EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 169 aan Lukaas van Hout op 06 April 2014

"Ja, Ek, Ek, JaHWèshua,* EK IS wat EK IS, JaHWèshua Ha-Elohim, Ek het My Heilige Gees onder julle uitgestort en vanuit My Heilige Gees het al die dinge wat Ek in hierdie tye belowe het om vir julle te gee, nou begin sigbaar word onder julle.” (*Die Naam JaHWèshua in Hebreeus word verder gebruik ipv JaHshua in Aramees, `n Hebreeuse dialek, maar albei kan nog gebruik word)

"Vir sommige is dit gegee om te profeteer, aan ander om drome te droom en aan nog ander, om My woorde te spreek of te skryf soos wat Ek dit aan julle gee deur My Heilige Gees vir die mensdom en dat deur al hierdie gawes van die uitstorting van My Heilige Gees die mensdom geseën sou word, gestig sou word en teruggelei sou word na My, hulle liefdevolle Vader voor die einde van hierdie wêreld.”

"Soveel meer seëninge het Ek uitgestort onder die mensdom en soveel meer seëninge wil Ek nog uitstort in hierdie tye, die tye van die profete en die tye wat nog moet kom.”

"Hierdie uitstorting van My Heilige Gees onder julle moet 'n tyd van groot vreugde en wonders wees, terwyl Ek die verlostes van hierdie aarde voorberei vir hierdie tyd, die tye van die profete en die tye wat nog moet kom, tot aan die einde van die wêreld"

“Ek spreek nou met diegene wat My seëninge deur hierdie groot uitstorting van My Heilige Gees ontvang het, hulle wat hierdie gawes ontvang het en hulle weggewend het van My.”

"Verstaan julle nie My gebooie nie?”

“Verstaan julle nie wat Ek vir julle van hierdie gebooie gesê het deur My lewende, geskrewe en gesproke woord nie?”

“Verstaan julle nie My gebooie nie, die gebooie van My, ja van My, EK IS wat EK IS, Skepper van alles wat is, MY GEBOOIE, die gebooie van die lewende Elohim?”

“Tog sal Ek hulle hier herhaal, want gewigtig is hierdie waarskuwing aan julle, julle wat hierdie seëninge van My Heilige Gees ontvang het en tog hierdie seëninge met julle voete vertrap deur julle sonde wat julle nie eers verberg nie, maar selfvoldaan toon vir almal om te sien hoe julle My gebooie oortree, alhoewel Ek julle grootliks geseën het deur die uitstorting van My Heilige Gees en julle geestelik verryk het.”

Exodus 20:1-7

20 TOE het die Elohim al hierdie woorde gespreek en gesê:

2 Ek is JaHWeH jou Elohey wat jou uit die Aarde van Egipte, uit die slawehuis, uitgelei het.

3 Julle mag geen gode van andere voor My Aangesig hê nie,

4 jy mag vir jou geen gesnede afbeelding of enige beliggaming maak van wat bo in die Hemele is, of van wat in die Aarde is, of van wat in die waters onder die Aarde is nie,

5 jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, JaHWeH jou Elohey, is ’n jaloerse El wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde [geslag] van die wat My haat.

6 En bewys Barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My Gebooie onderhou.

7 Julle mag die Naam van JaHWeH jou Elohey nie verydel nie, want JaHWeH sal die een wat Sy Naam verydel, nie ongestraf laat bly nie.

 

"Kan julle nie onthou nie, of het julle vergeet dat Ek nie die wêreld van Noag gespaar het nie, maar die hele mensdom van daardie tyd gestraf het vir hulle groot sondes voor My aangesig?"

"Kan julle nie onthou nie, of het julle vergeet dat Ek Moses verhoed het om die Beloofde Land binne te gaan, omdat hy nie My gebooie gehou het nie?”

"Kan julle nie onthou nie, of het julle vergeet dat Ek die engele wat teen My in opstand gekom het, nie gespaar en hulle uitgegooi het nie?”

“Wie is julle, o manne of vroue wat hierdie gawes van My ontvang het en dit in My gesig terug gespuug het deur julle openlike opstandigheid en voortgesette sonde om die Satan en al sy valse gode te dien, waar die ookal in julle lewens is?”

“Wie is julle?”

“Wie dink julle is julle dat julle dit durf waag om sulke dinge voor My aangesig te doen?”

"Julle het soos Lucifer geword op die dag toe hy arrogant verklaar het dat hy sy troon bo Myne sal verhef.”

“Julle wat hierdie gawes van My ontvang het!”

"Julle wat My getrou en eerbiedig sou verteenwoordig voor hulle na wie julle gestuur is!”

“Julle het die versoekings van hierdie lewe bo My gekies en ook alles wat Ek aan julle gegee het en soveel meer wou Ek aan julle gegee het, julle wat My gefaal het en van My weggedraai het vir die liefde van die sonde.”

"Moenie dink dat julle dade ongesiens verbygegaan het nie!”

"Julle het My verraai en julle het soos Judas en Lucifer vir My geword.”

"Julle het My verhandel vir 'n sak silwer, ja, vir 'n sak silwer het julle My verhandel en julle het veroorsaak dat alles wat Ek vir julle beplan het, deur julle wandade op niks uitgeloop het nie.”

"Julle het aanmatigend en vermakerig julle valse trone van sondes, versoekinge en afgode van hierdie wêreld bo My troon van oneindige genade en barmhartigheid geplaas!”

"Is julle nog so blind dat julle nie die groot gevaar kan of wil sien waarin julle julleself naak voor My troon van Oordeel geplaas het nie?

"Is julle nog so blind dat julle nie kan of nie wil sien dat Ek julle meer verantwoordelik sal hou omdat julle hierdie dinge voor My troon gedoen het nie, deur julle aanmatigende en vermakerige houding?

"Ja, Ek sal elkeen in die mensdom aanspreeklik hou vir die gawes wat aan hulle toevertrou is en hulle wat hulleself van My afgewend het en elkeen sal geoordeel, gestraf of beloon word volgens sy werke.”

“Tog sal Ek My Heilige Gees na julle harte stuur om met julle te pleit om terug te keer na My toe en na alles wat Ek vir julle beplan het, want Ek is lief vir julle.”

“Julle is My kinders en dit is My wil dat julle My sal terug ontvang in julle harte, julle verstande, julle geeste en julle siele!”

“Ja, dit is My wil, want julle weet nie van die groot afgrond nie, 'n groot geestelike afgrond van die dood wat voor julle lê en wat julle geskep het deurdat julle My verraai het nie.”

“Waarom kies julle so bereidwillig die dood bo die oorvloedige, ewige lewe van liefde wat Ek so na verlang om aan julle te gee!”

“WAAROM, O WAAROM WIL JULLE HIERDIE EWIGE DOOD KIES?”

"Soek My nou met julle hele hart en met alles van julle siel.”

“Laat Ek, julle liefdevolle Vader, julle terug ontvang, voordat daardie een laaste tree julle oor die rand gaan neem en in die afgrond van duisternis en dood, waaruit daar geen terugkeer meer moontlik is nie.”

“Keer terug na My, My dwalende kinders, terwyl Ek nog te vinde is, want in die tye wat kom, wanneer die dood van die mensdom sal vlug, julle verraad teenoor My en julle verloëning van My deur hierdie woorde wat julle na My terug roep, erger sal wees as wat julle julleself kan indink, indien julle My nou weier.”

"In daardie tye wat nog moet kom, sal julle hierdie vlugtende dood daagliks soek, so groot sal julle berou wees omdat julle My verloën het en soos wat geskryf is, sal die dood van julle af wegvlug!”

"Soek My, My kleine kinders wie Ek so liefhet, soek My nou, want Ek wag nog om julle terug te ontvang en Ek sal julle herstel, Ek IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205