EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 121 aan Lukaas van Hout op 19 Desember 2013.

Dogter van Sion se kleed

Hierdie het sowat twee weke gelede gekom en in die stormloop van ander gebeure is dit vergeet en duik toe op in 'n soektog vir iets anders;

8 Desember 2013

Dogter van Sion, ja My Dogter van Sion, Ek weet dat jy wag op woorde van My, EK IS wat EK IS, ja, Ek weet! Ek het baie woorde vir jou voorberei vir die tye wat gaan kom en hierdie woorde sal kom, maar moet elke keer kom op die oomblik wat Ek, EK IS wat EK IS dit voorberei het vir jou. Dit moet so wees vir die begrip van My volk, My kinders, My huise van Israel en My ander dogters van Sion binne en buite die grense van Suid-Afrika. Hou goeie moed en wees baie vreugdevol oor die woorde wat nog van My af moet kom, want Ek het baie woorde vir jou voorberei vir hierdie tye, daardie tye en die tye wat nog moet kom, vanaf My, jou liefdevolle Vader, minsaam en barmhartig, EK IS wat EK IS!

[Ongelooflik! In aanmerking nemende die woorde wat nou net gekom het. Ongelooflik! – Lukaas]

 

19 Desember 2013

"Dogter van Sion"

"Dogter van Sion"

"Dogter van Sion"

"Ja, Dogter van Sion, want omdat daar slegs een Dogter van Sion is en hierdie Dogter glo al My woorde soos wat Ek My woorde regdeur die hele mensdom gegee het aan wie Ek uitverkies het om My woorde te gee regdeur die geslagte van die mens tot op hierdie tye, die tye wat gaan kom en die tye daarna, glo hierdie Dogter, My Dogter van Sion."

"Hierdie Dogter weet en hierdie Dogter glo deur die geloof wat My Heilige Gees vrylik gee aan haar en enigeen wat My Heilige Gees soek, ja, hierdie Dogter weet dat dit Ek, EK IS wat EK IS is wat tot haar spreek deur die woorde wat beveel is aan en in die hart van hierdie dienskneg, om My woorde te skryf aan jou, My geliefde Dogter, ja My geliefde Dogter van Sion, My Heilige Gees gee opdrag aan en in die hart van hierdie dienskneg om My woorde aan jou te skryf! "

"Dogter, jy loop van die wêreld en in die wêreld, eenvoudig geklee en dra alles wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, aan jou getoon het om te doen vir My Huis van Israel."

"Ek het jou dag vir dag gevoed en geklee en in die oomblikke van jou behoeftes het Ek, jou liefdevolle Vader, in al jou behoeftes voorsien vir in die einste uur van jou behoefte, want jy glo My en omdat jy al jou geloof en al jou vertroue in My plaas om te voorsien in jou behoeftes, daarom sal Ek jou selfs meer voed en selfs meer klee, maar nie met die voedsel of die kleding van hierdie wêreld nie. "

"Ek spreek van My geestelike klere, My geestelike kleding van die wysheid, die waarheid, die kennis en die diep geestelike waarhede en begrip van alles wat EK IS selfs nou voorberei op en in julle harte deur My Heilige Gees, My Heilige Gees wat is en wat hierdie dinge aan julle harte sal openbaar in hierdie tye, die tye wat moet kom en die tye daarna, sal Ek julle beklee met hierdie diep geestelike waarhede en begrip van alles wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS vir julle voorberei het!"

"Jy loop in en van die wêreld in die eenvoudige kleding wat Ek aan jou gegee het om mee te loop en so loop jy in alle nederigheid en in alle opregtheid en dra alle vloeke en verdoemenis wat hierdie wêreld teen jou opgehoop het omdat jy doen wat Ek jou gewys het om te doen."

"Ek het hierdie kleding aan jou gegee om jou te toets, om jou te vermaan, om jou te tugtig en om jou soms tereg te wys."

"Dogter, My nederige Dogter, te midde van al hierdie vloeke, verdoemenis en toetse doen jou nog en gaan jy in jou groot geloof en vertroue voort om My met vreugde en blydskap te soek in die aangesig van al hierdie vloeke, verdoemenis en toetse."

"Deur dit te doen het jy My woord van liefde nagekom om al hierdie vloeke en verdoemenis te dra, soos wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua, dit vir die mensdom gedra het toe Ek by die mens was, ja, jy My Dogter, het My woorde vervul soos wat Ek, Ek IS wat EK IS JaHshua gespreek en geleer het rakende hierdie aangeleenthede."

"Ek sien jou, Dogter en Ek het al jou laste en al jou pyn gedeel soos wat Ek jou vertel het dat Ek dit gaan doen!"

“Ek het saam met en vir jou gehuil en in jou reis na My toe en Ek het jou so liefgehad, liewe Dogter, My Dogter van Sion "

"Ek het hierdie kleding aan jou gegee om jou te merk en om jou te hou as My Dogter, ja MY DOGTER VAN SION, want daar is nog baie meer wat Ek vir jou voorberei het, soveel meer en Ek sal voortgaan om jou te klee met My kledingstukke, My kledingstukke van geestelike klere, My wysheid, My waarheid, My kennis en My diep geestelike waarhede."

"Ja, hierdie is die kledingstukke wat EK IS voorberei het vir jou en sal jou in hierdie kledingstukke klee, en met elkeen van hierdie kledingstukke sal Ek jou klee, elkeen daarvan in die tyd en op die plek wat jy My Dogter, hierdie kledingstukke sal nodig kry, daarmee sal Ek jou beklee! "

"Jy, My Dogter van Sion, wat getrou aan My was in alles wat Ek jou gegee het om te doen"

"Jy, My Dogter van Sion, gaan voortdurend, oomblik na oomblik, uur na uur, dag na dag, aanhoudend en eindeloos voort om My te soek in alle dinge!"

"Jy, My geliefde Dogter, het geword soos die mense van Berea, wat nooit hul soektog na My gestaak het nie en met alle liefde, ywer, opregtheid en nederigheid van hart het hierdie mense van Berea My gesoek!"

"Jy, ja jy, My Dogter van Sion, jy soek My voortdurend en voortdurend loop jy vooruit in jou geloof en oortuiging op soek na My!"

"Tog is jy in en van die wêreld, eenvoudig geklee in die kennis wat Ek aan jou gegee het."

"Tog loop jy in en van die wêreld, geklee in eenvoudige kleding, as 'n eenvoudige, maar sterk vrou in geloof loop jy in en van hierdie wêreld, eenvoudig geklee in hierdie kledingstuk wat Ek aan jou gegee het."

"Maar Vader, vra jy, dit was U wat My al hierdie dinge gegee het?" "Hoe het ek U mishaag dat U nou van my dink as in en van die wêreld, eenvoudig geklee?

"Dogter, dierbare Dogter, natuurlik was dit Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is, was en sal wees, ja Dogter, dit was Ek wat jou op hierdie wyse geklee het en dit was Ek wat jou in en van hierdie wêreld geplaas het met alles wat Ek aan jou gegee het!"

"In daardie dae en in daardie tyd het jy gedink dat alles groot seëninge van My af was, jou liefdevolle Vader!"

"Ja, dit was My seëninge aan jou!"

"Dit was My wil dat jy op hierdie wyse geklee sal wees met die kleding wat Ek daardie tyd aan jou gegee het!"

"Dit was Ek wat jou paaie in en van die wêreld gerig het, eenvoudig geklee in hierdie kleding wat Ek aan jou gegee het om voor te berei vir dit wat gaan kom, sodat jy die groter seëninge kan begryp wat vir jou voorberei het!"

"In die tye wat kom, in die tye wat sal wees en die tye daarna, sal Ek jou seën en klee soos wat Ek gesê het dat al hierdie voormalige seëninge sal lyk soos snuisterye, so groot sal die seëninge wees wat nog vir jou moet kom en wat Ek vir jou voorberei het! "

"Vir 'n tyd moet jy en sal jy in alle nederigheid en liefde voortgaan om in en van hierdie wêreld te loop, geklee in die kledingstukke waarmee jy nou beklee is."

"Dit is My wil vir My planne en vir My doelwitte wat jy sal ken en verstaan in die tye wanneer My Heilige Gees hierdie waarhede aan jou sal openbaar."

"Onthou My Dogter, My dierbare en seer geliefde Dogter van Sion, dit is My wil vir jou, want EK HET JOU LIEF!"

"Ek trek jou so aan en Ek het jou in en van hierdie wêreld gehou vir 'n tyd vir My planne en My doelwitte vir jou en vir My Huis van Israel, so het Ek, EK IS wat EK IS, jou gehou."

"Moet nie nou of ooit dink nie, Dogter, dat jy swak is of dat jy My mishaag het nie, omdat Ek jou hierdie dinge vertel het!"

"Tog het jy in hierdie eenvoud 'n sterk baken van lig geword!"

"Tog het jy 'n pilaar van krag, geloof en vertroue vir My Huis van Israel geword in hierdie kleding en in hierdie eenvoud!"

"Tog sien hulle van en in die wêreld jou as hierdie eenvoudig geklede vrou en tog moet jy vir 'n tyd so bly vir My planne en My doelwitte vir My Huis van Israel."

"Dierbare Dogter, onthou dat groter seëninge nog gaan kom, groter werke van My deur jou gaan nog kom!"

"Gaan voort om in en van die wêreld te wandel in My liefde, geklee in hierdie kledingstukke wat Ek aan jou gegee het, ja, gaan voort om in en van die wêreld te wandel in My liefde, geklee in hierdie kledingstukke wat Ek aan jou gegee het!"

"Dit moet so wees, want hulle wat dophou, is meer as waarvan jy weet en hulle wat dophou, kyk met openheid, maar bewaakte harte."

"Hulle wat dophou, word voorberei deur My Heilige Gees om jou te sien soos wat jy nou is en om jou te sien wanneer hierdie groter seëninge aan jou gegee sal word."

"'n Dodelike slag word deur die bose een en sy leërskare teen jou voorberei, soos wat Ek reeds vir jou gesê en jou gewaarsku het."

"Dit sal nie gebeur nie, alhoewel dit in daardie tyd so sal lyk."

"Dit moet so wees, want dit is wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, toegelaat het vir My planne en vir My doeleindes vir hulle wat kyk."

"In daardie tyd en in die tye wat Ek jou sal klee in hierdie groter kledingstukke, sal die oë, harte en verstande van die wat dophou, ten volle geopen word vir jou, My Dogter van Sion en in daardie dae sal hulle weet dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, jou bo almal uitverkies het om My werk te begin vir My heilige volk, My Huis van Israel! "

"Hulle wat dophou, is hulle wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS uitverkies het voordat die wêreld was."

Ek het hulle wat dophou uitverkies vir die werk wat Ek aan hulle sal openbaar om vir jou, Dogter van Sion te doen in daardie tye wanneer Ek aan hulle wat dophou, die werk sal openbaar wat hulle vir jou sal doen, MY DOGTER VAN SION, EK IS wat EK IS, - glo net!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205