Sewe Dae van Stilte
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6.

 

Maak reg, maak reg, keer terug jongmense, soek My aangesig

2 September 2010

Kinders is geen katalisator vir julle booshede nie – maar hulle is wel die katalisator vir my vurige woede op elkeen wat hulle skuldig maak aan die verwoesting van die brose siel van My kindertjies.

Groot woede wel in My op as ek sien hoeveel van My kleintjies se lewens verwoes word deur selfsugtige, kortsigtige en wellustige selfbevredigende redenasies deur diegene wat hulself heel dikwels gelowiges noem.

Ek wandel deur My Akker, My Adamah, wat Ek met sorg en liefde voorberei het in die aandlug en al wat EK IS sien, is gebroke kindertjies wat geen benul van MY groot liefde het nie. Soos ‘n hert smag na waterstrome, smag hulle na die Liefde, maar besef dit nie, want hulle het geen begrip van wat dit mag beteken nie. Hulle wend hulle dan na My teenstander. Hy trek hulle sonder moeite die donker duisternis in, want julle het hulle nie van My innige en ewige liefde geleer nie.

Julle vra verwonderd waarom? Ek oorlaai My gewillige dienaar en bereidwillige luisteraar met ‘n las van pyn en smart nie veel verskillend van My fisiese dood nie. Ek maak aan haar openbaar die smart en pyn van elke grootmens, oumens en kindjie. Ek het op haar vir een nag al die pyn en verwoesting laat ervaar.

Ek openbaar aan haar al hierdie dinge sodat iemand die pyn kan verstaan. Engele gaan heen en ween en skeur hul ‘klere’ en smeer hul hoofde met as. My woede is ‘n verterende vuur. Wee hulle wat my kindertjies tenakom. Nie net hulle wat vandag klein is nie – maar ook oor die klein kind wat in elke grootmens skuil en wat steeds bang en verwese wegkruip as gevolg van mishandeling en misbruik en verkragting van hulle brose siel, al het dit jare gelede gebeur.

Julle sê, ons verstaan nie? Die slim geleerdes is verwonderd oor die ondergang en val van My volk – en ja, daar is vele redes wat nie nou ter sprake is nie.

Die rede van My heilige orde is ten eerstens beskerming van My bruid, My Volk, My kindertjies aan wie die Koninkryk behoort. In aardse terme, aan jou Adam en Vrou van Adam – jou bruid, jou huwelik en My kindertjies.

Die orde was versteur toe julle te materialisties geword het. Die lewe draai daaroor dat julle slegs julle eie vieslike wellustigheid en begeertes bo My orde gestel het. In julle gejaag na meer en meer geld en goed, het julle My kindertjies aan hulle eie genade oorgelaat en dikwels met ‘n hand vol geld die strate ingestuur waarvan julle nou self die vrugte pluk. Die vroue wat Ek met soveel liefde inmekaar geweef het, het hul liggame verydel en hulself soos hoere aan hul vleeslike begeertes oorgegee. Julle gebruik en misbruik My kindertjies. Julle dra allerlei vieslikhede aan hulle oor. Hulle word mishandel, verwoes en vernietig. Julle gebruik hulle selfs as seksuele slawe. Jou eie bloed – My bloed, stuit julle in julle begeertes nie!

Jong meisies wat gister se klein mishandelde dogtertjies is, word groot en dink dat dit reg is. Ouers keur die kinders se losbandigheid goed!!! Hulle dra in hulle die sieledeeltjies van soms honderde wellustige mans. Hul eie pa’s, broers, familielede verkrag hulle en dan loop hulle gebroke, stukkend en probeer om op verwronge maniere dit wat hulle dink hulle verstaan, toe te pas in die lewe.

Klein seuntjies wat My Volk moet rig en lei eendag, leer by julle, die grootmense dat ontug, aggressie, liefdeloosheid en wêreldse vieslikhede normaal en natuurlik is.

Hulle leer by JULLE. Hulle dink dit is reg en aanvaar dat dit is hoe die wêreld werk. Hulle verag My Liefde en My Orde, omdat hulle nie van beter weet nie. Ek besoek jou en verneem vandag by jou, het jy my lammertjies in liefde laat wei? My woede is ‘n verterende vuur.

Hulle ken en verstaan nie wat sedelikheid en kuisheid beteken nie. Hulle dink reinheid is ‘n grap. Moet ek hulle dan veroordeel? – wee hulle wat My kindertjies laat struikel.

Ouers gebruik kindertjies as katalisator om sogenaamde huwelike te red! Hulle gebruik My kindertjies om die ander party mee te straf.

Julle gebruik MY, DIE ALMAGTIGE, se kindertjies om julle eie walg­like begeertes mee te bevredig en sodoende stuur julle MY VOLK die afgrond in. Bekeer julle van julle vieslikhede. My woede is ‘n verterende vuur.

Jong meisies word swanger op vroeë ouderdomme wanneer die vuur en hartstog nog sluimerend moes wees, maar julle het hulle in die huis waar hulle veilig moes wees vir julle eie gewin misbruik. Wonder julle nog waarom julle dan vervalle en verwaarloos lewe – in ‘n sielenag van hel wat nou erger is as ooit? Julle beskuldig in alles My teenstander, en ook is julle nie heeltemal verkeerd nie – maar dit was julle vrye keuse om doelbewus teen My wil en orde te gaan.

Julle gaan vuil om met ‘n Heilige daad wat Ek geskep het, sodat julle kan groei in mekaar en in My, waarmee julle die Adamah moes vul, sodat My Heerlikheid en Almag deur My Volk besing kon word.

Het julle al die geneigdheid waargeneem van jong kinders wat swanger word om ‘n man te vang? Hulle dink dat dit ‘n handige aksie is om mee te manipuleer en hulle dink dit is liefde. In hulle desperate soeke na liefde word hul so verlaag en verneder dat daar min of geen van My in hulle meer sigbaar is nie. Hulle weet nie eens meer dat dit EK is wat liefde is nie.

Hulle haat en verag My, soos wat ek op Golgota gehaat en verag was. My Adamah is dor – gebroke sonder die enigste gom wat bestaan; - die gom van My liefde.

As elkeen maar net by hulle ouers van My liefde kon leer ken en verstaan! Dit is tog hoe Ek dit bedoel het om te wees. Maak reg, maak reg. Keer terug, jongmense. Soek My aangesig terwyl julle nog jonk is. Wee jou wat My kindertjies laat struikel. My woede is gloeiende kole.

Julle sal vir eons die vuur van My woede op die pyn van My kindertjies ervaar wat julle laat struikel het. Elke sekonde is ‘n tyd plus ‘n ewigheid.

My Engele ween en sê maak reg, want die Koning van alle Konings kom. Hy kom met gloeiende oë en tweesnydende swaard. Laat almal wat ‘n oor het om te hoor, hoor.

Julle pyn het nog maar begin. Laat My kindertjies na My toe kom, moet hulle NIE verhoed nie.

Jong meisies, My pragtige bruidjies, kom dat Ek julle kan skoon was. Kom dat Ek julle kan heelmaak en troos. My liefde is so sag en so mooi, maar My Toorn op julle, die doeners van die kwaad, is ‘n geweldige vuur.

Dit wat in julle is, is nie van My nie. Dit is nie My Wil dat dit so met julle gaan nie. Ek sien julle gebrokenheid van hart en gees. Ek sien en ken julle smart en pyn.

Hoor My roep! Julle het My kosbare pêrels voor die varke gegooi, maar Ek kan julle skoon was.

My volk het hulleself voor die varke gegooi, julle het versleg in vieslikhede waarvan My teenstander die outeur is. Julle is besmet en vuil.

Kom maak reg. Kyk, die tyd is min. Ek wandel in die skemer en Ek roep julle. Kom, jy wat smag na die strome van lewe. Kom, wend jou na My, die Groot Geneesheer, want die tyd gaan haas verby.

So spreek Ek in liefde en smeking tot my Volk, My Bruid.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205