EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 187 van Elohim aan Lukaas van Hout op 13 Junie 2014

"Jy moet nou haastig skryf aan My Boere, skryf nou met alle haas, want dit is daardie winter waaroor hulle gewaarsku is en My Boere moet weet en My Boere moet voorberei."

"Jy moet nou skryf aan My Huis van Israel en jy moet nou skryf aan My Dogter van Sion, skryf met alle haas, want daar is baie van die volk wat verkeerd verstaan en baie mense wat nie glo dat hierdie winter daardie winter is waaroor hulle gewaarsku is dat dit oor hierdie lande van MY Suid-Afrika sou kom nie."

"Waarsku hulle en sê vir hulle, almal van hierdie Huis en almal van My Dogter, waarsku hulle en waarsku al My kinders wie Ek so liefhet."

"Waarsku hulle om voor te berei vir hierdie winter, want dit is daardie winter waaroor hulle gewaarsku is en waarsku hulle om hul huise en hul plase voor te berei."

"'n Sterfte, 'n sterfte van My wesens wat hulle in hul wingerde versorg, sal oor hierdie lande van My Suid-Afrika kom."

"Baie van hierdie wesens wat hulle versorg, sal sterf."

"Hierdie sterftes is die begin van die benoudheid waaroor julle gewaarsku is oor die koudheid van die harte van julle valse broers en susters van daardie valse Huis van Israel wat julle so verraai het, en wat ook nou selfvoldaan spot met die woorde wat alreeds aan julle gegee is."

"Hierdie sterftes is die begin van die benoudheid waaroor julle gewaarsku is en wat die koudheid van die harte reflekteer van julle valse broers en susters wat die mag gehad het om die hand van hierdie winter af te wend, as hulle maar net hulle harte na My sou gewend het."

"Hierdie sterftes is die begin van die benoudheid waaroor julle gewaarsku is, wat ook oor hierdie valse Huis sal kom wat dink dat hulle beskerm is teen die vloek van hierdie winter, wat hulle na hierdie lande gebring het, as gevolg van hulle leuenagtige skynheiligheid en vroom eiegereg­tigheid, op die wyses waarop hulle My en My volk dien."

"Hulle van daardie valse Huis dink dat hulle veilig is binne die mure van die groot rykdom wat aan hulle hul gerief voorsien, rykdom gesteel uit die swoeg, sweet en bloed My volk."

"Tog sal hierdie benoudheid van hierdie winter kom oor hierdie valse Huis wanneer hierdie winter hul ware aard sal verraai aan MY Huis van Israel en My Dogter van Sion en al MY kinders in My Suid-Afrika."

"Sodat hulle kan weet dat EK IS en sodat hulle kan weet dat hierdie woorde myne is, vertel hulle, vertel hulle, vertel MY Boere, vertel hulle, vertel MY Huis van Israel en vertel hulle, vertel MY kinders, dat baie voëls van die lug, dit wat hulle nie aanhou nie, 'n skielike dood sal sterf as gevolg van hierdie koue waarvoor hulle nie voorberei het nie, voordat die erge koue van hierdie winter oor hulle gaan kom.”

"Baie voëls, wee hulle, `n skielike dood van die voëls van die lug wat sal sterf vanaf die begin van hierdie ernstige koue wat oor hierdie lande sal kom."

"Berei voor, o My Huis van Israel, berei voor, My Dogter van Sion, vir hierdie koue, 'n ernstige koue, vergete in menseheugenis en vergete deur hulle wat nou lewe, so erg sal hierdie koue van hierdie winter wees."

"Meer woorde het Ek vir julle voorberei en meer woorde sal Ek aan julle gee oor hierdie koue gedurende die tye van hierdie winter en gedurende die tye van daardie plekke wat Ek voorberei het vir My planne en vir My doeleindes, sommige woorde opgestel deur hierdie dienaar en sommige woorde deur My woorde wat direk tot die harte gespreek sal word van hulle wat hierdie antwoorde van My af sal soek.”

"Dit moet so wees vir My planne en vir My doeleindes."

"Julle moet My nou soek, julle Vader wat julle so liefhet, julle moet My nou soek in die saak van My woorde, want Ek het woorde vir elkeen van julle wat My soek, in voorbereiding vir hierdie winter, hierdie winter van dood wat oor hierdie lande gaan kom.”

"As julle My in hierdie aangeleenthede soek, sal Ek julle antwoord deur My Heilige Gees waarmee Ek direk tot julle harte sal spreek; doen soos wat My Heilige Gees tot julle harte spreek om te doen en altyd in ooreenstemming met My lewende, geskrewe en gesproke woord, soos wat Ek julle gewys het om te doen en wat julle geleer om te doen toe Ek met julle was as JaHshua.”

"Dit is daardie winter, die winter waaroor julle gewaarsku is en ook wanneer Ek koud gaan wees, en julle sal My sal verwarm deur hulle wie Ek na julle sal stuur om te versorg."

"Dit is daardie tyd toe Ek met julle as JaHshua gespreek het deur die gelykenis van die kleed."

"Gee ook vir My julle kleed gedurende hierdie winter, wanneer Ek `n kleed soek deur hulle wie Ek na julle sal stuur."

EK IS wat EK IS, EK IS julle liefdevolle Vader wat so vir julle omgee en Ek sal nou en altyd met julle wees en deur hierdie winter, daardie winter waaroor julle gewaarsku is.”

"EK IS wat EK IS, EK IS die lewende, geskrewe en gesproke woord."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205