EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 83 aan Lukaas van Hout op 11 November 2013

Skryf jy nou, skryf soos wat Ek, IS wat EK IS jou vertel om te skryf, SKRYF! Skryf aan hulle wie Ek, EK IS wat EK IS gevul het met die hart, gees en verstand van Elia, skryf! Luister na My, diegene van julle wat Ek gevul het met die hart, gees en verstand van Elia, LUISTER NA MY deur hierdie hande wat die woorde skryf wat Ek, EK IS wat EK IS in sy hart spreek om te skryf deur My Heilige Gees, LUISTER NA MY! Ek, EK IS wat EK IS het julle geroep tot die gewigtigste van alle take. Hierdie taak is die taak van die sifting van My volk en hierdie sifting van My volk is geen geringe saak nie, want onder hulle wat gesif gaan word, IS MY KINDERS, MY HUISE VAN ISRAEL, MY DOGTERS VAN SION EN MY VOLK! Gewigtig is hierdie taak en gewigtig is hierdie verantwoordelikheid, want in hierdie siftingsproses is My volk onder die kaf en uit hierdie oes wat gesif moet word, moet julle, met die grootste sorg, My volk sif van die kaf. Berei julleself geestelik voor, berei julleself nederig voor en berei julleself met die grootste liefde voor, My liefde wat julle moet soek om hierdie sifting deur My Heilige Gees te doen, en julle moet My liefde soek om hierdie taak te doen! Julle wat Ek as Elia geroep het, sal hierdie sifting doen met die grootste liefde, met die grootste nederigheid en met die grootste sorg sal julle hierdie sifting doen. Julle sal My woorde in My geskrifte volg tot die kleinste jota soos wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gesê om hierdie sifting uit te voer, sal julle My woorde volg! In geregtigheid sal julle hierdie sifting doen! Ek het julle geroep om die gewigtigste take te doen, want Ek, EK IS wat EK IS ken julle harte en Ek, EK IS wat EK IS ken die groot sorg en die groot liefde wat julle het vir My volk. Ek weet dat julle baie graag begeer om My te dien en die groot begeerte het om My volk te dien, om hulle te help in die verwydering en sif van hierdie kaf. Tog weet Ek, EK IS wat EK IS ook van die woede en wrewel wat julle besit teen hierdie kaf en dit is om hierdie redes dat julle hierdie taak in alle geregtigheid, nederigheid en met die grootste sorg moet doen. Nooit moet julle toelaat dat hierdie woede en hierdie wrewel julle verblind in hierdie taak nie, want daardeur sal julle My volk seermaak. Ja, My volk, diegene van My volk wat lyk soos kaf, maar wat My kinders is en wat in verskillende vlakke van geestelike groei is, met dit wat hulle in staat is om te dra soos wat Ek, EK IS wat EK IS hulle met die grootste liefde en sorg gelei het. Onthou, soos wat Ek julle in die Skrif vertel het, Ek, EK IS wat EK IS sal niemand meer gee as wat hy kan dra nie, veral as Ek hulle uit die duisternis van hulle sondige lewens sal lei na die lig van My woorde en die lig van My geregtigheid en die lig van My liefde. Begeer nooit om die kaf te oordeel nie, want selfs onder die kaf is daar van hulle wat eendag na My sal terugkeer. Begeer net om My woorde te volg, soos wat Ek deur die Skrif gespreek het om met hierdie sake om te gaan. Soek eerstens in gebed en smeking tot My vir My wysheid en My geestelike onderskeiding vir ieder en elke keer en vir ieder en elke persoon, moet julle eers My wysheid en My geestelike onderskeiding deur gebed en smeking soek om met hierdie sake om te gaan. Gaan dan privaat na hulle wat gesondig het. As hulle nie na julle wil luister nie en as hulle nie wil bekeer nie, keer terug met twee of drie getuies soos wat Ek in die Skrif gesê het, om elke woord te vestig. As hulle nog steeds nie na julle wil luister nie, of nie berou het en wil bekeer voor die getuies nie, neem die saak na die oudstes en as hulle nie na die oudstes wil luister nie of geen berou het en nie bekeer voor die oudstes nie, neem die saak na die gemeente, en as hulle nie wil luister nie of geen berou het en nie bekeer voor die gemeente nie, moet hulle uitgegooi word totdat hulle tot bekering kom. Onthou om al hierdie dinge met die grootste nederigheid te doen, die grootste liefde en die grootste geduld en in alle geregtigheid, moet julle hierdie dinge doen. Die uitgooi van selfs 'n verlore kind van My, Ek, EK IS wat EK IS, is geen geringe saak nie. EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205