EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

BOODSKAP NO 15 aan LUKAAS VAN HOUT

Nog mag jy nie gaan slaap nie, Lukaas, want die tyd is te kort en jy moet hierdie woorde neerskryf. EK IS wat EK IS en EK SAL SPREEK DEUR WIE EK OOKAL KIES OM DEUR TE SPREEK! En op die vasgestelde tyd sal hulle, ja, almal van hulle wat Ek gekies het om op te staan vir My volk, opstaan wanneer Ek roep, en hulle sal My woord direk aan My volk spreek soos wat Ek My woord vir hulle sal gee om te spreek. Hulle wat Ek uitverkies het, is reeds onder diegene wat vlug na die plekke wat Ek vir julle gekies het. In daardie tyd sal hulle monde geopen word deur My, EK IS, om My woorde direk met julle te spreek in al hierdie gemeentes van My volk in dié plekke van veiligheid regoor die land, sodat julle sal weet dat EK IS wat EK IS met julle is, deur hulle wie Ek uitverkies het om by julle te wees. Hulle wie Ek gekies het sal woorde spreek, My woorde en van My woord sal hulle met groot gesag spreek, wysheid en liefde wat Ek aan hulle sal gee om met julle te spreek. Sommige van hulle sal val en hulle wat val, sal vervang word. Nooit sal enige van My gemeentes in daardie toevlugsoorde sonder My woord wees deur een wie Ek verwek het nie. Die tye wat nou oor julle gaan kom, sal swaarder wees as wat julle ooit kan dink en groot lyding sal deur almal gedeel word. Hulle wat deur My uitgekies is, sal julle wys dat EK IS wat EK IS persoonlik met julle is deur hulle wie Ek gekies het, en Ek sal met julle wees gedurende daardie tye, soos wat Ek nog altyd was. Ek sal aan julle elke definisie van die woord liefde toon deur hulle wat gekies is om My woorde te spreek aan My volk en julle sal weet hoe groot die liefde van 'n skepper vir sy kinders is. EK IS wat EK IS, reik uit na My. EK IS met jou, glo net!

Slaap Lukaas, slaap en rus. Daar is baie meer vir jou om te doen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205