EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 51 aan Lukaas Van Hout op 11 Oktober 2013

EK IS!

So Ek sê aan julle op hierdie dag, julle wat My huis van Israel vervloek, julle wat My arbeiders vervloek, julle wat die werke van hul hande vervloek, al hierdie dienaars van My, almal van hulle is MYNE!, MYNE!, MYNE! Onthou julle nie My woorde nie? Onthou julle nie al die waarskuwings wat Ek aan die mensdom gegee het ten opsigte van My huis van Israel en waar hulle ookal gevind sal word nie, selfs My Dogters van Sion? Onthou julle nie My woorde dat Ek diegene sal seën wat die huise van Israel seën en diegene vervloek wat hierdie huise van Israel vervloek? Het julle My woorde vergeet dat Ek, EK IS wat EK IS jaloers is op My volk? Tog vervloek julle hulle, tog oordeel julle hulle, met die eng begrip van `n mens vervloek en oordeel julle hulle en hulle werke. Sowaar as wat Ek leef en soos wat Ek, EK IS wat EK IS nog altyd sonder begin of einde geleef het, sê Ek aan julle op hierdie dag, dat julle nie gehoor gegee het aan My waarskuwings nie, julle het nie geluister na die sagte fluistering van My Heilige Gees in julle harte nie, verduisterde harte wat poog om boosheid te doen in My Naam, IN MY NAAM soek julle om boosheid te doen en vervloek julle My kinders. In My Naam en in My woorde vervloek julle My kinders! EK IS wat EK IS sal julle woorde laat terugkeer. Ek IS wat EK IS sal julle woorde en julle oordele en julle vervloekinge na julle laat terugkeer en al julle vervloekinge sal op julleself kom. So sal julle EK IS wat EK IS ken deur hierdie vervloekinge, deur julle eie lippe gespreek, wanneer dit na julle sal kom, dan sal julle My Naam ken! Dan sal julle julle knie buig voor My en sonder ophou sal julle voor My bely. In daardie uur en in daardie tyd, tensy julle bekeer en vergifnis soek, sal julle uitgegooi word uit die hemele. Ek IS wat EK IS, vrees die boosheid wat julle in My Naam gedoen het en My woorde wat valslik gebruik is vir boosheid, want dit sal dan na julle toe terugkeer en in hierdie lewe sal dit na julle toe terugkeer en almal wat dit sal sien, sal bewe en weet dat EK IS wat EK IS julle werke aan julle teruggestuur het en terugstuur sal Ek, sewevoudig!

EK IS!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205