EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 102 aan Lukaas van Hout op 4 Desember 2013

Ja, vertel hulle van die visioen van die lig, 'n groot lig, 'n skitterende lig, 'n baken wat gesien sal word, beide van die hart en gees sal hierdie lig gesien word. Hierdie lig, hierdie lig van My Heilige Gees, hierdie baken van My Heilige Gees, sal en het begin om bo My Dogter van Sion te skyn; dit kan gesien word, maar nie gesien word nie. Dit skyn, maar nog nie om te wink nie. Tog moet hierdie Dogter voorberei word vir hierdie tye, die tye wat gaan kom en die terugkeer van haar susters na haar toe, gedurende die tye wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, wat die tye voorberei het vir haar susters om te kom en vir sommige van haar susters om na haar toe terug te keer en saam met haar te woon, by hierdie Dogter van Sion, Berg Sion van My, My woning van liefde wat tans nog onbekend is vir baie, so groot soos wat dit is, hierdie Filadelfia van My ark, hierheen sal jou susters terugkeer. Sommige van hierdie susters is geklee in die mode van die wêreld, in die ydelheid en skoonheid van hierdie wêreld is sommige van hierdie susters geklee, maar nog weet hulle nie dat hulle harte leeg is nie en nog weet hulle nie dat hulle ongetroud is nie en dat hulle ver weg gewandel het van die waarheid van My lig, My winkende lig van My Heilige Gees wat hierdie susters van ver af sal sien en van ver af sal hulle begin om te kom om te soek na wat Ek, EK IS wat EK IS in hul harte geplaas het, dat My Ark van My Dogter van Sion dit bevat waarna hulle soek. Hierdie susters sal kom, beide van binne Suid-Afrika en van ander nasies af sal hulle kom, aangetrek en geklee in al hulle opsmuk en skoonheid van die wêreld, sal hulle kom om te soek na My wysheid, waarheid, kennis en bo alles, My liefde van hulle suster, Dogter van Sion. Dogter van Sion, Ek spreek nou direk met jou, op hierdie oomblik, deur hierdie dienskneg wat skryf soos wat My Heilige Gees hom lei om te skryf, spreek Ek, EK IS wat EK IS nou direk met jou. Weet en verstaan dat jou susters, hierdie ander Dogters van Sion, wat jou binnekort gaan besoek, ja, hierdie susters, aangetrek en geklee in al hulle opsmuk en skoonheid van die wêreld, dat hierdie opsmuk en skoonheid daardie leerstellings, oortuigings en tradisies is wat aan hulle gegee is deur die magte van die duisternis. In hulle ydelheid en met groot trots, pronk hulle deftig voor die wêreld en glo dat hulle deur My geklee is. Wanneer hierdie susters jou besoek, sien nie hul opsmuk of hul skoonheid nie, begeer net om hulle te verwelkom as jou susters en begeer net om die groot liefde met hulle te deel wat Ek, EK IS wat EK IS aan jou getoon het. Baie van hierdie susters sal glo, vele meer sal nie, sommige sal jou seën in die wêreld en sommige sal jou vervloek in die wêreld, maar weet Dogter van Sion, dit is vir My planne en My doeleindes soos wat Ek jou gesê het dat Ek jou 'n lig in die wêreld sal maak en sodat jy bekendgemaak kan word aan die wêreld. Weet jy nog nie of verstaan jy nie dat jy deur My gekies is nie, EK IS wat EK IS? Ja, jy is deur My gekies as die begin van die woning van My, EK IS wat EK IS, My woord, My wet en die kennis van My, My heerlikheid en My krag vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion en in die volheid van tyd, vir die wêreld! Het jy dit nog nooit bedink waarom jy na hierdie plek gelei is deur My, EK IS wat EK IS nie? Het jy dit nog nooit bedink dat jou huis naby die groot stad, die stad wat Ek uitverkies het, die stad wat was, is en 'n ster sal wees onder julle nasies, ja hierdie stad wat My stad was om tekens aan julle te toon en om julle te leer van My, EK IS wat EK IS deur hierdie stad nie? Het jy nog nooit die simboliek van die lewende waters bedink wat Ek, EK IS wat EK IS na jou huis gestuur het nie? Al hierdie dinge en nog meer wat geopenbaar gaan word, is tekens en bevestigings van My af van hierdie groot roeping en bevestiging van My planne en My doelwitte vir jou, Dogter van Sion. Ja, Ek weet dat jy gewond is. Ek weet dat jy seergekry het en Ek weet dat jy ly as gevolg van hulle onder jou, jou geliefde en genooide gaste, ja hulle wat jou so gewond het. Jy mag nie bevrees of verskrik wees nie, Dogter van Sion. Hierdie dinge moet so wees om jou sonder gebrek te maak voor My aangesig en vir My planne en My doeleindes vir die tye wat nog moet kom. In daardie dae en in daardie tyd sal jy geseënd wees en geseënd op wyses wat jy nie eens kan begin om hierdie seëninge te bedink nie, seëninge van goedheid en seëninge van groot geestelike waarhede, wysheid en kennis. So groot sal hierdie geestelike seëninge wees, dat baie van julle plat op die aarde sal neerval en huil van groot blydskap oor alles wat Ek sal deel en aan jou sal openbaar, so groot sal dit wees wat Ek, EK IS wat EK IS beplan en voorberei het vir jou. Het jy alreeds vergeet of het jy nie onthou dat Ek jou gewaarsku het en jou altyd sal waarsku om voor te berei om teen die aanvalle van die bose een op te staan nie? Het jy al vergeet dat Ek vir jou gesê dat niks met jou sal gebeur wat Ek nie toelaat nie! Dit is om jou voor te berei vir dit wat gaan kom sodat jy die magte van die duisternis in alle vorme kan sien en ken. In daardie dae en in daardie tyd sal jou geloof in My so groot wees, dat daar nie die geringste twyfel of 'n oomblik van huiwering tussen My en jou en die antwoorde wat Ek, EK IS wat EK IS, onmiddellik aan jou sal gee nie, so groot sal hierdie geestelike aanstaring wees tussen My en jou! Onthou jy nie en het jy al vergeet dat Ek gesê het dat hierdie tye van vermanings, teregwysing en berisping sou kom? Het jy ook nie onthou of het jy al vergeet dat Ek, EK IS wat EK IS ook aan jou woorde van bemoediging en troos sou stuur om voort te gaan en om jou te versterk nie? Kyk nou terug en kyk hoe ver jy reeds onder My Naam gekom het en hoe Ek, EK IS wat EK IS jou gebede beantwoord het! Vrees nie en wees nie verskrik nie, die laste van jou hart deur hierdie vermanings, berisping en teregwysing sal verminder en in die tye wat kom, sal jy hierdie vermanings, berisping en teregwysings met blydskap ontvang. Kyk jy nou en deel die visioen van jou susters met hierdie dienskneg, want Ek het My Heilige Gees onder jou gestuur om ook hierdie visioen van jou susters te sien, hierdie susters, geklee in al die opsmuk van die wêreld en ook die susters wat woon in die ellendige plekke en geklee is in bekleding van vodde en wat bedek is met die stof van hul pyn en angs. Sien hulle! Hierdie susters, hierdie ellendige susters sal na jou toe kom in groot nederigheid en opregtheid, want in hulle ellende was My Heilige Gees besig om hul harte ten volle vir jou oop te maak om die kennis, die groot geestelike waarhede en wysheid te ontvang wat Ek alreeds vir jou getoon het en Ek sal nog meer aan jou openbaar om met hierdie susters te deel en met hierdie suster alleen sal jy hierdie groot geestelike waarheid, kennis en wysheid deel. Hierdie susters, kyk jy nou met en deur die oë van My Heilige Gees, kyk nou met liefde en medelye en kyk hoe hulle vanuit die verte na jou toe kom, met groot hartseer en met groot angs dra hulle hul lyding, pyn en wee van die laste van die wêreld. Tog kom hierdie susters na jou toe met groot hoop in hul oë, want hulle kom reeds na jou en reik reeds uit na jou. Voed hulle, bemoedig hulle en bowe alles, wees lief vir hulle, want groot is hul pyn van die ellende wat die bose een hulle daagliks mee vervloek. Onthou dat hulle harte reeds voorberei is deur My Heilige Gees om My liefde te ontvang en hulle sal My liefde met groot blydskap en dankbaarheid ontvang. Onthou ook dat in die dae van hulle ellende, in die dae waarin hulle in vodde geklee was, het hulle groot kennis van die wêreld verwerf, kennis van die magte van die duisternis en 'n groot geloof. Hulle bring hierdie kennis saam met hulle en deur My Heilige Gees sal Ek, EK IS wat EK IS hierdie kennis vervolmaak. Hierdie kennis sal 'n groot seën vir jou word en hierdie susters sal 'n groot vreugde vir jou word in die volheid van tyd wanneer Ek, EK IS wat EK IS die ellende verwyder wat die bose een op hulle geplaas het, deurdat hy hulle in slawerny gehou het. Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS sal ook die vodde van leuens van hul gemartelde lewens verwyder waarmee die bose een hulle in slawerny beklee het en Ek sal hulle aantrek met die tooisels van My woord en die skoonheid van My woord. In die volheid van tyd sal hierdie susters jou, jou groot vreugde verskaf, Dogter van Sion. Julle sal soos liefdevolle susters wees en julle sal julle verlustig in My woord en My liefde soos wat julle een Dogter van Sion word, My Dogter van Sion, My begin van My lig deur jou na die wêreld soos dit geskrywe is, so sal dit wees, EK IS wat EK IS


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205