EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 106 aan Lukaas van Hout op 5 Desember 2013

Staan op van jou bed, jy mag nog nie slaap nie, want die tyd is kort en jy moet hierdie woorde skryf wat Ek jou gee om te skryf, skryf vir My, EK IS wat EK IS. Jy moet nou skryf, want Ek het My Heilige Gees vooruitgestuur om die harte van hulle voor te berei wat My nog steeds sal hoor deur hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS aan jou gee om te skryf deur My Heilige Gees wat hierdie woorde in jou hart plaas om te skryf vir My, EK IS wat EK IS. Skryf jy nou aan daardie huis, ja, daardie groot huis wat baie huise van hulle wat vir My, EK IS wat EK IS gesoek het, bedrieg het. Skryf aan hulle en spreek My woorde: Kom uit hierdie huis, al My mense, ja almal van julle wat My, EK IS wat EK IS nog grootliks begeer en soek! Kom uit hierdie groot huis uit met groot haas, kom uit hierdie huis wat julle en hierdie baie huise van My volk verlei het om een huis, een groot huis te word! Kan julle nog nie sien nie en weet julle nog nie dat hierdie groot huis, ja hierdie groot huis die huis is van godslastering en afvalligheid waarteen Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku het en Ek het met julle gespreek daarvan deur die onthullings wat Ek aan My kneg op Patmos gegee het om aan julle te skryf? Vir meer as tweeduisend jaar was hierdie waarskuwing met julle en nou het julle een geword met hierdie groot huis van afvalligheid! Ja, hierdie groot huis wat onder al die nasies van die aarde woon! Kom uit haar uit, My volk, kom uit haar uit, almal van julle wat nog na My waarhede van My geskrifte soek, al hierdie waarhede van daardie boeke wat julle die Ou en Nuwe Testament noem. Hierdie boeke is verkeerdelik genoem. Hierdie boeke is die verbond en die herbevestiging van die verbond. Soek My deur hierdie boeke, al hierdie boeke, soos wat julle hierdie boeke aangewys het as die Ou en Nuwe Testament. Onthou wat Ek, EK IS wat EK IS julle hierdie nag vertel het van hierdie boeke, hierdie boeke wat die verbond en die herbevestiging van My verbond is! Die groot bedrieër, ja, die Satan het julle valslik weggelei vanaf die eerste boek, die boek van die verbond tussen My en die mensdom en het julle valslik laat glo dat My eerste boek van die verbond met die mens, nie meer staan nie. Julle moet nou soek, terwyl daar nog tyd is, moet julle nou hierdie boek van die verbond soek en julle moet die waarheid met groot haas soek! In hierdie boek van die verbond sal julle My wette vind, almal van hulle en in hierdie boek sal julle vind dat hierdie wet My wet van liefde is om te beskerm, te onderrig en om die veiligheid van My volk te verseker binne My wet, My wet, My wet van liefde, My heilige wet, My koninklike, My verbond met die mensdom! Ja, hierdie verbond van My wet van liefde waarteen die Satan julle bedrieg het om te glo dat hierdie boek nie meer in hierdie tye spreek nie. Julle moet nou hierdie waarheid soek. Onthou dat Ek as JaHshua vir julle gesê het dat nie een jota en nie een titel van My wet verwyder sal word nie. Julle moet hierdie wysheid soek en julle moet hierdie waarheid soek, want Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS het julle oor en oor deur hierdie boeke vertel dat My wet, ja My wet van liefde vir ewig staan. As dit nie so was nie, dan hoef Ek nooit na julle wêreld toe gekom het om die loon te betaal van die sondes van die mensdom wat die wet, ja My wet vereis het vir die sonde nie. Die enigste gedeelte van My wet wat geëindig het, was die tempeldienste van offer, want dit het by die kruis geëindig toe Ek, EK IS wat EK IS die vereiste van die wet vervul het deur My dood as JaHshua. Op daardie dag en op daardie tyd het Ek die gordyn geskeur tussen die Allerheiligste en die heilige van die tempel in Jerusalem wat gedui het op die einde van die tempeldienste van offers. As My wet nie vandag staan soos destyds nie, dan het die dood wat Ek vir julle gesterf het, geen betekenis nie. Die loon van die sonde is die dood. Die loon van die sonde sal altyd die dood bly en die kennis van sonde kom deur My wet. As daar was geen wet is nie, dan kan daar geen meer sonde wees nie. Die Satan het julle bedrieg met groot geslepe bedrog en met groot geslepe leuens. Alhoewel dit hom en sy leërskare eeue geneem het om die mensdom te mislei deur sy subtiele geslepenheid, tog het hy julle mislei om hierdie groot afvalligheid oor My wet te glo, ja, dat My wet nie meer deur die mens gehoorsaam moet word nie. Het julle nie gelees en weet julle nie van die Groot Oorlog in My koninkryk nie? Ja, hierdie groot oorlog wat teen My wet was! Die Satan het julle bedrieg soos wat hy My leërskare bedrieg het om dieselfde dinge te glo van My wet, My wet van liefde, My koninklike en heilige wet; dat dit nie gehoorsaam hoef te word nie! Dit is dieselfde leuen waarmee hy julle bedrieg het! As Ek nie die engele gespaar het wat teen My wet gesondig het nie, dink julle dat Ek enige van julle sterflike kinders van die mens sal spaar? Kom uit haar uit, My volk! Kom uit hierdie groot afvalligheid uit, want die tyd is kort en Ek, EK IS wat EK IS sal binnekort wegdraai van hierdie groot huis van afvalligheid en van al hierdie huise wat een geword het met hierdie groot huis sal Ek, EK IS wat EK IS Myself wegdraai. In daardie dae en in daardie tyd sal Ek, EK IS wat EK IS My Heilige Gees verwyder van al die harte van diegene wat binne hierdie huise en hierdie groot huis van afvalligheid woon. In daardie dae en in daardie tyd sal My Heilige Gees onttrek word en My Heilige Gees sal nie langer spreek tot die harte van hulle wat binne hierdie huise en in hierdie groot huis woon nie. In daardie dae en in daardie tyd, wanneer My Heilige Gees onttrek word uit hierdie groot huis en die huise wat binne hierdie groot huis woon, ja, in daardie dae en in daardie tyd sal die hart van hierdie groot huis en hierdie huise vir ewig van My afgewend word! Hierdie groot huis en hierdie huise sal die woning van die vlees word en met allerhande verleiding van ongeregtigheid sal hierdie groot huis verskyn as 'n baken van groot lig en sal poog om die hele wêreld te mislei. Die harte van hierdie huise en die hart van hierdie groot huis sal verander word tot voortdurende boosheid teen My, EK IS wat EK IS, My Heilige Gees, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Kom uit haar uit, My volk, kom uit haar uit en soek My deur die Skrif van die verbond! In daardie dag en in daardie tyd wanneer julle uit hierdie groot afvallige huis en vervalle huise sal kom om My te soek, sal julle My vind deur die woorde wat reeds geskryf is deur My profete en in My wet, ja, My wet van liefde, My heilige wet, My koninklike wet, My verbond met die mensdom en julle sal My in alle waarheid en geregtigheid vind! Kom uit hierdie huis uit en kom uit hierdie huise uit want die tyd is kort, so baie kort, EK IS wat EK IS, soek My terwyl Ek nog gevind kan word!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205