EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 117

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 117 aan Lukaas van Hout op 13 Desember 2013

Genesis 2: 1-4 (Boek van Herinnering)

2 SO is dan voltooi die Hemele en die Aarde met hulle ganse Leërmag

2 En Elohim het op die sewende dag Sy werk voltooi wat HY gemaak het, en op die sewende dag gesabbatteer van al SY werk wat HY gemaak het.

3 En Elohim het die sewende dag geseën en dit apart gestel; omdat Elohim daarop gesabbatteer het van al die werk wat HY geskep en gemaak het.

4 Dit is die stamboom van die Hemele en die Aarde toe hulle geskape is.

Goeie kinders van Gam, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS het hierdie geseënde dag gekies, ja hierdie geseënde dag, My heilige Sabbat om hierdie woorde te openbaar wat My Heilige Gees die hart van hierdie kneg beveel het om hierdie woorde aan julle te skryf, My woorde aan julle op hierdie dag, My heilige Sabbat. Ek het hierdie dag gekies om hierdie woorde aan julle te openbaar, as 'n teken van My liefde vir julle in hierdie tye, die tye wat moet kom en die tye daarna, het Ek hierdie dag van dae gekies om hierdie woorde en hierdie waarhede aan julle te openbaar. Weet en verstaan dat hierdie woorde en hierdie waarhede vir 'n tyd in die hart van hierdie dienskneg was en dit was My keuse dat hy hierdie woorde in sy hart hou, totdat die tyd sou aanbreek waar My Heilige Gees hierdie dienskneg sou beveel om hierdie woorde aan julle te skryf, goeie kinders van Gam. My Heilige Gees het hierdie woorde in sy hart bewaar tot vandag toe, op hierdie dag, My heilige Sabbat. Ek, ja Ek, Ek IS wat EK IS beveel en spreek My woorde deur My Heilige Gees in die hart van hierdie dienskneg, want hy vrees geen mens of enigeen van hierdie wêreld om My woorde te skryf op enige manier en aan enigiemand wie Ek kies nie, om My woorde en My waarhede te openbaar aan My mense wie en waar hulle ookal sal wees. Hierdie dienskneg vrees niemand om My woorde te skryf nie, wat My woorde ook al sal wees. Goeie kinders van Gam, ja MY, MYNE, MY GOEIE KINDERS VAN GAM, vrees nie en wees nie ontsteld nie, want Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die Ek IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is, was en sal wees, ja Ek, EK IS wat EK IS is met julle in hierdie tye, in die tye wat moet kom en die tye daarna! Vrees nie en wees ook nie ontsteld nie. Glo in My, EK IS wat EK IS en aan alles wat aan julle gespreek sal word deur hierdie dienskneg wie My Heilige Gees in sy hart bevel gee om hierdie woorde te skryf, ja, al die woorde wat aan sy hart beveel is deur My Heilige Gees om vir My, EK IS wat EK IS te skryf. Julle moet nou begin om My te soek, binne en buite julle harte en gedagtes! Ja, soek na My, EK IS wat EK IS! Soek My deur My liefde en in hierdie liefde sal julle My vind! Woon in My in My liefde! Bou julle geestelike woning in My woning van liefde en daar sal julle die vrylating van die vrees vind waarmee die bose een julle dag en nag teister in hierdie tye, die tye wat moet kom en die tye daarna, waarmee die bose een sal voortgaan om julle mee te teister. Soek My deur My woorde, geskrewe, lewend en gesproke! Soek My deur My geskrifte! Soek My in alle dinge! Hierdie tye is die begin van die tye wat moet kom waarvan reeds gespreek is deur My profete, Siener van Rensburg, Johanna Brandt en deur baie, baie ander is daar van hierdie tye en die tye wat moet kom gespreek. Julle moet nou begin om My te soek deur hul woorde, want deur hul woorde het Ek, EK IS wat EK IS, ja, in hierdie woorde is baie woorde wat julle tot beter begrip van My geskrifte sal lei, wat reeds gebind is in die boek van baie boeke wat die mensdom "Die Bybel" noem. Soek na My en My wil vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion. Soek My en My wil in hierdie boek van boeke. Soek My en My wil vir julle, goeie kinders van Gam. Soek My wil vir julle deur die baie, baie kommunikasie van hulle wat reeds hierdie kommunikasie begin het oor My wil vir julle. Ek het baie studies aan hierdie dienskneg gegee rakende hierdie aangeleenthede. Hierdie studies is getitel met dieselfde of soortgelyke titels naamlik "Die Tabel van Nasies". Ek het aan hierdie dienskneg opdrag gegee om hierdie studie bekend te maak aan almal wat daarna soek. Hierdie studies kan gevind word in die oorgroot web van kennis wat die mensdom raadpleeg deur daardie toestelle wat toegang gee tot hierdie groot bronne van kennis van die mensdom. Soek na hierdie studies deur die titels "Die Tabel van Nasies of in Engels, The Table of Nations" Wees versigtig, want julle word direk deur My gewaarsku, EK IS wat EK IS, wees gewaarsku, want daar is baie van hierdie studies wat boos is, en wat boosheid spreek en wat My wil vir die mensdom verdraai deur hierdie genelyne van julle en julle broers. Julle sal hierdie valse leerstellings en lering herken deur die aard van hul skryfwerk en die gees waarin dit geskryf is. Enigeen van hierdie leerstellings en lering waarin 'n gees van haat of boosheid teenwoordig is, is nie van My of deur My geïnspireer nie, want EK IS, ja Ek, EK IS wat EK IS is liefde! In hierdie leerstellings en lering sal julle My liefde onderskei en weet dat die lering en onderrig deur My, EK IS wat EK IS geïnspireer is. Soek My in hierdie aangeleenthede, weet en verstaan dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, EK IS is en sal altyd met julle wees in hierdie tye, die tye wat moet kom en in die tye daarna sal Ek met julle wees! Goeie kinders van Gam, het jy geen broers nie? Het jy nog nooit hierdie vraag oordink nie? Ek vra julle weer, goeie kinders van Gam, het julle geen broers nie? Weet julle dan nie of kan julle nie vir Sem en Jafet, JULLE BROERS, onthou nie? Ja hierdie Sem en Jafet IS JULLE BROERS! Hulle is ook julle broers waaruit die groot genelyne van die mensdom en die doelwitte van al die genelyne van die mensdom begin het. Ja, dit het met jou en jou broers, Sem en Jafet begin. Jou broers, Sem en Jafet het jou, Gam, doelbewus en eiegeregtig vergeet, as gevolg van hul eie ydelheid in hul harte en hul eie gierigheid en begeertes vir die rykdom van die wêreld het jou broers jou vergeet. Hulle het uit eie vrye wil verkies om te luister na die bose influisteringe van Satan en sy leërskare tot hul ore, geeste en harte, in hierdie bose en slegte begeertes en onwilligheid om hierdie seëninge met julle te deel. Hulle het verkies om jou te vergeet en het gepoog om jou gedagtenis as BROER te verwyder! Almal van julle, Sem, Gam en Jafet was geseën deur julle Vader, Noag. In hierdie seëninge was die doelwitte van al hierdie genelyne van die mensdom gegee. Hierdie doelwitte vir jou en jou broers was deur My Heilige Gees in die hart van Noag gespreek! Al hierdie doelwitte is aan almal van julle as seëninge gegee, sodat die hele mensdom sou kon deel in hierdie seëninge wat Ek aan julle gegee het deur die seëninge van julle vader, Noag! Nooit was hierdie seëninge ooit gegee om enigeen van julle te onderwerp of te verslaaf nie! My woorde van hierdie seëninge is bedrieglik deur die bose en slegte gekonkel van die Satan en sy leërskare aan die mensdom verwronge gemaak om jou en jou broers te verdeel, sodat julle mekaar kon haat en oorlog voer met mekaar soos wat jy en jou broers met mekaar gedoen het toe hierdie seëninge van My woorde verwronge geraak het. Ja, deur die bose en leuenagtige tonge van Satan en sy leërskare, regdeur die hele geskiedenis van die mensdom, en deur die mensdom het My seëninge aan jou en jou broers verwronge geword en is dit sleg gepraat, so groot is die bose een in sy bedrog aan jou en jou broers ! Nou haat julle mekaar en het vergeet dat julle broers is. Julle wil mekaar doodmaak en wil oorlog maak met mekaar! Ja, almal van julle is skuldig aan hierdie sonde om julle broers te vermoor, wie Ek so ryklik geseën het, sodat julle MEKAAR KON LIEFHÊ en met mekaar kon deel in al hierdie seëninge deur al julle geslagte! Ek het vir julle gesê, elkeen van die genelyne van die mensdom moes saamwerk in hierdie seëninge wat Ek aan jou en jou broers met hierdie eerste seëninge gegee het waarmee Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle, goeie kinders van Gam, mee geseën het en ook julle broers, Sem en Jafet. Moenie jy nou of ooit dink dat jou broers, Sem en Jafet, die kloue van die bose een en sy demoniese leër ontsnap het nie! Hulle het nie en soos wat daar bose en slegte kinders van Gam is, so is daar bose en slegte kinders van Sem en Jafet. Bose en slegte kinders wat My verraai het, hulle liefdevolle Vader, ja, hulle het My op elke moontlike manier verraai, deur die ydelheid van hulle harte en deur hulle begeertes en verlange na die wêreld. Ja, hulle het My met die werke van hul hande verraai waarmee My volk geseën moes word! Hulle het die groot geestelike waarhede verraai wat aan hulle gegee was om My, My liefde en al die geestelike kennis en wysheid te openbaar wat Ek liefdevol voorberei het vir die mensdom, en dit vervang met die groot afval van 'n hele wêreld, so het jou broers My verraai! So waar as Ek leef, die broers wie jy moes dien in die werke wat Ek aan jou gegee het, werke van seëninge wat jou broers sou geseën het, die werke van seëninge wat hulle sou gelei het na die werke wat Ek aan hulle gegee het om te doen, in hierdie werke moes hulle jou onthou het en met jou gedeel het in die menigte van belonings waarmee hulle geseën was. Sowaar as wat Ek leef, hulle sal gestraf word vir die groot boosheid en verraad wat hulle teen My volk en julle, goeie kinders van Gam, gepleeg het. Die tye wat sou kom, het begin en in hierdie tye onthou om My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat in Suid-Afrika woon, by te staan, ja, staan My volk by. Help elkeen van hulle, want hulle moet My planne en My doelwitte vervul deur die menigte seëninge waarmee die ganse mensdom mee geseën sal word, gedurende die tye wat nog moet kom. HELP HULLE op enige wyse waarop julle in staat is om hulle te help in hierdie en in die tye wat kom! Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, sal My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion wat woon in Suid-Afrika, lei na daardie plekke wat Ek vir hulle voorberei het om in te woon. Sommige van hierdie plekke is in die fisiese wêreld en sommige van hierdie plekke is in My koninkryk in hul harte, ja, Ek sal hulle lei! Goeie kinders van Gam, help hulle, wees hulle genadig en spaar hulle, want Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS sal almal van hulle na daardie plekke toe lei. In daardie dae en in daardie tyd sal Ek hulle wat My dien, My wil en My wet doen, afskei van hulle wat die Satan en sy leërskare dien deur middel van hul eie selfsugtige en selfdienende begeertes en luste. Ja, Ek sal die goddelose kinders van Sem en Jafet afskei van My hele volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat in Suid-Afrika woon. Hierdie reiniging van My volk sal baie van julle, goeie kinders van Gam, aanskou en getuie wees sodat julle sal sal weet en dat julle sal sien en dat julle sal verstaan dat Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK, EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK, EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK, EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is, was en sal wees, ja, Ek, EK IS wat EK IS, JA VIR MY sal julle al hierdie dinge getuig en weet dat EK IS 'n liefdevolle, regverdige en barmhartige Elohim is vir almal wat My soek, aan almal wat My liefhet en aan almal wat My woord en wette gehoorsaam. Onthou, goeie kinders van Gam, onthou al die woorde wat aan julle gegee is deur hierdie dienskneg. EK IS met julle en meer woorde sal Ek deur My Heilige Gees spreek tot die hart van hierdie dienskneg wat die woorde skryf soos wat aan sy hart beveel is om vir My te skryf, EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205