefaal het in hulle laaste lewensproef op aarde, en wat in `n nuwe voltooiingsproses ingepas moet word om eenmaal die laaste doel te bereik.
Die laaste oordeel is sodoende `n definitiewe tot orde bring van wat in wanorde geraak het, dit is `n regstelling en invoeging in uiteenlopende vorms wat saamhang met die graad van rypheid van die geestelike. Dit is die beëindiging van `n ontwikkelingsperiode en die begin van `n nuwe na My plan van die ewigheid, waaraan die diepste wysheid en liefde ten grondslag lê.
Want ook `n "veroordelende" God bly `n God van liefde, omdat My regverdigheid slegs so kan werk as My liefde dit as nuttig insien vir die geestelike en tog in ooreenstemming gebring het met die verkeerde denke en handeling van die mense wat die oordeel ten prooi val. Ook die grootste skuld moet op die een of ander manier versoen word, as hulle nie in die hande van Hom gegee sou word wat Homself as Soenoffer opgeoffer het nie.
Daar moet `n vereffening tot stand kom om hierdie groot skuld te verminder. En dié oordeel sorg nou juis vir hierdie vereffening, vir die plaas van die skuldige in die toestand waarin hy weer die skuld moet aflos omdat hy vrywilliglik nie die geskenk van `n versoening aanneem nie.
Die laaste oordeel is dus geensins `n optrede van Goddelike toorn nie. Dit is slegs `n daad van liefde waarin ook My regverdigheid tot uitdrukking kom, omdat dit nie uitgeskakel kan word by `n Wese wat heeltemal volmaak is nie. Ek sou weliswaar elkeen van hulle My regverdigheid kan laat voel en sou as te ware elke sondaar onmiddellik kan straf, maar dit kom nie ooreen met My Wysheid nie en ook My Liefde sou waarskynlik nie besef kan word nie, want Ek is uitermate lankmoedig en geduldig. Ek skuif `n oordeel soos dit aan die einde van `n ontwikkelingsperiode gaan kom, solank as moontlik verder, om eers nog mense vir My te wen. Ek hou My beskuttende hand ook oor die onregverdiges en bose, omdat Ek hulle met My liefde wil oorwin en nie as bestraffende God deur hulle gevrees wil word nie.
As die tydstip egter gekom het waarop Ek die ordening sal herstel, omdat `n vrywillige terugkeer na My toe heeltemal sonder uitsig is, dan moet My liefde skynbaar ook terugtree. En nogtans is alleen dit die drywende krag. My liefde maak `n einde aan `n sataniese toestand en verhinder My teenstander van verdere verwoestende aktiwiteite.
Ek red die siele van die val na die diepste diepte. Ek kluister hulle opnuut in die harde materie en voeg hulle op dié manier weer daarin, in die ontwikkelingsproses, `n vonnis wat weer slegs die verlossing tot doel het en nie die ewige dood nie. En dit bewys te meer My liefde vir alles wat Ek geskape het, vir alles wat "dood" is en tot die Ewige Lewe moet kom.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205