EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 24 aan Lukaas Van Hout op 27 September 2013

Skryf Lukaas, skryf, alhoewel hierdie woorde groot nood en ontsteltenis sal bring vir julle. Julle beproewinge en verdrukking is net die begin van hierdie geestelike stryd tussen skeppings. Skryf hierdie woorde aan My volk, My volk van Suid-Afrika, skryf aan hulle, die Afrikaner, die Boer en die hele volk, skryf aan hulle die woorde wat Ek nou vir jou gee om te skryf en gedurende die tye wat moet kom, tot op die dag wanneer Ek julle sal neem vanuit die mens. Hierdie woorde wat Ek jou gegee het om te skryf, nou en in die tye wat kom, sal baie wees, sommige om My volk te bemoedig, sommige om My volk te vermaan, sommige om hulle te herinner aan die profesieë deur My profete en uiteindelik, sommige, erge woorde van oordeel of veroordeling van My, EK IS wat EK IS. Dit moet so wees Lukaas, alhoewel Ek weet hoe jy daaroor treur, tog weet Ek ook dat alles wat Ek jou gevra het om te doen, jy dit gedoen het, en in alle dinge het jy altyd gepoog om My wil te doen. In al hierdie dinge was jy gekies, omdat jy van 'n ander land gekom het en in al hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS vir jou gegee het om aan My volk te skryf, het jy geskryf, wetende dat vele dit sou teenstaan, veroordeel, kritiseer en jou uitwerp omdat jy van 'n ander land af kom. Dit was maklik vir hulle om hulle valse opvattings van hul onbaatsugtigheid na te volg in sake wat hulle dink slegs aan hulle behoort. Dit was My doel. Ek weet dat jy vreesloos is in alles wat jy vir My doen in My Naam. Ek het jou hierdie vreeslose hart gegee toe Satan probeer het om jou te verdruk en elke keer wat hy jou verdruk het, het jy altyd uitgeroep na My. Dit was Ek, Lukaas, Ek, EK IS wat EK IS, wat die hart wat jy nou het, vervolmaak het om My te dien in My wil vir My volk. Ek het geweet dat, afgesien van die feit dat jy geweet het wat sou gebeur toe Ek jou hierdie dinge gewys het aan die begin van hierdie reis, jy dit bevestig het en ingestem om My wil getrou te doen. So het Ek, EK IS wat EK IS jou op jou voormalige pad beskerm van alle dinge en het Ek jou nou gebring na die plek wat Ek jou so lank gelede gewys het, alhoewel jy dit nie gedurende daardie tyd verstaan het nie en gedurende jou reis het Ek, EK IS wat EK IS herinneringe in werking gestel wat Ek vir jou ingegee het, sodat jy hierdie hawe en heiligdom sou herken wanneer Ek jou in hulle hand sou oorhandig, hierdie plek, My Dogter van Sion, het Ek teer en deeglik voorberei vir jou en baie, baie ander vir My doeleindes in alles wat Ek aan jou sal toon deur hierdie wagters van My volk. Berei julle voor My volk, berei julle voor My Afrikaner, berei julle voor My Boere, want Ek, EK IS wat EK IS, EK sal aan Lukaas die volgende deel van sy reis gee. Berei julle harte voor deur My Heilige Gees om al hierdie woorde te hoor, te verstaan en te interpreteer wat Ek met Lukaas in sy hart sal spreek om aan julle te skryf, of om te spreek soos wat Ek hom sal beveel om te spreek gedurende daardie tye wanneer My Heilige Gees My woorde deur hom sal spreek. Onthou My kinders, onthou, onthou, en onthou, hierdie is MY DIENSKNEG, MY BOODSKAPPER, MY MOND EN HANDE OM DEEGLIK TE SPREEK EN TE SKRYF soos deur die Heilige Gees gelei en hierdie man is Myne! Hy sal My wil doen in alles wat Ek hom vra om te doen en alhoewel sommige boodskappe so vuurwarm soos 'n versengende brandyster kan wees, soek diep na My liefde vir julle in elkeen van hulle. EK IS wat EK IS het die siftingsproses begin en Lukaas is slegs een ONDER VELE ANDER wat sal spreek en skryf wanneer My Gees hulle sal lei om al My woorde te spreek en te skryf wat Ek vir julle sal hê vir hierdie volgende reis, hierdie toets van vuur in die oond van My smelkroes, om julle te verfyn tot geestelike goud, geestelike goud wat so suiwer sal wees dat dit soos deurskynende goud sal wees, so suiwer sal julle gees wees. Onthou hierdie nederige dienaar Lukaas, aan wie Ek My liefde vir julle getoon het en hy was slegs in staat om 'n klein deel van My liefde te dra. Hy is slegs die boodskapper om My wil te doen soos wat Ek hom toon om te doen. Wees lief vir hom, sorg vir hom, want sy reis is asof kaalvoet op 'n pad van dorings. Tog sal hy altyd My wil doen tot sy laaste asemteug, so groot is sy liefde vir My volk en met elke hou en vervloeking sal sy liefde vir My volk meer en meer toeneem. Hy was geroep en is aan die Boere gestuur vir My doeleindes, maar tog sal die woorde wat Ek aan hom sal gee om te skryf gedurende die tye wat kom, soos ook gedurende die tye wat verby is, wees vir ander soos wat dit Ek mag kies. Berei voor My volk, berei vir die woorde wat moet kom. EK IS wat EK IS, en hoewel sommige van hierdie woorde sal wees soos 'n vuurstorm van vuurstorms om julle te reinig, weet dat Ek, EK IS wat EK IS, met julle is om ook hierdie woorde te dra! EK IS sal met julle wees deur al die dinge gedurende hierdie tye wat sal kom en sal deel in al hierdie laste. Onthou, gee al hierdie laste vir My, Ek sal dit vir julle dra soos wat Ek gedoen het op Golgota, en vertrou My, EK IS wat EK IS om julle te reinig en voor te berei om te staan in die dag van onheil, 'n dag so boos, dat as daardie tye nie verkort sou word nie, baie sal val, so groot is die boosheid van demoniese geeste deur die mensdom wat sal kom. Berei voor, EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205