EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 175

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 175 aan Lukaas van Hout op 2 Mei 2014

“Nou kan jy die woorde neerskryf waarin Ek jou hierdie vele afgelope dae verhinder het om te skryf.”

“Sê aan My Huis van Israel in My Suid-Afrika en My Dogter van Sion, sê aan hulle, ”Oordeelsdag.”

“Vertel hulle hoe Ek hulle liefhet en hulle nog altyd liefgehad het en alles in My vermoë sal doen om voort te gaan om met hulle te wees, soos wat hierdie tye gaan ontvou tot die voorspelde gruwels.”

“Het Ek julle nie met baie, baie woorde gewaarsku oor hierdie tye nie en tog het baie van julle, wie My volk vertrou om hulle te lei as My leiers en herders, My gefaal deur My woorde en hulle waarheid te weerhou van hierdie skape wat Ek, Ha-Elohim aan julle toevertrou vir hulle sorg.”

"Sowaar as wat Ek van ewigheid tot ewigheid leef, ja Ek, Ha-Elohim, sowaar as wat Ek leef, julle arrogante en valse leiers en herders sal leef om te sien wat julle bewerk het deurdat julle My woorde van My volk weerhou het, sodat hulle van die komende gruwels gespaar kon word.”

"Ek sal verhoed dat die dood julle vind en sowaar as wat Ek leef, julle sal die bloed van hierdie onskuldiges aan julle eie hande sien!”

“Het Ek nie ook vir julle gesê dat gedurende die tyd van die vlug na die voorafbestemde plekke, julle na hulle moet soek wie deur My gestuur is om My woorde vir julle kampe te spreek en te skryf, sodat julle deur My onderrig, geseën en bewaar kon word nie?”

“Het Ek, julle liefdevolle Vader en julle liefdevolle Ha-Elohim, het Ek nie hierdie dinge vir julle vertel nie, selfs tot aan die rand van hulle gebeurtenis en tot op die oomblik van hulle tyd nie?”

“Het Ek nie hierdie dinge vir julle vertel nie?”

"Maar daarin het baie van julle valse leiers en herders My ook gefaal en omdat julle nie vir My of My diensknegte in julle kampe wou gehad het om My wil, My liefde en My woorde vir julle te verteenwoordig nie, omdat julle dit nie gekies het nie, sal baie van My volk in hierdie kampe vergaan in die tye wat moet kom, want julle het My gefaal om diegene te vind wie Ek liefdevol en met die grootste sorg vir julle voorberei het om My wil vir julle in daardie tye te doen.”

"Julle moes net gekyk het!”

“Hierdie kampe sonder My is en sal verlate wees, putte sonder water, drywende wolke wat nie reën nie, en ook sal hulle nie die oorhand kry teen die groot boosheid wat aan die kom is nie!”

“Ja, julle het My en My volk gefaal deur My teenwoordigheid deur My uitverkorenes te ontken in hierdie kampe wat nog moet kom.”

"Wee van weë, Huis van Israel, wee van weë oor die baie onnodige sterftes wat sal kom as gevolg van die arrogansie en eiegeregtigheid van hierdie valse leiers en herders, wee van weë.”

“Waarom gee julle leiers en herders van My Huis van Israel slegs lippediens aan My, WAAROM?”

"Het julle so gou vergeet dat dit julle was wat My vir Babilon en Bíleam verhandel het en skaamteloos en bewustelik agter al hierdie gode aangegaan het?”

"Waarom kies julle voortdurend die koninkryke waarmee Satan julle mee verlei?”

“Waarom soek julle in julle verskeurende honger van hierdie tye, die suurdeeg van Satan?”

"Onthou julle nie My woorde dat die mens nie slegs van brood alleen sal lewe nie, maar van elke woord wat uit My mond sal kom nie?”

"My woorde LEEF, My woorde is LEWE en slegs in My woorde, lewend, geskrewe en gesproke, sal die mensdom verlossing vind.”

"Soek die brood van My lewende, geskrewe en gesproke woord, soek My brood!”

"Soek My woorde deur julle harte en in hierdie soeke sal julle gevul word en julle sal meer gevul word as wat julle dink moontlik is, so groot is My begeerte om julle te vul met die lewe van My woorde!”

"Het Ek julle nie met die grootste liefde en die grootste verdraagsaamheid van verdraagsaamhede deur My woorde getoon dat EK IS nie?”

“Hoeveel meer van My Huis van Israel en My volk moet sterf, voordat julle wat My Huis van Israel en My volk lei en onderrig, hoeveel meer moet sterf voordat julle uiteindelik julle fyn kleed van arrogansie en eiegeregtigheid sal afwerp vir die roukleed van belydenis en onderdanigheid.”

“Hoeveel meer moet sterf as gevolg van julle arrogansie en eiegeregtigheid?”

“Werp julle nou voor My in sakke en bedek julle in die as van skaamte en nederigheid vir hierdie en die vele groot sondes wat in My aangesig teen My en teen My wil en teen My volk gepleeg is?”

“Dink julle dat julle Farao 'n ongeluk is?”

“Dink julle nie dat Ek hierdie Farao van Gam verwek het om julle te straf en om julle te kasty nie?”

"Al My woorde is en moet altyd wees soos wat hulle geskryf en soos wat hulle gespreek is, tog kan Ek, die lewende Ha-Elohim, My woorde verander soos wat Ek geskik vind vir My planne en vir My doeleindes.”

"Ek, Ha-Elohim, Gewer van die wet, My wet van die heelal en nog verder en Skepper van alle dinge, is aan geen mens en geen instansie onderhewig nie, ook buig Ek ooit voor die wil van die mens om die mens te dien in sy valse begeertes en behoeftes en wat dink om My in sy beeld te skep om te dien wat hulle dink Ek moet dien nie.”

"Maar sowaar as wat Ek leef, Ek sal as dit so moet wees, Ek sal die heerskappy van hierdie Farao`s verleng totdat hierdie leiers van My Huis van Israel en hierdie leiers van My volk hulle na My wend en alles vir My gee om My planne en My doeleindes te dien, soos wat Ek dit wil.”

"Dit berou My dat as gevolg van hierdie arrogansie en eiegeregtigheid van hierdie leiers en herders dit nou oorweeg moet word en dat daar nog so baie van My Huis van Israel en van My volk nog sal moet sterf, as gevolg van die eiesinnige, hardnekkige, arrogansie en eiegeregtigheid van hierdie leiers en herders wat weier om weg te draai van die beeld wat hulle van My geskep het, in plaas van die beeld dat EK IS, EK IS wat EK IS, EK IS Ha-Elohim.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205