EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

 Boodskap No 84 aan Lukaas van Hout op 11 November 2013

Sodat hulle kan verstaan, sodat hulle kan glo en My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion tot hulp kan kom, skryf hierdie woorde, ja skryf hierdie woorde, My woorde, Ek, EK IS wat EK IS skryf hierdie woorde. Herinner hulle aan Nebukadnesar. Sê vir hulle en herinner hulle aan die groot trots en arrogansie van Nebukadnésar, en hoe hy voor My gestaan het voordat hy My geken het, op die balkon van sy groot woning toe hy kyk na alles wat hy gebou het, onwetend dat dit Ek, EK IS wat EK IS was wat hom geseën het met hierdie groot rykdom, met sy krag en glorie in voorbereiding vir die planne en doeleindes wat Ek, EK IS wat EK IS beplan het vir sy lewe om My en My werke te openbaar voor die mens. Herinner hulle hoe Ek sy rede verwyder het en hoe sy rede vir sewe jaar van hom weggevlug het en vir sewe jaar het Nebukadnésar sy rede verloor. Herinner hulle hoe Nebukadnésar aan die einde van daardie sewe jaar uitgeroep het en My erken het in alles wat Ek, EK IS wat EK IS aan hom gegee het en dat dit Ek, EK IS wat EK IS was wat hom so ryklik geseën het . Herinner hulle aan hoe dikwels Ek Nebukadnesar geseën het nadat sy rede herstel is. Herinner My volk aan Nebukadnésar, sodat hulle hierdie woorde kan glo wat Ek, EK IS wat EK IS nou spreek deur jou hart deur My Heilige Gees om te skryf. Dit is die groot sonde voor My van baie van My volk, want hulle staan op die balkonne en stoepe van hul wonings en aanskou alles wat hulle gebou het, en alles wat hulle gebou het maak hulle trots, 'n valse trots, 'n trots van die werke van hul hande, waarin hulle versuim om My te erken as Ek, EK IS wat EK IS wat al hierdie dinge aan hulle gegee het. Dit is nie My begeerte om die werke van hul hande te verwyder waarmee Ek hulle geseën nie. Ek, EK IS wat EK IS het hierdie dinge aan hulle gegee en vir My planne en My doelwitte vir My volk het Ek, EK IS wat EK IS hulle hierdie dinge gegee, soos wat Ek dit vir Nebukadnesar gedoen het vir My planne en My doelwitte om My voor die mensdom te openbaar gedurende sy tyd. Net so is dit nou met julle. Dit is My begeerte en dit is My wil, ja My wil, My, Ek, EK IS wat EK IS, dit is My begeerte en My wil dat hierdie mense van My volk wat Ek so ryklik geseën het, hulleself voor My verootmoedig en aan My die lof en die eer gee vir alles wat Ek vir hulle gedoen het, deur die werke van hul hande wat Ek aan hulle gegee het. Hulle moet hulself net verneder voor My en hierdie valse trots en hierdie arrogansie bely voor My. Hulle hoef net hul oë en hul hande op te hef na My en aan My die eer en lof gee vir al hierdie dinge wat Ek, EK IS wat EK IS deur hul hande gedoen het en deur hul hande het Ek, EK IS wat EK IS hierdie werke gedoen om hulle te seën, sodat My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion daardeur geseën kon word. Soos wat Nebukadnésar na My uitgeroep het in sy nederigheid en My die eer vir alles gegee het waarmee Ek hom mee geseën het, nou is dit julle wat na My moet uitroep. Sê vir hulle dat Ek nog meer seëninge het vir hulle wat Ek so ryklik geseën het en dat Ek, EK IS wat EK IS hulle sal seën met selfs groter seën as hulle hulleself voor My sal verootmoedig en net vir My sê: Vader, ek bely hierdie groot boosheid wat ek gedoen het. ek bely dat ek vir myself valse trots gegee het om te dink dat al die rykdom en al die eer en al die krag wat ek gehad het, dat ek dit met my eie hande gebou het. Vader, ek bely deurdat ek dit gedoen het, ek U ontken het, deur U hande en U wil in hierdie sake waarmee U my so ryklik geseën het, bely ek dat ek U ontken het. Vader, ek bely en gee alles terug wat U my gegee het om te doen vir U wil wat U wil ookal sal wees vir al hierdie seëninge wat U vir my gegee het, vir seëninge van groot rykdom, seëninge van groot krag en seëninge van titels en posisies gee ek nou my hele hart oor en keer ek terug na U. Vader, vergewe my. Vader, neem alles wat U my gegee het en verneder my om U wil te doen. Vader, laat alles wat ek het, laat alles wat U my so ryklik mee geseën het, nou U wil dien op watter wyse U wil mag wees vir U volk. Luister na My, Ek, EK IS wat EK IS, luister na My deur hierdie woorde, want julle broers en julle susters roep uit na My in groot nood, elke oomblik, elke uur, elke dag en nag roep julle broers en susters na My, so groot is hul lyding en pyn. Onthou, alles wat julle is en alles wat julle in rykdom, mag en heerlikheid geword het, kom uit My hand en uit My hand sal nog meer vir julle kom wat sal voortgaan om My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion te seën soos wat Ek, EK IS wat EK IS steeds sal voortgaan om julle te seën soos wat julle My sal volk seën en Ek sal julle seën op meer wyses en maniere as wat julle ooit geken het of kon geweet het hoe ryklik Ek jou sal seën en nie net met die dinge van hierdie wêreld nie, maar met groot geestelike waarhede en insigte sal Ek julle mee seën, diegene van julle wat My stem hoor deur hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS spreek met hierdie dienskneg om aan julle te skryf. Ek, EK IS wat EK IS vir ewig!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205