EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 58 aan Lukaas van Hout op 18 Oktober 2013

Julle het gehoor, julle het gelees dat deur My Heilige Gees het Ek, EK IS wat EK IS julle liefgehad en sedert My tyd as JaHshua, toe Ek My hemelse koninkryk verlaat het, liefdevol onder julle gewandel en die boete vir die sondes van die wêreld betaal het met My eie lewe, het Ek, EK IS wat EK IS julle liefgehad, kinders van die mens! Ek, EK IS wat EK IS het My liefde en genade uitgestort oor julle sodat julle My en My liefde kon leer ken. Op My knieë, ja op My knieë het Ek, EK IS wat EK IS, julle Skepper, in alle nederigheid met julle harte gepleit deur My Heilige Gees. Op My knieë het Ek julle gesmeek, ja julle gesmeek om My liefde en genade te ontvang, ja Ek, EK IS wat EK IS het julle gesmeek en Myself verneder voor julle as julle liefdevolle Vader om My liefde en genade te ontvang.

Dit is geskryf met betrekking tot die tye wat gaan kom, die tye wat gaan kom wanneer My Heilige Gees, wat met julle harte pleit om julle te laat omdraai na My toe, onttrek sal word uit die mensdom. Dit is deur die eeue heen geskryf op elke moontlike manier en wyse wat Ek kon kry om julle te waarsku van hierdie tye wat gaan kom. Dit is nou op julle en soos wat Ek julle gewaarsku het, sal Ek, EK IS wat EK IS nie meer op My knieë bly voor julle nie, om My te verneder om by julle te pleit om My redding te aanvaar sodat julle gespaar mag word van die komende oordele, veroordelings en wraak wat gaan kom nie, want dit sal kom vanuit My eie hand en vanuit die monde en hande van diegene van die mensdom wat gekies is om dit aan julle te gee soos wat Ek dit nou sal doen. Dit is My wil, EK IS wat EK IS wil dit so! Ek sal nou opstaan in hierdie en in die tye wat gaan kom en die wêreld sal nie meer onder My genade en liefde wees nie, behalwe diegene wat My verlossing so vrylik ontvang het, wat so sag en so liefdevol vir die mensdom aangebied was sedert Ek die eerste keer die asem van die lewe in sy liggaam geblaas het en die mens in My wil begin lewe het. MY WIL! Ek het julle so liefgehad! Dit was My wil dat nie een moet vergaan nie, so groot is My liefde vir die mensdom! Vir te lank was Ek, EK IS wat EK IS, Skepper van alles wat was, is en is nog sal wees, getuie van die lyding van My volk, elkeen in hul eie lewens, oomblik vir oomblik het Ek al hul pyn en lyding gedra en in 'n oomblik het Ek al die pyn en lyding van die mensdom alles op een slag omvergewerp en alles op een slag verduur Ek, EK IS wat EK IS elke pyn en elke enkele lyding en elke enkele dood wat ooit was, is en sal wees, toe, nou, in die tye wat nog moet kom en uiteindelik by die oordeel van die mensdom en die nasies sal Ek hierdie lyding vir julle dra. Julle het gelees en julle het gehoor dat in hierdie en in die tye wat sal kom, Ek, EK IS wat EK IS sal opstaan vir My volk soos wat Ek gedoen het in die dae van ouds en Ek sal dit doen. Dit is My wil om so te doen. Nie meer sal die mensdom 'n Elohim van liefde en genade sien nie, behalwe vir My gereddenes, want hulle sal steeds onder My liefde en genade voortgaan soos wat Ek belowe het om almal wat My soek en ontvang, te spaar van die naderende oordele, veroordelings en wraak wat nou oor die mensdom en die wêreld gaan kom. Julle het gelees en gehoor van die sifting wat gaan kom en hierdie sifting van die harte van die mensdom sal vinnig en verseker wees en met 'n vurige swaard van geregtigheid van My woorde sal die mensdom van My af gesif word. Hulle wat nou en later onder My Naam kom en My woorde spreek en skryf, sal My woorde met groot krag en gesag spreek en skryf. Hierdie wie Ek, EK IS wat EK IS sal stuur, sal die harte, geeste en siele van die mensdom uitmekaar sny met My woorde wat Ek aan hulle sal gee om te spreek en te skryf en sal niemand spaar nie. Hierdie gestuurdes van My sal nie vrees om in die gemeentes op te staan en waar Ek hulle ookal sal vra om op te staan om My wraak, veroordelings en oordele vir die mensdom uit te spreek nie. Ek sal hul harte versterk om onverskrokke vir My te spreek en te skryf en onverskrokke sal hulle spreek en skryf. In hierdie, ja, al hierdie woorde en geskrifte sal hulle veel verontwaardiging opwek van diegene van die wêreld en hulle wat My valslik gevolg het vir hul eie selfsugtige begeertes en luste van hulle harte vir persoonlike gewin. Baie sal doodgemaak word omdat hulle My woorde gespreek en geskryf het, tog sal Ek, EK IS wat EK IS vir elke een wat vermoor word, selfs nog meer opwek om My woorde te spreek en te skryf, met selfs groter woede teen die mensdom en met 'n woede, My woede en die onverskrokke harte wat Ek aan hulle sal gee, sal hulle hierdie woorde spreek en skryf, so groot is My toorn teen die boosheid van die mensdom. Selfs wanneer hulle gedood word, sal hulle My woorde spreek en skryf en in die uur van hul dood sal Ek, EK IS wat EK IS My woede uitskreeu vanaf hul lippe. Ek sal opstaan in wraak en woede. In woede en wraak sal Ek, EK IS wat EK IS opstaan en diegene swaar straf wat My weer en weer in My gesig uitgedaag het en My op elke moontlike manier en wyse My in My gesig verag het. Selfs nou, in die bose verbeelding van hul bedorwe harte van enige denkbare soort nietigheid en boosheid, skep en vind hulle nog nuwe weë en maniere om MY uit te daag. Ek, EK IS wat EK IS sal opstaan en Ek sal opstaan met 'n wraak en woede oor almal van hulle en deur almal van hulle sal die wêreld My ken, EK IS wat EK IS! As dit nie was vir die verseëling van My volk aan My deur My Heilige Gees nie, sal hulle ook vergaan het, so groot is My woede, My toorn en My grimmigheid teen hulle van die mensdom wat die Satan dien, die eerste moordenaar en die eerste leuenaar wat die dood in bestaan gebring het, toe hy en sy leërskare teen My gerebelleer het in die koninkryk van die hemele. Hy en sy leërskare wat soveel verwoesting bewerk het, vernietiging wat Ek nog berouvol nie van wil spreek nie, so groot was die vernietiging en rebellie wat bewerk is deur sy bose verbeelding en sy hande wat aanmatigend en vir sy eiegeregtigheid in die minagting van My wet, ingemeng het in My koninkryk. Julle wat My oordeel, julle wat My eng oorweeg, julle het in My gesig gespuug toe Ek smekend op My knieë met julle gepleit het om julle af te wend van julle boosheid, en om My liefde te ontvang, julle sal nou My wraak, woede en grimmigheid ontvang. Julle het gelees en julle het gehoor dat EK IS wat EK IS gesê het dat die wraak Myne is en dat Ek sal vergeld en vergeld sal Ek vir die grootste wonde wat julle My kinders toegedien het en vir kleinste wonde wat julle My kinders toegedien het en vir die mees walglike, vuil woorde wat julle met julle verdraaide, leuenagtige tonge aan My volk gespreek het, sodat die geringste van hierdie woorde deur My, EK IS wat EK IS vergeld sal word, selfs vir die mees infinitesimale deeltjies van julle boosheid sal Ek, EK IS wat EK IS vergeld!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205