EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 76 aan Lukaas van Hout op 3 November 2013

Waarsku My volk, waarsku My volk, waarsku My volk, Ek, EK IS wat EK IS deur My Heilige Gees spreek met hierdie hande om aan julle te skryf. Die tyd van die Martelare het gekom, die tyd van die Martelare het gekom, ja, die tyd van die Martelare het gekom. Alhoewel hierdie tye julle in groot benoudheid sal bring, moet dit so wees om die koring te sif en die kaf te verwyder wat My volk van binne en buite hul wonings vernietig. Moses het van die berg af gekom met My wet in sy hart en in sy hand, so het Moses van die berg afgekom. Moses staan nou op die toppe van die kranse en aanskou die groot boosheid van hierdie kaf tussen die kampe van My volk en die goue kalf wat hulle weer besig is om binne hierdie kampe te bou, in al hierdie kampe regdeur My kinders van Israel bou hulle hierdie goue kalwers van valse aanbidding, afgodery van elke soort, diefstal, leuens en bedrog bou hulle hierdie kalf. Tog sal hierdie kaf verwyder word en met groot krag sal hierdie kaf verwyder word, maar voordat dit verwyder is, sal baie van My volk en baie van My uitverkorenes oorgelewer word in die hande van die vyande van My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Die bloedlus van die vyande van My volk is sonder rede en in hulle vrees vir My, wat hulle sien in die gesigte van My volk, sal hulle daarna soek om diegene te vernietig wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gegee en gestuur het, julle, My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion. Alreeds word baie van hulle wat Ek gekies het, in verraad oorgelewer in die hande van hierdie vyande van My volk. Tog sal Ek, EK IS wat EK IS hierdie verraaiers openbaar en hierdie verraaiers sal onder die kaf wees wat uitgewerp sal word vanuit My volk op daardie dag wanneer Ek deur My Heilige Gees met Moses sal spreek en hy aan julle sal verklaar; “maak op hierdie dag julle keuse om te staan met EK IS wat EK IS of met Baal”, en dan sal hulle hul keuse maak, soos wat My Heilige Gees sal veroorsaak dat hulle hul keuse maak, gedwing deur My Heilige Gees om die waarheid te bely wie hulle werklik dien. Dan sal hulle uitgewerp word vanuit die midde van My volk en dan sal Ek, EK IS wat EK IS begin met die vervolmaking van My volk. Soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle vertel het van My verlossing vir julle, so sal Ek, EK IS wat EK IS hulle verlos wat verraai is. EK IS wat EK IS, onthou hierdie woorde, want EK IS wat EK IS het nog maar net begin om op te staan vir My volk en in die dag wat Ek My mag ten volle sal openbaar aan die wêreld, in daardie dae, al daardie dae wat Ek, EK IS wat EK IS saam met My volk sal opstaan, sal die wêreld en die vyande van My volk bewe met 'n groot vrees, want hulle sal weet dat EK IS wat EK IS lewe en hulle sal weet dat dit Ek, EK IS wat EK IS is wat hulle in My aangesig beveg het. Dan sal hulle vlug van My aangesig, Ek, EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205