EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 189

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 189 van Elohim aan Lukaas van Hout op 2 Julie 2014

 

Lukaas, nou sal jy die seën aanbied, die seëning wat My Heilige Gees tot die hart van Moses gefluister het toe hy My Huis van Israel eers geseën het voordat hulle die gekose land betree het.

Ja, jy sal hulle seën en jy sal hulle seën met die grootste liefde van My af, wat enige vader mag hê vir sy kinders en ook met die grootste liefde wat 'n moeder fluister in die aangesig van haar pasgebore kind wanneer sy die eerste blik werp op sy aangesig.

Seën hulle met hierdie seëning, Lukaas, sodat hulle kan weet, almal wat Myne is, almal van My Huis van Israel in hierdie tye en almal van My Dogter van Sion in hierdie tye, binne en buite die grense van MY SUID-AFRIKA, seën hulle met hierdie seëning.

Seën hulle met die seëning van Moses, sodat hulle kan weet en sodat hulle kan glo en verstaan dat dit Ek is, EK IS wat EK IS, Wie hulle so liefhet en Wie hierdie vele, vele woorde deur My Heilige Gees tot, in en buite jou hart gespreek het om vir My te skryf.

Seën hulle, omdat die tye van die herstel wat nog moet kom naby is, soos wat die profete gespreek het, ja, die tye van die herstel wat nog moet kom is naby en My Huis van Israel en My Dogter van Sion sal in hierdie herstel ingaan.

Deuteronomium 33:1-29 (Boek van Herinnering)

33:1 EN dit is die seën waarmee Moshè, die man van die Elohim, die kinders van JisraEl geseën het voor die aangesig van sy dood.

2 En hy het gesê: JaHWeH het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom met tienduisende uit die Apartheid; aan Sy Regterhand gaan ‘n vlammende Wet vir hulle uit.

3 Ja, Hy het die stamme lief. Al Sy apartes - hulle is in U Hand; en hulle was gelaer by U Voet; [elkeen] ontvang iets van U Uitsprake.

4 Moshè het ons die Wet beveel, ’n besitting vir die vergadering van Jakob.

5 En hy het koning geword in Jesúrun, toe die hoofde van die volk vergader het, die stamme van JisraEl almal saam.

6 Laat Ruben lewe en nie sterwe nie, en laat sy manne ’n aantal wees.

7 En dit vir JeHûWdah, en hy het gesê: Hoor, JaHWeH, die stem van JeHûWdah, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy geveg vir hulle, en wees U [vir hom] ’n hulp teenoor sy teëstanders.

8 En van Levi het hy gesê: U Tummim en U Urim is vir die man, U gunsgenoot, wat deur U beproef is in Massa, met wie U getwis het by die waters van Mériba;

9 wat van sy vader en sy moeder gesê het: Ek sien hom nie, en sy broers nie erken het en van sy seuns niks geweet het nie; want hulle het U Woord bewaar en U Verbond gehou.

10 Hulle sal Jakob U Regsprake leer en JisraEl U Wet; hulle sal reukwerk volledig voor U neerlê op U altaar.

11 Seën, JaHWeH, sy Krag, en laat die werk van sy hande U welgevallig wees; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en hom haat, sodat hulle nie kan opstaan nie.

12 Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van JaHWeH - hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon in Sy vergadering.

13 En van JôWsef het hy gesê: Geseënd deur JaHWeH is sy Aarde met die kostelikste gawe van die Hemele, met Dou en met die Afgrond wat onder lê,

14 en met die beste voortbrengsels van die son en met die uitnemende voortbrengste van die mane

15 en met die vernaamste voortbrengsel van die berge van die voortyd en met die beste gawe van die ewige heuwels

16 en met die beste gawe van die Aarde en van haar volheid, en die vreugde van Hom wat in die doringbos vertoef het - laat dit kom op die hoof van JôWsef en op die kroontjie van die [wat ‘n] Separatis onder sy broers [is].

17 Sy eersgebore stier – die grootsheid is syne, en sy horings is [soos] eenhorings; daarmee sal hy die volke stoot, die eindes van die Aarde almal saam. En dit is die tienduisende van Efraim, en dit is die duisende van Manasse!

18 En van Sébulon het hy gesê: Verheug jou, Sébulon, oor jou togte, en Issaskar, oor jou tente.

19 Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle slagdiere van Geregtigheid slag; want hulle sal die oorvloed van die see insuig en die skatte wat begrawe is in die sand.

20 En van Gad het hy gesê: Geseënd is Hy wat vir Gad ruimte maak; hy gaan lê soos ’n leeuin en verskeur die arm, selfs die kroontjie.

21 En hy het vir hom ’n eerstelingsaandeel uitgekies, want daar was die deel van ’n veldheer bewaar; en hy het gekom na die hoofde van die volk, hy het die Geregtigheid van JaHWeH uitgevoer en Sy Regsprake met JisraEl.

22 En van Dan het hy gesê: Dan is ’n jong leeu wat uit Basan uitspring.

23 En van Náftali het hy gesê: Náftali, versadig van vreugde en vol van die seën van JaHWeH - neem jy see en Suidland in besit!

24 En van Aser het hy gesê: Geseënd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek.

25 Mag jou grendel yster en koper wees, en jou sterkte soos jou dae.

26 Niemand is daar soos El, o Jesúrun, wat oor die Hemele ry as jou Hulp, en oor die wolke in Sy Hoogheid.

27 Die Elohey van die voortyd is [julle] skuilplek, onder uitgespreide - ewige Arms; en Hy het die vyand voor jou verdryf en gesê: Verdelg!

28 So het JisraEl dan veilig gaan woon, die bron van Jakob in afsondering, in ’n Aarde van koring en druiwesap; ja, Sy Hemele laat Dou afdrup.

29 Geseënd is jy, o JisraEl! Wie is soos jy? ’n Volk wat deur JaHWeH verlos is, die Skild van jou hulp en wat die Swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande hulle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.

Vertel hierdie huise om hierdie seëninge te onthou, elke seëning vir elke huis, en selfs vir daardie huise wat skynbaar verlore gegaan het van hierdie eerste huise van Israel, sê aan dié huise om hul seëninge te ONTHOU!

Sê vir hulle dat soos wat Miriam eens haar kind laat dryf het om gevind te word deur 'n Dogter van Farao, so het Ek My Huis van Israel laat dryf in hierdie wêreld om uiteindelik na My toe terug te keer.

EK IS WAT EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205