EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap 142 aan Lukaas van Hout op 19 Januarie 2014

Die teken van die Sprinkaan

"Wag op My!"

"Wag op My, wag op My!"

"Wag op My!"

"Wag op My, wag op My, wag op My, wag op My, Huis van Israel en Dogter van Sion, wag op My!"

"My Huis van Israel, My Dogter van Sion, moet nooit dink dat Ek ooit stil sal wees oor hierdie aangeleenthede nie!"

"Alles moet plaasvind in die tye en in die seisoene vir My planne en My doelwitte vir My huis van Israel en My Dogter van Sion!"

"In hierdie tye en in hierdie seisoene sal Ek dan met julle spreek oor My planne en My doelwitte deur My diensknegte, soos wat Ek julle reeds getoon het en soos wat Ek reeds opdrag gegee het dat Ek dit sal doen op die wyses waarop Ek julle sal antwoord.”

"Ek, Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, neem kennis en verstaan dat in My tyd en in My seisoen vir hierdie tye en daardie tye van julle verlossing wat nog moet kom, ja, in My seisoen en in daardie tye van julle verlossing wat nog moet kom, sal My huis van Israel en My Dogter van Sion DEUR MY gelei word deur My Heilige Gees uit die einste hand van Farao!”

"Julle ken die seisoene, julle weet wanneer dit tyd is om te plant, julle weet wanneer dit tyd is om te groei, julle weet wanneer dit tyd is om af te oes en julle weet wanneer dit tyd is om te maai."

"Julle moet baie goed dink aan die seisoenale Sprinkaan en al sy weë." "Stil-stil neem sy getalle toe en stil-stil verorber hy alles binne sy bereik. Om geruisloos dit wat groei te verteer, is die weg van die sprinkaan!"

"Dink aan die sprinkaan, dink aan sy seisoen en oorweeg al sy weë baie deeglik!"

"Ja, Huis van Israel en die Dogter van Sion, dink aan die weë van die sprinkaan!"

"Dink aan die seisoene van die sprinkaan!"

"Dink goed na oor al die seisoene en al die weë van die sprinkaan!"

"Dink aan die sprinkaan en hoe dit weet wanneer dit tyd is om te swerm en om regoor die land neer te daal."

"Die sprinkaan kom bymekaar saam met die sprinkane van die land en swerm in groot massas oor die lande om dit wat groei te verteer totdat hy homself uitgeput het."

"Ja, dink aan die sprinkaan in sy seisoen van swerms maak (gewemel), dink aan die sprinkaan in sy tyd van swerms maak (gewemel)!"

"Jy, Huis van Israel en jy, Dogter van Sion, soek 'n teken van My, EK IS wat EK IS, ja, julle soek 'n teken van My."

"Onthou julle nie, of het julle vergeet dat Ek julle gewaarsku het om nie tekens en wonders van My te soek nie?"

"Tekens en wonders, ja, tekens en wonders is wat die bose een gebruik om te mislei, julle moet versigtig wees en net dit van My te soek, wat Ek as JaHshua deur My woorde aan julle opdrag gegee het."

"Ek het julle reeds geleer om My wil en My antwoorde vir julle te soek deur gebed, versoeke, dan in dankbetuiging, asof julle dit reeds ontvang het wat julle van My gevra het."

"Ek hoor julle gebede!"

"Ek ken julle harte en Ek weet dit is met groot opregtheid, nederigheid en sorg vir julle volk dat julle hierdie teken soek."

"Soek nooit 'n teken van My in julle gebede met daardie woorde nie!" "Vra My net, julle liefdevolle, hemelse Vader, Hy wat woon as alles wat is en Wie die verpersoonliking is van alles wat liefde is, Hy wat Skepper is, die lewende wese van suiwer liefde, veral lief vir My kinders, van wie geen vraag of behoefte ongesiens verbygaan van hierdie opregte en nederige gebede aan My nie, EK IS wat EK IS.”

"Tog sal Ek julle antwoord, Huis van Israel en Dogter van Sion, tog sal Ek julle antwoord, want Ek het julle so lief."

"Hier is My antwoord op hierdie gebed."

"Dink aan die sprinkaan in sy tyd en in sy swerming (gewemel)."

"In sy tyd van swerming sal julle daardie tye herken waarop julle gewag het, en dat dit op julle is."

"Julle sal baie van hierdie swerms oor die lande sien, in groter getalle as wat daar nog ooit voorheen was."

"Kyk uit vir hierdie swerms, beide binne en buite Suid-Afrika"

"Kyk uit vir hierdie swerms regoor alle lande van Afrika, kyk uit vir hierdie swerms."

"Hierdie swerms is My waarskuwing aan julle en My oordele in hierdie plaag en die plae wat nog moet kom teen hulle binne en buite MY Suid-Afrika wat in die lande van MY Afrika woon, en wie My kinders so laat ly."

"Hou styf vas aan My en My liefde deur die plae wat moet kom, My huis van Israel en My Dogter van Sion, hou styf vas aan My en hou vas aan My liefde!"

"Hou vas aan My en My liefde, omdat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek het julle in My liefde ingetrek ter voorbereiding vir daardie tye, dus, hou styf aan My vas en hou styf aan My liefde vas."

"Julle moet My soek in hierdie liefde deur julle harte en luister na My sagte gefluister van My woorde en My liefde vir julle en weet dat EK IS in julle, en trek julle selfs nog dieper in My liefde in, waak oor julle, het julle lief, gee om vir julle en beskerm julle, Ek IS wat EK IS, Ek is met julle!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205