EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 69 aan Lukaas van Hout op 28 Oktober 2013

Aan My Dogters van Sion, aan My stad van broederlike liefde wat woon as My Dogter van Sion, weet julle in hierdie nag, hierdie oomblik, hierdie uur, nou tot aan die tyd van My wederkoms, dat Ek, EK IS wat EK IS met julle is, soos wat Ek vele kere vantevore aan julle gesê het. Soos wat julle gekies het om in My liefde te woon, sal Ek, EK IS wat EK IS woon binne-in julle met My liefde, EK IS wat EK IS en Ek, EK IS wat EK IS sal julle in My liefde intrek, selfs nog nader sal Ek julle dieper en dieper in My liefde intrek. Uit julle midde het Ek, EK IS wat EK IS vele harte voorberei om My Goddelike Liefde te ontvang en hulle sal in My Goddelike Liefde ingetrek word en by My bly om My wil te doen op watter wyse Ek, EK IS wat EK IS hulle sal wys om My wil te doen en My wil sal hulle doen. Gedurende die dag sal hulle My wil doen en gedurende die nag sal hulle My wil doen, en hulle sal My wil doen op watter tyd Ek hulle ookal sal vra om My wil te doen. Met die grootste liefde sal hierdie wat geroep is om in My Goddelike Liefde te woon, My wil doen, met My Liefde, My Liefde, My Goddelike Liefde, EK IS wat EK IS. Hierdie wie Ek, EK IS wat EK IS gekies het om in My Goddelike Liefde te woon, sal hierdie Goddelike Liefde op allerhande wyses weerspieël, hetsy om lief te hê, te genees, te onderrig, te vermaan of te bestraf, sal hulle My Goddelike Liefde doen. Ek sal hulle 'n lig, 'n lig van My Heilige Gees gee wat sal skyn vanuit My Heilige Gees deur hulle wat Ek gekies het, 'n lig wat gesien sal word, gehoor en gevoel sal word deur My volk en nie net met die sintuie van die fisiese liggaam nie, maar met die sintuie van die gees, hart en siel sal My Goddelike Liefde gesien en gevoel word van hulle wat Ek, EK IS wat EK IS gekies het om by te woon gedurende hierdie tyd en die tye wat nou op julle is en in die tye van die groot uitwissing en vrees wat sal kom oor hierdie land Suid-Afrika. Dit is My teken tussen julle, Dogter van Sion en My, dat Ek, EK IS wat EK IS, met julle is. Aan hulle wat Ek, EK IS wat EK IS gekies het en sal kies om My volk te lei gedurende hierdie tye, berei voor vir My geskenk van My nederigheid aan julle, want julle is op die punt om My nederigheid te ontvang op 'n wyse wat julle nie poog nie. Wees nie bevrees of ontsteld oor hierdie nederigheid nie, alhoewel dit mag lyk of julle lewens en alles wat julle weet in julle geloof en oortuigings geskud sal word, so groot sal My nederigheid wees wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gaan gee. Ek het alreeds julle harte voorberei en het julle harte vir baie jare voorberei om hierdie nederigheid te ontvang. Dit moet so wees en dit sal altyd by julle wees om julle in alle nederigheid naby aan My te hou vir die fisiese en geestelike beskerming van My volk gedurende die tye wat nou oor julle kom en in daardie tye wat nog moet kom. Daardie tye, ja daardie tye wat My volk dink hulle ken, tog kan hulle nie eers begin om die groot boosheid, dood en verwoesting voor te stel wat hierdie tye sal bring nie. Hierdie einste oomblik nou, stuur Ek, EK IS wat EK IS My Heilige Gees vir die finale voorbereiding van julle harte om hierdie nederigheid en wysheid en begrip te ontvang van waarom dit so moet wees, so diep is hierdie nederigheid en geestelike wysheid en begrip wat in staat moet wees om hierdie nederigheid te dra. Dit is hierdeur, deur My nederigheid wat Ek, EK IS wat EK IS vir julle sal gee, hierdie nederigheid wat My teenwoordigheid met julle sal verseker in alles wat julle poog om te doen in My wil en in My Naam vir My volk om hulle te beskerm in hierdie uur van dood en in hierdie uur van versoeking, om hulle fisies en geestelik te behou en te beskerm van die weë wat oor hierdie land gaan kom. Dit moet so wees, wagters van My volk. Dit moet so wees om julle te behoed teen die versoekings van die vlees en die ydelheid van die vlees, daarom moet dit so wees en altyd moet My nederigheid in julle gevind word in alles wat julle sal doen in My Naam en vir My kinders en vir My, EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205