EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 89 aan Lukaas van Hout op 18 November 2013

Ek het meer woorde vir julle en meer woorde sal Ek, EK IS wat EK IS gee aan julle en nie net deur hierdie dienskneg nie, maar ook deur die vele ander wat My wil doen, deur watter roeping en bediening Ek hulle ookal gevra het om vir My, Ek, EK IS wat EK IS te doen. Het Ek julle nie vertel dat My woord, My woorde en Ek, EK IS wat EK IS altyd met julle sal wees nie? Glo en vertrou! EK IS met julle! Soek My deur alles wat Ek reeds in My Naam gestuur het, Ek spreek deur almal van hulle, deur sommige met woorde, deur sommige met aanhalings, deur sommige met prente en sang en deur sommige deur die werke van hul beroep spreek Ek, EK IS wat EK IS met julle. Oorweeg en bedink wat reeds aan julle gegee is, want daarin lê die vele fondamente van My waarheid, wysheid en kennis wat nodig is om julle te lei en voor te berei gedurende hierdie tye en in die tye wat kom en gedurende die tye tot aan die einde van die wêreld. 'n Liefdevolle vader ken die behoeftes van sy kinders en 'n liefdevolle vader ken die behoeftes van sy diensknegte. Wanneer Ek, EK IS wat EK IS stil is deur sommige van hulle, het Ek My redes en hierdie redes is bekend aan My en hulle. Nietemin, soos wat hulle verstil, sal Ek My woorde en My wil deur ander versterk vir daardie take wat Ek aan hulle opgedra het om te doen vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, waar hulle ookal gevind sal word, daar sal Ek hierdie dinge doen. Reageer enige pa of ma nie in liefdevolle sorg teenoor hul kind in nood in watter vorm hierdie nood ookal mag wees nie, hardloop enige pa of ma nie om hul kinders by te staan in nood, so vinnig as wat hulle kan nie? So is dit met My, Ek, EK IS wat EK IS, hierdie liefdevolle vader en moeder wat niks meer sal plaas op enigiemand as wat hulle in staat is om te kan dra nie. Wanneer My kinders in hierdie bediening, wat Ek aan hulle gegee het om vir My uit te voer, uitroep na My in hul nood, dan hardloop Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, skepper van alle dinge, alreeds na hulle toe om hulle te help en te troos in hul nood. Dan sal Ek sommige van hulle vir 'n tyd stilmaak en hulle nog dieper in My liefde intrek om te genees, te verfris, te troos, te versterk en Ek sal aanhou om hulle voor te berei vir hierdie take wat Ek aan hulle gegee het om vir My te doen, soos wat hulle in staat is om te dra. Ek is so lief vir julle, tog is soveel van hierdie menslike liggame wat My dien, op hierdie huidige oomblik te swak in die vlees om alles te ontvang wat Ek grootliks wil en begeer om aan julle te gee. Die tye sal aanbreek wanneer baie van hulle volkome vir My verseël sal word en hulle sal selfs groter ontvang, behalwe diegene wat Ek huis toe roep na My toe, maar totdat daardie tyd aanbreek, weet en verstaan dat hierdie verswakte liggame van My diensknegte net soveel van My kan dra voordat Ek, EK IS wat EK IS hulle beveel om te rus en alleen saam met My te bly in My woning van liefde, terwyl Ek hulle liefdevol en teer verkwik, soos wat hul eie vader en moeder hulle sou verkwik. EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205