EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 55 aan Lukaas Van Hout op 16 Oktober 2013

Skryf hierdie woorde van EK IS aan die berg van My stad, Filadelfia. Was dit nie Ek, EK IS wat EK IS wat julle gelei het na hierdie naam, Filadelfia, My stad, My Dogter van Sion, nie? Die stad van broederlike liefde en 'n stad van broederlike liefde moet julle in alle dinge wees en in alle dinge moet julle liefhê, My liefde waarmee Ek julle harte sal vervul, waarmee Ek deur die Goddelike krag van die Heilige Gees julle harte sal vervul met My liefde, 'n groot liefde, 'n liefde waarteen geen boosheid sal staan nie! Hierdie berg is hierdie liefde, 'n berg van liefde sal Ek gee aan al diegene wat in hierdie kamp woon, wanneer hulle dit in alle opregtheid en nederigheid van hart, gees en siel sal soek, sal Ek, Ek IS wat EK IS hierdie liefde gee. Bose, ellendige dae sal op julle wees, te midde van die seëninge wat Ek sal voortgaan om oor julle uit te stort. Hierdie liefde wat Ek aan julle sal gee, sal My krag wees, Ek IS wat EK IS deur julle om hierdie bose aanvalle te weerstaan wat voor die deur is. Staan vas in hierdie liefde, seën hulle wat julle vervloek, en bid vir hulle wat julle met alle middele beskikbaar sal aanval, want hulle berei 'n groot boosheid van woorde en dade voor. Met elke aanval moet julle aan hulle goeie wense gee. Wens aan hulle en hulle huise My seëninge toe en ook aan almal wat saam met hulle is, moet julle dit ook toewens! Vrees nie, wees nie ontsteld nie, en laat julle harte nie bedroef word nie! EK IS wat EK IS het groot beproewinge en swaarkry toegelaat om julle voor te berei vir wat gaan kom, soos wat aan julle voorspel is deur die profete wat Ek lank gelede na die land gestuur het. Dit is om julle die geloof te gee wat julle nodig sal hê in daardie dae en in daardie tyd. Selfs nou, wanneer hierdie groot booshede oor julle gaan kom, moet julle lofliedere van dankbaarheid sing en gebede van feesvieringe bid vir die groot oorwinnings wat Ek, EK IS wat EK IS julle mee gaan verras wanneer hierdie aanvalle sal staak. Hierdie aanvalle het Ek, EK IS wat EK IS toegelaat, sodat julle naam regdeur die land bekend sal word en meer as wat julle julleself kan indink, sal julle naam bekend word, en Ek sal julle seën deur die baie, baie mense wat julle naam sal leer ken deur hierdie aanvalle. Met elke aanval moet julle doen soos wat Ek julle beveel het, gebede, dank- en lofliedere vir julle oorwinnings, al lyk dit ver weg wanneer julle ly tydens hierdie aanvalle wat sal begin. Onthou My, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS, het groot seëninge voorberei vir julle en julle kamp wanneer hierdie aanvalle sal staak. Onthou My vorige woorde toe Ek gespreek het van seëninge wat na julle toe sal kom en dat Ek, EK IS wat EK IS vir julle gesê het dat Ek glimlag vir die verrassing wat hierdie seëninge sal bring? Daardie seëninge het na julle kamp gekom en almal wat hierdie seëninge ontvang het, was verbaas en het saam met My geglimlag soos wat Ek geglimlag het. EK IS wat EK IS, Ek sal altyd met julle wees deur woorde, liedere, gebede en enige ander manier wat sal Ek kies om te wees, selfs in die voëls van die hemel sal EK IS wat EK IS met julle wees om deur hulle te sing van My liefde vir julle. Kleine kinders, Ek is so lief vir julle, onthou EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205