EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 22 aan Lukaas Van Hout op 26 September 2013

Jy mag nie gaan nie Lukaas, Ek het meer woorde wat jy moet neerskryf om aan My volk oor te dra. Kom na My toe, kinders, kom sit en gesels met My soos wat julle met enige vader sou doen wat julle so liefhet. Ek het so baie om met julle te deel deur My dienaars wat My woorde aan julle spreek en skryf, maar hulle is min vir hierdie groot oes. Tog is Ek, EK IS wat EK IS besig om nog meer op te wek om My woorde aan julle te spreek en te skryf. Skryf Lukaas, en skryf die woorde wat Ek in jou hart plaas om te skryf en hierdie woorde wat Ek nou vir jou gee om te skryf is vir hierdie stam van Israel, die Boere. My kinders, Ek is lief vir julle! Is julle nog steeds so sonder geloof dat julle nie weet dat Ek in alles woon wat was, is en sal wees op enige gegewe tyd nie? Ek ken julle behoeftes, elkeen daarvan! Ek het julle behoeftes nog altyd geken en het julle altyd gewys dat Ek hierdie behoeftes ken. Ek vra julle net om My te vertrou en in My te glo en dat deur My, soos wat Ek julle deur die eeue heen gewys het, alle dinge deur My moontlik is en dat deur My geen ding onmoontlik is nie. Daar is geen ding buite My bereik wat Ek nie bereid is om vir julle te doen nie en om julle te wys en om julle te leer in hierdie reis en in die finale reis na My koninkryk toe, wanneer Ek julle dan tuis sal verwelkom en in die nuwe wêreld wat sal kom. Ek het soveel vir julle beplan gedurende daardie tyd. Ek is reeds saam met julle gedurende daardie tyd, ja, Ek is reeds by julle gedurende daardie tye en selfs na die millennium koninkryk wanneer alles nuut gemaak sal word. JA! EK IS wat EK IS, is terselfdertyd met julle almal en was nog altyd in die verlede saam met julle, ook in die hede en in die toekoms. Ek sien en weet alles wat was, is, wat sal kom en anderkant dit wat sal kom! Vertrou My, en weet dat tot selfs die kleinste van die dinge wat julle dink Ek in staat is, groter dinge Ek vir julle berei het in die tye wat moet kom en daarna en met elke verbygaande millennium en elke verbygaande eon en anderkant die eons sal Ek voortgaan om groter openbaringe aan julle te toon, elke keer groter as voorheen. Gedurende daardie tye sal Ons Onsself saam verlustig in hierdie openbaringe en waarhede wat nog moet kom. Vertrou My, glo in My, gehoorsaam My en wees lief vir My en al hierdie dinge en nog baie meer sal plaasvind en dit sal plaasvind in 'n tyd waar hierdie lewe nie meer aan gedink sal word nie! My kinders, My Boere, julle het julle ver van My afgeskei. Daaglikse stry julle oor die korrekte Naam, die korrekte geskrewe Woord, die korrekte interpretasie. Watter groep dien die regte manier, al hierdie dinge het Ek, julle liefdevolle Vader, wat in julle hart woon, en altyd saam met julle is, vir julle gevra om dit aan My te gee, ALLES DAARVAN, al julle twis, hartseer, woede, geskille en enige ander saak, gee dit vir My! Ek sal dit vir julle oplos en julle in julle harte wys wat vir My verblydend is. Vertrou My om dit vir julle te doen. Julle kan dit nie doen sonder dat My Heilige Gees julle harte oopmaak en hulle voorberei vir hierdie openbaringe en waarhede nie. Julle ken reeds My woord, julle weet reeds van die tye wat kom. Dit is My wil dat julle voortgaan om voor te berei en betrokke te raak met hierdie geestelike voorbereidings en om MY TE VERTROU en die res AAN MY oor te laat! Stry nie meer van hierdie dag af oor wat die regte Naam is vir My of wat die regte boek is nie, gee al hierdie twiste vir My en Ek belowe julle, EK IS wat EK IS beloof julle, dat Ek al hierdie dinge vir julle sal skik. Van hierdie dag af aan, kom ywerig na My toe in gebed, op soek na My Heilige Gees om julle harte voor te berei vir My waarhede en openbaringe. Weet dat in die tye wat kom, wanneer Ek julle na die vele plekke van vlug sal neem, bekend en onbekend aan julle, dat dit daar is waar Ek al hierdie dinge vir julle sal wys en die waarhede van die dinge waarna julle soek. Gedurende daardie tye en in daardie plekke van vlug, sal Ek by julle woon en dit sal julle en Ek, EK IS wat EK IS wees, deur allerlei bodes, waar ons met mekaar in liefde sal redeneer om by hierdie waarhede en die kennis van dit waarna julle soek oor My, uit te kom. Kom in My omhelsing in, My kinders, My Boere, woon in My liefde en weet dat Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, reeds met julle is in daardie plekke van vlug en Ek wag net op julle aankoms, sodat julle julleself kan verlustig in die kennis van die vele waarhede wat Ek vir julle voorberei het om te ontvang. Onthou, liewe kinders, waarheen julle ookal wil gaan in My Naam, EK IS wat EK IS, is en sal altyd wees, reeds daar, wagtend vir julle!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205