EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 161

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 161 aan Lukaas van Hout op 22 Februarie 2014

Belofte van ons Vader se Liefde

“Lukaas, so sagkens soos wat 'n warm somersbriesie 'n wang streel, so moet jy nou My woorde skryf aan My Huis van Israel en aan My Dogter van Sion binne en buite My Suid-Afrika.”

“Skryf My woorde so sagkens en met die grootste liefde van My, EK IS wat EK IS, Die Vader.”

“Weet julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion hoe daardie woorde: ‘My Huis van Israel en My Dogter van Sion,’ lewe?"

“Ja, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, hierdie woorde lewe, want Ek is die lewende woord en al My woorde en alles wat uit My voortspruit, LEWE!”

“Weet julle dat wanneer Ek die woorde spreek, ‘My Huis van Israel en My Dogter van Sion’, weet julle dat wanneer Ek die woorde spreek, dit soos heuning in My mond is, so soet is daardie woorde vir My?”

"Huis van Israel, MY Huis van Israel, Dogter van Sion, MY Dogter van Sion."

"Huis van Israel, MY Huis van Israel, Dogter van Sion, MY Dogter van Sion."

"’Huis van Israel, MY Huis van Israel, Dogter van Sion, MY Dogter van Sion’ hoe lief het Ek julle nie, hoe sal Ek julle nie altyd liefhê nie en hoe sal daardie woorde nie altyd uit My mond kom soos wat die dou op die grond val nie, so wonderlik is daardie woorde vir My om uit te spreek!”

"Ek spreek nou met julle van liefde, My liefde, Ek wie liefde is, Ek spreek met julle van liefde, sodat julle hierdie woorde kan onthou vir die tye wat moet kom.”

“Die tye van die profete, waarvoor julle hierdie baie, baie jare met groot verwagting en hoop gewag het, is maar net 'n seisoen weg!”

“Onthou hierdie woorde van My liefde en al die beloftes wat Ek gespreek het deur die vele, vele mense wat Ek na julle gestuur het, want hierdie tye van die profete kom met 'n groot prys!”

"Hierdie tye van die profete sal 'n tyd van rou bring soos wat Ek julle soveel maande gelede gewaarsku het, 'n tyd van groot rou wanneer alles wat julle van julle lewens in daardie tye geweet het, sal oorgaan in geskiedenis vir die tye van die profete om vervul te word.”

“Ja, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, 'n tyd, 'n seisoen van groot rou lê nog voor julle.”

“Onthou, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou, Ek en My leërskare sal saam met julle treur en daar is nie een wee te klein wat Ek en My leërskare nie met julle sal deel in alles wat oor julle sal kom wanneer die tye van die profete vervul sal word nie.”

“Ja, My Huis van Israel en My Dogter van Sion wie Ek so liefhet, alles wat julle sal ly, elke enkele wee wat julle sal ly, sal Ek en My leërskare saam met julle ly.”

"'n Nuwe belofte gee Ek aan julle en hierdie nuwe belofte is dat Ek die wee van hierdie groot rou en wee van julle sal herstel met vreugde en blydskap 7 maal, 7 maal sal Ek, EK IS wat EK IS hierdie rou en wee herstel, 7 maal met vreugde en blydskap aan die einde van die tye van die profete.”

“En nog 'n belofte maak Ek aan julle vir hierdie tyd van rou en wee, onthou My in die tyd van rou en in die tye van wee, roep uit na My en Ek sal julle troos met My Heilige Teenwoordigheid deur My Heilige Gees.”

"In daardie oomblikke van julle diepste wanhoop in hierdie rou en wee wanneer julle na My uitroep, sal julle weet dat EK IS met julle is.”

"Julle sal deur julle hele wese omhels word deur My Heilige Teenwoordigheid deur My Heilige Gees.”

"Julle sal weet EK IS met julle!”

"Julle sal weet EK IS met julle!”

"Julle sal weet EK IS met julle!”

"EK IS wat EK IS, My Huis van Israel en MY Dogter van Sion, EK IS wat EK IS en julle sal weet EK IS met julle.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205