EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 190

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 190 van Elohim aan Lukaas van Hout op 3 Julie 2014

 

"Geliefdes, het Ek nie vir julle gesê nie, of het julle My woorde al so gou vergeet, woorde wat deur hierdie dienaar aan julle gegee is, naamlik dat Ek die rede (redenasie) van die verstande sal verwyder van hulle wat My Huis van Israel en My Dogter van Sion onderdruk, beide binne en buite die grense van My Suid-Afrika?"

"Maar tog roep julle nog steeds na die mens om julle te red uit hierdie dreigende verdoemenis"

"Maar nog steeds roep julle uit na mekaar vir julle redding"

"Maar nog steeds kyk julle na leiers van die mens instede van na My, EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge!"

"Wend julle aangesigte nou na My!"

"Wend julle harte nou na My!"

"Alles wat julle is, gee dit vir My en wend julle na My, EK IS wat EK IS, EK IS die Ha-Aryei Mishevet Yehudah, die enigste Ha-Aryei Mishevet Yehudah, die Leeu van Juda!"

"Kan julle nie onthou nie of het julle al vergeet dat Ek gesê het dat Ek julle sal verlos, soos wat Ek julle belowe het deur daardie profete wie Ek lank gelede aan julle gestuur het en hulle wie Ek het in hierdie tye aan julle gestuur het!"

"Kyk na kinders wat speel, hulle gee nie om nie en ook oorweeg hulle nie die ellende en die probleme van hierdie wêreld soos julle nie!"

"My geliefdes, wees soos hierdie kinders en weet dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle sal verlos soos wat Ek julle belowe het Ek sal."

"Julle moet My nou soek in al julle aangeleenthede in hierdie tye!"

"Julle moet die antwoorde van My soek en Ek, EK IS wat EK IS, Ne'eman V'Yashar, getroue en waaragtige een, die enigste Ne'eman V'Yashar, Ek sal julle hoor en Ek sal julle antwoord!"

"Het Ek Moses nie deur sy kinderjare beveilig met die teenwoordigheid van sy eie moeder, Miriam, nie?"

"En so sal Ek julle beskerm tot aan die tye van die herstel, soos wat Ek julle beloof het!"

"Ek sal julle in al julle bekommernisse lei soos wat julle jul eie kinders in al hul bekommernisse lei!"

"Wend julle aangesigte nou SLEGS na My!"

"Wend julle harte nou SLEGS na My, en Ek, Ne'eman V'Yashar, Getroue en waaragtige een, Ek sal julle lei na die beloofde land van herstel."

"Wend julle aangesigte nou SLEGS na My!"

"Wend julle harte nou SLEGS na My, en Ek sal daar wees soos wat Miriam daar was vir haar kind, Moses."

"Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en hierdie woorde diep deurdink dat Ek die rede sal verwyder vanuit die verstande van hulle wat julle so verdruk, soos wat Ek vir julle gesê het dat Ek dit sal doen."

"Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en dit diep deurdink dat hulle rede meer en meer met elke verbygaande dag sal misluk en soos wat die plaag van duisternis oor Egipte geval het, so sal die plaag van geestelike duisternis van die verlies van hul rede, voortgaan binne en buite hierdie Huis van Farao wat My volk so onderdruk."

"Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en dit diep deurdink dat hierdie plaag van duisternis die hele Huis van Farao in My Suid-Afrika sal tref, selfs tot by die laagste beampte sal die rede wat My Heilige Gees hulle gegee het, vertrek van hulle af, en hul foute en hul onvermoë om te redeneer sal selfs hul eie mense verstom.”

"Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en dit diep deurdink dat hierdie dinge so moet wees om die woorde van die profete te vervul tot by die tye van herstel."

"Die verlies van hul redenasie is die begin van die benoudheid wat hierdie winter sal bring, hierdie winter waaroor julle gewaarsku is deur die profete tot aan hierdie tye, 'n winter van bitter koue en nie net 'n winter van geestelike koudheid nie, maar ook 'n bitter koue winter van die natuur en alles wat dit meebring.”

"My woorde leef en My woorde is waaragtig en My woorde sal vervul word soos wat Ek met julle gespreek het deur My profete en almal wie Ek na julle gestuur het!"

" EK IS wat EK IS, Ehyeh Asher Ehyeh!"


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205