EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 66 aan Lukaas van Hout op 28 Oktober 2013

Die sorge van vandag wat julle dink môre sal beïnvloed, is van geen waarde nie, want wat gaan kom, is net die begin van die smarte en die dinge wat vandag vir julle belangrik is, sal geen betekenis of invloed hê op die tye wat gaan kom nie. EK IS wat EK IS, hoeveel meer woorde het julle nodig? Hoeveel keer nog en op hoeveel meer maniere moet Ek, EK IS wat EK IS julle waarsku en vertel van hierdie dinge? Tog wil julle nie luister nie en gaan voort met julle lewens, al breek die water oor die boog van julle sinkende skepe! Genoeg woorde en genoeg waarskuwings is reeds aan julle gegee! Soek nou julle geloof en soek julle vertroue in My, EK IS wat EK IS, met al die ywer van julle hart, gees en siel om julle hart, gees en siel voor te berei vir wat gaan kom, want wat gaan kom, sal hierdie sorge wat julle vandag het, betekenisloos maak en so betekenisloos sal dit word dat dit vergeet sal word in die tye wat gaan kom, so betekenisloos is hierdie sorge wat julle vandag bedink! Julle hart, julle gees, julle siel is soos woestyne en wildernisse, so dor is hulle weens die gebrek aan geloof en vertroue in My, EK IS wat EK IS, wat nodig sal wees om hierdie tye die hoof te bied en so dor is hulle van die waters van My lewe wat vrylik aan julle gegee was om vanuit te drink. Dit is as gevolg van hierdie dorheid dat baie, baie van julle sal sterf in die groot uitwissing wat gaan kom. So dikwels het Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku deur alle moontlike middele, maar julle het gelag, julle het gespot en julle het My gehoon, Ek, EK IS wat EK IS, ja, julle het dit aan My gedoen.

Hoe het ons hierdie dinge aan U gedoen, Vader? Wanneer het ons gelag? Wanneer het ons gespot? Wanneer het ons gehoon? Het ons nie die volk gewaarsku nie? Het ons nie groot voorbereidings gemaak en die volk in U Naam voorberei nie?

EK IS wat EK IS! EK IS wat EK IS! EK IS wat EK IS! het vir julle gesê dat julle werke en julle geregtigheid soos vuil vodde is voor My! Al hierdie dinge wat julle gedoen het, was vir julle eie selfverheerliking, sodat julle onder die volk gesien kon word as redders van die volk, as leiers van die volk aan wie veel guns en glorie betoon moes word, maar dit was nooit deur My verorden nie. My volk sal omkom, omdat julle hulle nie met die woorde van My verlossing gevoed het nie, julle het hulle nie met die woorde van berou en vergifnis gevoed nie en julle het hulle nie met die woorde van geloof, vertroue en glo in My, EK IS wat EK IS nie, Hy wat persoonlik My volk sal lei en rig na die plek wat Ek, EK IS wat EK IS uitgekies het vir My volk. Julle valse leiers! Julle huigelaars! Julle leuenaars en diewe van die gees, hart en siel van My volk! Julle het julle beloning ontvang en julle loon sal onthou word deur die groot uitwissing waarna julle diegene lei wat julle volg en wat julle vertrou het, in stede van om My, EK IS wat EK IS te volg en te vertrou! As gevolg van julle vergaan My volk van die pes van honger vir die geloof en vertroue in My, wat julle gefaal het om aan hulle te leer! As gevolg van julle het hulle hul vertroue in julle en die werke van julle hande sowel as die werke van hul eie hande geplaas en ten spyte van My woorde, het hulle hulle vertroue daarin geplaas! Ek, EK IS wat EK IS het alreeds gesê dat Ek julle sal verlos en Ek, EK IS wat EK IS het julle alreeds gesê hoe om voor te berei vir hierdie tye! As julle My net geglo en vertrou het, Ek, EK IS wat EK IS! As julle My maar net geglo en vertrou het dat Ek woon in die hart van die mens en het altyd en sal altyd die sake van die mens aanvoer, ELKE EEN DAARVAN! As julle maar net geglo en vertrou het in MY KRAG, EK IS wat EK IS, My krag om julle te bevry in hierdie tye wat gaan kom! Soos wat dit reeds voorspel is, sal sommige van julle hierdie groot uitwissing oorleef wat gaan kom, sodat julle die hartseer en verdriet vir die res van julle lewensdae sal dra, vir hierdie groot onheil wat julle in My Naam aan My volk gedoen het, EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205