EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 108 aan Lukaas van Hout op 6 Desember 2013

Ek het jou gebede gehoor en Ek hoor jou gebede te alle tye wanneer jy tot My bid, smekende tot My vir My wil vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion en in die ander sake hoor Ek, EK IS wat EK IS jou gebede. Nee, jy kan dit nie aan hulle in My volk, My kinders, en My huise van Israel sê nie, want hulle moet die antwoord vanuit hulself soek. Tog weet sommige reeds, maar hulle vrees hulle broers en susters en sal nie in My Naam spreek van wat hulle weet en van dit wat aan jou en aan hulle getoon is in hierdie saak nie. Sê vir hulle dat EK IS wat EK IS met julle is en EK IS wat EK IS sal voortgaan om met julle te wees en sal met julle wees in die tye wat kom, want daar is nog baie meer werk wat julle vir hulle moet doen, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogter van Sion. Julle mag hierdie woorde vir hulle sê, EK IS wat EK IS, JaHshua en soos wat EK IS wat EK IS, JaHshua vir hulle sê, is daar niemand so blind as hulle wat sien, maar weier om te sien nie! Daar is niemand so doof soos hulle wat hoor, maar weier om te hoor nie! Om hierdie rede en vir hierdie saak en as gevolg van hierdie ongeloof en troueloosheid onder My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, sal Ek, EK IS wat EK IS die woorde selfs vermeerder, wat Ek deur My Heilige Gees spreek tot die hart van hierdie dienskneg om vir My te skryf, JA VIR MY, EK IS WAT EK IS. Hierdie dienskneg sal vir My skryf, My woorde, My, JA EK! EK IS WAT EK IS! Enige tyd van die dag of nag sal hierdie dienskneg vir My skryf, want ten spyte van die baie vervloekinge en verdoemenis wat My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, wie My teenstaan, op hierdie dienskneg plaas, soek hierdie dienskneg My nog nederig en voortdurend om My sy verpligting teenoor My en teenoor alles wat Ek vir hierdie dienskneg gevra het om vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion te doen! Wat? Ek ken julle harte! Ek weet wat baie van julle dink van hierdie dienskneg. Het julle gedink dat diegene wie Ek stuur, swakkelinge sou wees? Hierdie swakkes onder julle is reeds geopenbaar gedurende hierdie afgelope jare en baie van hulle wie Ek nie gestuur het nie, maar wie uit hulself gekom het, selfs onder julle eie volk, het uitgeval as gevolg van hulle troueloosheid en ongeloof. Tog het hierdie kneg en diegene wie Ek, EK IS wat EK IS, gekies het, ja, hulle het hul fondament op My gebou, soos wat Ek hulle beveel het deur My woorde as JaHshua. Julle! Ja, julle wat poog om hulle wie Ek gekies het, af te skud en te beweeg vanaf hierdie fondament van My, sal nooit oorwin nie, omdat Ek gekies het en Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en alles wat is. Ek het hulle gekies en op My het hulle hul fondament gebou! Nooit sal julle hulle afskud van My nie. Wat? Het julle gedink dat Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, het julle gedink dat Ek hulle nie sou vind en dat Ek nie My diensknegte vir julle sou voorberei nie? Ek het hul hele leeftye spandeer om hulle voor te berei vir hierdie take en in die leeftye van hulle wie Ek gekies het, het Ek, ja EK! EK IS wat EK IS, het Ek toegelaat dat beproewinge en versoekings in die lewens gekom het van hulle wie Ek gekies het, van sodanige omvang en proporsie, dat die meeste lank gelede al die gees sou verlaat het of hierdie reis opgegee het oor hierdie lewens van smart wat hulle moes verduur. Julle moet nooit dink om hulle van My, EK IS wat EK IS los te skud nie, want EK IS, ja, Ek, EK IS wat EK IS, is hul soliede rots en EK IS wat EK IS is hul soliede fondament en soos wat Ek vir ewig leef en van voordat daar iets was, sal julle nooit die oorhand kry teen hulle wie Ek gekies het om te gee, ja vrylik aan julle te gee nie, en nie net van My af het Ek hulle vir julle gegee nie, maar hulle het hierdie take nederig aanvaar en vooraf geweet van die vervloekinge wat teen hulle opgestapel sou word, omdat hulle hierdie take vir My, EK IS wat EK IS sou doen. Gedurende hul baie jare van beproewing en gedurende hul baie jare van verdrukking en gedurende hul baie jare van alle soorte lyding, het Ek, EK IS wat EK IS hulle voorberei vir hierdie take in My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion! Gedurende hul baie jare van beproewing en gedurende hul baie jare van verdrukking en gedurende hul baie jare van alle soorte lyding, het Ek, EK IS wat EK IS hulle vir ewig aan My gebind in My woning van liefde en hulle gevul met My krag en My moed om vir ewig al die aanvalle van die bose een te weerstaan en ook al die aanvalle van die bose een deur hulle wat My teenstaan in My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Wat? Het julle gedink dat Ek die wat swak van hart is vir julle sou stuur? Wat? Het julle gedink dat Ek hulle aan julle sou stuur wat maklik van die pad af sou gaan met die geringste sweempie van teenspoed, of dat hulle sou uitval deur die gedagte om uitgeworpenes van julle in My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion te wees, julle wie My teenstaan en hulle wie Ek voorberei en gestuur het en sal stuur in die tye wat kom, verdoem en vervloek? HULLE WIE EK UITVERKIES HET, IS REEDS UITGEWORPENES EN HULLE WIE UITGEWERP IS, WAS HULLE HELE LEWE LANK UITGEWORPENES! Hulle is nie bang om uitgeworpenes te wees nie! Hulle vrees nie die mens nie! Hulle vrees nie die bose een of sy leërskare nie! Maar wat meer is, o mans en vroue, julle versuim om My wysheid te sien in hierdie sake, want hulle wie Ek vir julle uitverkies het, ja hulle, baie van hulle wie Ek uitverkies het, het leeftye van meer woede en toorn op hul reise van beproewinge en versoeking tot op hierdie oomblik verduur, as wat enigeen van julle ooit in staat kan wees om hulle mee te belas met julle vervloekinge, so groot was hulle beproewing en verdrukking gewees! Hul lewens was hul afwagting vir hierdie tye, en regdeur die afwagting van hul lewens het hulle My nog steeds liefgehad en soek hulle na My en is hulle lief vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, waar hulle ookal gevind kan word en waar hulle ookal woon, het hulle My lief en soek hulle My wil vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Hulle woon in My liefde, en hulle wandel in My, in My Naam en binne-in My en elke oomblik van hulle dae woon en wandel hulle wie Ek vir julle gekies het, binne-in My liefde, in My Naam en binne-in My, EK IS wat EK IS. Ja, jy wat hierdie woorde vir My skryf, ja, Ek het jou gebede gehoor en dit is die woorde wat Ek aan jou gegee het om deur My Heilige Gees te skryf, Wie My woorde op en in jou hart plaas om vir My te skryf, EK IS wat EK IS. Hierdie woorde wat jy geskryf het, sal die antwoord op jou gebed wees in hierdie saak. EK IS wat EK IS, hulle weet, maar sal nie sien nie! Hulle hoor, maar sal nie luister nie, hulle skreeu hulle profete van die dakke af, hulle betuig die woorde van hulle profete aan enigeen en almal wat dit wil ontvang, tog wil hulle nie al die woorde glo van die profete van lank gelede nie, wie Ek, EK IS wat EK IS aan hulle gestuur het. In die volheid van tyd sal baie van hulle die antwoord in alle opregtheid van hart soek. Dit moet so wees, sodat hulle in hul verbasing en in hul verbystering en in hul vrees vir My krag, hulle nederig en in alle opregtheid hul harte sal oopmaak en hul monde sal open om My Naam te verheerlik en My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion te verhoog waar hulle ookal gevind kan word en waar hulle ookal woon, wanneer die antwoord na hulle toe kom vir hierdie werke en vir die werke van ander wat Ek in My Naam na hulle gestuur het, EK IS wat EK IS. Hierdie woorde, ja HIERDIE EN BAIE ANDER WOORDE EN WOORDE WAT NOG MOET KOM was en sal gegee word aan hierdie dienskneg, deur My Heilige Gees wat op en in sy hart spreek om vir My te skryf, EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205