EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 52 aan Lukaas Van Hout op 11 Oktober 2013

Dogter van Sion, Berg Sion, haal vrylik asem en wees vol vrede. EK IS wat EK IS, Ek ken julle beproewinge en Ek ken julle verdrukkings, almal daarvan. Onthou om My woorde te oorweeg wat aan julle gegee is! Baie antwoorde op die vrae waarna julle soek, sal daarin gevind word. Ek het vir julle baie beproewinge en verdrukkings gegee en Ek het selfs versoekings aan julle gegee om julle te toets en om julle te verfyn, sodat almal van julle My liefde kan reflekteer in alle dinge wat Ek in julle kamp toegelaat het om julle te versterk vir die tye wat sal kom. In die tye wat kom, sal slegs julle geloof in My, wat Ek sal verhoog deur My Heilige Gees, julle verlos op al maniere wat Ek in julle hart sal plaas om julle te red. Al julle behoeftes, bekommernisse en vrae moet julle altyd na My bring in gebed, ALLE DINGE en Ek, EK IS wat EK IS sal julle antwoord soos wat Ek julle deur My ander woorde en seëninge getoon het, wat Ek onder julle uitgestort het! Ek sal julle altyd antwoord en voortgaan om julle in alles te voorsien wat julle nodig sal hê in woeste en verlate tye wat sal kom en hierin moet julle geloof volkome wees, selfs al blyk die tye wat gaan kom, julle te verswelg en om julle onder te kry, moet julle standvastig bly in die geloof in My, EK IS wat EK IS, om alles te doen vir julle. Wees nie soos die huis van Israel van ouds wat 'n koning in plek van My gekies het nie en in My aangesig het hulle gespreek, begerig vir 'n koning van mense eerder as Ek, Ek IS wat EK IS. Nietemin het Ek hulle hulle koning gegee en hulle geskiedenis staan nou vir alle tye vir almal wat hierdie kennis soek, hoe konings van mense hul eie eer dien, selfs diegene wat My Naam geken het. In hierdie tye wat kom, moet julle altyd glo dat EK IS wat EK IS met julle is en vir julle sal voorsien soos wat Ek gesê het Ek sal. Hou vas aan My! Ek het toegelaat dat die waarskuwings in My woorde van hulle wat vir julle sal vervloek, beide binne en buite julle kamp sal slaag in klein dingetjies. Julle het gesien hoedat hierdie dinge gebeur en dit is slegs klein dingetjies om julle te herinner aan hulle wat julle vervloek en dat hulle wat julle in hierdie klein dingetjies vervloek, julle in nog groter dinge sal vervloek! Onthou My instruksies in My woorde aan julle! Wanneer julle van hierdie vervloekinge hoor, bid dag en nag tot My en wanneer julle hoor van hierdie vervloekinge, bid tot My vir julle verlossing en vir hulle wat julle vervloek, want onbekend aan julle, word selfs groter vervloekinge voorberei teen julle en julle werke. Nie net van woorde nie, maar ook dade en hierdie gebede tot My moet oombliklik wees wanneer hulle, wat deur die bose een gestuur is om julle te vervloek, begin om julle te vervloek. Julle moet nie toelaat dat 'n sekonde in hierdie gebede verbygaan wanneer julle van hierdie vloeke hoor nie en julle moet onmiddellik bid teen hierdie vloeke! Dogter van Sion, berei voor om die antwoord te ontvang vir die nood wat julle bedroef. Dit sal kom en sal in meer maniere kom as wat julle kan dink. Dit is om julle te wys dat hierdie woorde waaragtig is, dat julle werke en mense geseën is deur My, EK IS wat EK IS en dat julle geloof verhoog sal word om My hand so onverwags in hierdie seëninge te sien werk, so onverwags sal die bronne van hierdie seëninge wees. EK IS wat EK IS en EK IS glimlag in die voorkennis van wat Ek vir julle, Dogter van Sion in hierdie seëninge voorberei het. EK IS in alle dinge.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205