EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 137

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 137 aan Lukaas van Hout op 13 Januarie 2014

Dogter van Sion, jou susters kom na jou toe!

"Aanskou jou susters, Dogter van Sion, aanskou jou susters, hulle is arm en in vodde geklee."

"Tog is hulle blymoedig en tog sing en bid hulle vir My met die grootste liefde vir My en My kinders, ja, aanskou jou susters, arm is hulle en geklee in vodde."

"Aanskou jou susters, Dogter van Sion, aanskou jou susters, hulle is arm en geklee in vodde."

"Ja aanskou jou susters wie wandel onder daardie Huis van Israel en wie laag geag word deur daardie Huis van Israel, wie bespot en gehoon word oor hulle armoede."

"Aanskou jou susters in hierdie ellende!"

"Ja, aanskou jou susters in hierdie ellende!"

"Tog is hierdie susters vreugdevol en tog sing en bid hulle tot My met die grootste liefde vir My en My kinders!"

"Aanskou jou susters soos wat hulle nederig en bekoorlik wandel onder daardie Huis van Israel, asof hulle geklee is met die kleding van Konings en Koninginne, so vreugdevol is hulle in hul diens aan My en My kinders."

"Aanskou jou susters soos wat hulle tussen die landerye van die aarde wandel en die groot vreugde wat hulle in die ontdekking van net een bloeisel ervaar!"

"Aanskou jou susters terwyl hulle wandel tussen die landerye van hierdie aarde."

"Ja, dink aan jou susters terwyl hulle wandel tussen die landerye van hierdie aarde en wat slegs My koninkryk sien wanneer dit blyk of die ellende van die lewe hulle wil onderkry as gevolg van die talle wonde wat dag na dag deur daardie Huis van Israel op hulle toegedien word."

"Ja, dink aan jou susters en hulle wonde soos wat jy gewond was, My Dogter van Sion."

"Aanskou jou susters soos wat Ek jou susters aanskou wanneer hulle rus van hul vele werke, hulle vele beproewinge en hulle vele ellende."

"Ja aanskou jou susters wanneer hulle slaap met die rustige en vreedsame slaap wat My leërskare hulle mee vervul vir hul rus van die vele ellende, beproewings en verdrukking van hierdie lewe wat hulle vir My en My kinders ly."

"Dink aan die lig vanaf die aangesigte van jou susters terwyl hulle nog slaap, die slapende gesigte van hierdie susters van jou, wat My aangesig van liefde en vrede volmaak weerspieël en gesigte wat in hierdie slaap al die skoonheid van My lig van alles wat EK IS weerspieël.”

"Ja, Dogter van Sion, oorweeg en aanskou jou susters soos wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS jou susters aanskou in al hul skoonheid en nederigheid, terwyl hulle My en My wil dien vir My kinders in alles wat hulle aan My gegee en gely het vir My en My kinders.”

"Aanskou jou susters, Dogter van Sion en berei voor vir hul koms, want sommige van hulle sal hul wonings verloor."

"Die vele wonde van gees en hart en die groot pyn van sommige van jou susters sal sommige van hierdie susters beskaam om nie te spreek oor hierdie ellende nie." "My Heilige Gees sal hulle egter aan jou openbaar."

"Berei jou voor vir hulle koms, berei 'n woning voor vir hierdie susters wat nie langer in hul voormalige wonings sal woon nie."

"Vrees nie hulle woning saam met jou nie, want hierdie susters bring groot rykdom van wysheid, geloof en kennis wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS aan hierdie susters van jou die afgelope talle jare gegee het."

"Hierdie susters van jou sal alles met jou deel wat Ek aan hulle gegee het in hierdie groot rykdom van wysheid, geloof en kennis wat Ek aan hulle gegee het en as gevolg van hierdie susters, wat net arm lyk, ja as gevolg van hierdie susters sal jy, Dogter van Sion, baie geseën word.”

"As gevolg van hierdie susters wie Ek na julle sal stuur, sal jy geseënd wees, Dogter van Sion, en jy sal groter geseën word as voorheen."

"Aanskou, Dogter van Sion en berei voor, want Ek gaan binnekort hierdie susters na jou toe stuur, EK IS wat EK IS, EK IS stuur binnekort hierdie susters na jou toe!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205