EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 77 aan Lukaas van Hout op 3 November 2013

Dit is die laaste woorde wat jy vanaand aan My volk moet skryf. Soek hulle nie op wat na My, Ek, EK IS wat EK IS roep vir vrede onder die nasies nie. Vir vrede onder die nasies huil hulle groot riviere van leuenagtige trane voor die mensdom. Voor die mensdom pleit en bedel hulle vir vrede onder die nasies, in weerwil van My woord deur My Skrifte. Valslik en met groot bedrog vir hul eie selfverheerliking smeek hulle vir hierdie vrede. Hulle uitroepe, hul trane, hul gepleit maak MY siek, want tevergeefs en valslik pleit hulle in hulle nietige selfverheerliking, aansien, eer van die mens en vir hul eie gewin, so pleit hulle valslik vir hierdie vrede. Het Ek, EK IS wat EK IS as JaHshua julle nie vertel dat Ek het nie gekom het om vrede aan hierdie wêreld te bring nie, maar 'n swaard, 'n swaard van waarheid en geregtigheid. As 'n Swaard wat die boosheid wat in die harte van die mens woon stukkend slaan, het Ek, EK IS wat EK IS hierdie swaard gebring. 'n Swaard wat seuns van vaders skei en dogters van moeders skei, so verdeel hierdie swaard van waarheid en geregtigheid die volke van die aarde. Wend jou af van hierdie valse herders, wend jou af van hierdie valse leraars wat hierdie gruwels van vrede leer, want soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle alreeds gesê het, sal daar nooit vrede wees nie, net soos wat Ek gespreek het in die woorde van My geskrifte. Vrede sal slegs kom wanneer Ek, EK IS wat EK IS sal terugkeer as JaHshua om My koninkryk op aarde te vestig en vanaf My heilige stad sal Ek, EK IS wat EK IS die nasies van die aarde regeer, dan en slegs dan sal daar vrede, MY VREDE, in die wêreld onder die nasies wees. Hierdie woorde gee Ek aan julle sodat julle kan begin om die waarheid van My woorde te onderskei om diegene onder julle te identifiseer wat julle mislei en om julle terug te bring na My waarheid soos wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle verklaar het deur die woorde van My Woord en My geskrifte, want so het Ek, EK IS wat EK IS hierdie waarhede met julle gespreek. Soos wat julle voorvaders eens die groot Babilon onderskei het, wat probeer het om hulle te verteer en te vernietig en hulle gelei is om na hierdie kus te vlug, so nou moet julle nou vlug vanaf die vele Babilons wat My valslik aan julle voorstel. Het Ek, EK IS wat EK IS julle nie gewaarsku dat die magte van die duisternis gedurende die einde van tye grootliks sal vermeerder in die wêreld nie? Hierdie magte van duisternis het die harte van hierdie valse leraars ingeneem en giet hul misleiding in hulle verstande in om hulle leuens en misleiding aan julle te gee om julle te mislei, net soos wat hierdie selfde magte van die duisternis ook gespreek het met die een derde van engele wat uitgewerp is, so groot is hul kennis en hul vermoë om te bedrieg. Hulle ken julle verlange na vrede en veiligheid en gebruik die verstande van hierdie mense om julle te mislei om te dink dat vrede moontlik is, terwyl dit nie is nie. Deur middel van hierdie vele valse leermeesters van die vele Babylons word hierdie groot misleiding in die verstande van hierdie valse leraars geplaas, om julle van My en My waarheid weg te hou en julle te lei na die dood. Open julle harte vir My en vra vir My geestelike onderskeiding, sodat julle kan begin om al hierdie valse leraars te onderskei, want die magte van die duisternis sal voortgaan met hul misleiding deur hierdie mense en deur hierdie mense sal die magte van die duisternis selfs groter geslepenheid spreek en sal selfs meer kragtiger woorde van oortuiging spreek, vergesel van valse tekens en wonderwerke, in hul pogings om julle te mislei. Baie sal mislei word en baie sal val en nog vele meer sal die vyande van My volk word, deurdat hulle dink dat hulle in My Naam geregtigheid doen, so groot sal hulle misleiding wees. Hulle sal My volk met geslepenheid en bedrog verraai en onder die dekmantel van vriendskap en broederskap in My Naam, sal hulle My volk verraai. Dit is oor hierdie redes dat Ek, EK IS wat EK IS nou gereedstaan om deur My Heilige Gees, hierdie geestelike onderskeiding aan julle te gee om hulle te onderskei wat vals is onder julle, sodat julle gespaar kan word van hulle verraad teenoor julle. In die uur wat julle hulle wat nie van My is nie, moet onderskei, vra hierdie onderskeiding en bevestig dit met My, en daarna moet julle nooit weer iets met hulle te doen hê nie en verwyder julleself uit hul teenwoordigheid op alle wyses wat julle hulle ken, skei julleself af van hulle! EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205