EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 27 aan Lukaas Van Hout op 27 September 2013

Hoekom is julle so verskrik en verontwaardig oor My werke? Hoekom grief julle My gees wat voortdurend pleit met julle harte om oop te maak vir My lig? Waarom staan julle in die oordeel van diegene wat deur MY, EK IS gestuur is?

Het julle nie My woorde gelees nie, My lewende woorde deur My gespreek as JaHshua nie? Het Ek julle vaders nie vertel dat die oordeel Myne is nie en dat Ek, EK IS wat EK IS sal vergeld nie? Tog het julle dieselfde gedoen as Satan, toe hy daarna gestreef het om My troon in sy nietigheid te bestyg en in sy nietigheid was boosheid gebore en nou soek julle dieselfde! Luister My kinders, luister na My Gees! Het Ek julle nie belowe dat My Heilige Gees alles sal openbaar en in alle dinge spreek My Heilige Gees vir My om aan julle alles te gee wat julle nodig het wanneer julle harte oop is vir My nie! Ek het baie na julle deure gestuur, net om hulle geslote te vind vir hulle wat Ek sorgvuldig gekies en probeer vervolmaak het. Elkeen wat deur My gekies is vir elkeen van julle en julle het hulle uitgewerp en in julle ongelowigheid het julle My en My krag ontken, My, EK IS wat EK IS, die Skepper van alle dinge wat was, is en sal wees en bo die ewigheid van ewighede, so sal Ek en My woord, lewend, gesproke en geskrewe wees soos wat dit was vanaf die begin af, toe uit My mond, die woorde vir die eerste keer gespreek is! Het julle My nie met julle eie oë gelees of gesien deur My skepping nie? Het julle nie gelees of gesien dat Ek alle dinge in My hand hou en alle dinge Myne is om te doen soos wat Ek behaag nie! Kan julle 'n ster in die vakuum van die ruimte hang, 'n ster, 'n volmaakte saamgesmelte reaktor, om lig en lewe te bring aan al My wêrelde wat deur My geskape is? Kan julle, uit die niks van die vakuum van die ruimte, 'n sterrestelsel laat ontstaan wat begin en groei vanuit sy kern vanuit niks? Weet julle nie dat dit Ek, Ek IS wat EK IS, is wat die heelal bind en alles wat daarmee saam is, in perfekte harmonie hou nie? Nou hoekom bevraagteken julle My vermoë om diegene onder MY VOLK te vind wat Ek vir julle met die grootste liefde en sorg voorberei het, sodat julle vele liggame van gelowiges gestig kan word en deur middel van hierdie werke My lig, My baken van lig helderder sal skyn in die gees as enige ster! Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, pleit vandag by julle, hierdie dag van alle dae pleit Ek met julle oor My liefde in hierdie sake. Vrees hulle nie wat deur die bose een gestuur is nie! Ek sal hulle aan julle openbaar as julle My net sal vertrou om dit te doen! Ek het baie ligte om regdeur julle hele wêreld te stuur en elkeen, soos wat Ek vir julle gesê het, is verhoor, getoets en vervolmaak om My wil te doen soos wat Ek hulle wys om te doen. Laat los, My kinders, laat los julle verontwaardiging, jaloesie en griewe, deurdat julle dink dat Ek een bo die ander sal begunstig. Open julle harte om diegene te ontvang wat Ek vir julle voorberei het, sodat julle almal kan deel in hierdie wonderlike werke wat deur julle gedoen gaan word vir My volk. As julle nie kan nie, of weier om julle harte vir My oop te maak om hulle te ontvang wat Ek aan julle sal stuur, dan sal My gees van julle wyk en hierdie deure sal sluit. Dit is nie My wil om hierdie deure te sluit nie. Dit is deur julle eie uitdaging in My aangesig en deur julle eie minagting van My uitverkorenes dat hierdie deure sal toemaak deur julle eie toedoen. Onthou julle nie My waarskuwing om nie My Heilige Gees te bedroef nie? Selfs Moses, wat in onkunde en onder die valse gode van Egipte grootgemaak is, het My stem geken en in die woestyn van Midian het hy My lig in die berg gesien. En toe hy die berg opgeklim en na die brandende bos gekyk het, het hy My geken en sonder om te twyfel sy skoene op My bevel afgeruk van sy voete en het hy op sy gesig in My teenwoordigheid neergeval. En hoe het hy My geken? En hoe het al hierdie ander My geken en My geglo? Hulle het My geken deur hulle gehoorsaamheid aan My en hul liefde vir die waarheid in die leer en soeke in My woord na groter begrippe soos wat hulle gelei is deur My Heilige Gees. Dit is dieselfde Heilige Gees, dieselfde vandag as wat dit gister was en vir ewig sal wees in die tye wat kom, dieselfde, vrylik bied Ek My Heilige Gees aan julle en vrylik sal Ek aan almal gee wat enigiets sal vra wat My Heilige Gees in hulle harte sal plaas om aan My vra, so sal Ek gee en het reeds gegee, as julle maar net wil glo, uitreik en hierdie gawes aanvaar wat Ek vir so lank in My hande vir julle gehou het. Wanneer julle glo, glo waarlik, wanneer julle alles oorgee, gee werklik alles oor aan My en My liefde en Ek sal julle My Heilige Gees gee om aan julle hart al die antwoorde wat julle soek, te openbaar, selfs om die bose mense onder julle volk te onderskei. EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader. Vertrou My!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205