EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 90 aan Lukaas van Hout op 23 November 2013

Dit is geskryf dat die loon van die sonde die dood is. Hierdie dood is die straf vir die verbreking van My wet! Ja, MY WET! Hierdie straf is onveranderlik, selfs deur My, EK IS en hierdie straf staan tot anderkant die ewigheid der ewighede, so onveranderlik is My wet! Dit is waarom Ek, EK IS wat EK IS na julle wêreld gekom het as JaHshua. Slegs een kon hierdie boete vir die hele skepping en vir die ganse mensdom betaal, Hy wat die wet geskep het, Ek, EK IS wat EK IS het hierdie wet geskep en Ek het na julle wêreld gekom as JaHshua, nie net om My wet in liefde aan julle te leer nie, maar om hierdie boete vir julle te betaal! Ek, EK IS wat EK IS het My koninkryk, My eer, My krag en alles wat Ek was, verlaat en met liefde wat alles oortref wat sedert die begin was , alles wat EK IS vir ewig is, Hy wat alles geskape het, ja EK IS, Ek het alles vir julle verlaat en het vir julle gesterf om die vereiste van die boete van die wet te betaal wat was, is en ewiglik die dood sal wees! Soos wat dit geskryf was, is die loon van die sonde die dood. Ek betoog vandag met julle op My Sabbat as julle liefdevolle Vader, alhoewel My teleurstelling in julle geweldig is. Het Ek julle nie op so baie maniere gewaarsku nie en nie net deur die Skrif nie, maar deur ander en deur die woorde wat Ek aan hulle gegee het om vir My te skryf? Selfs in die lewens van ander het Ek hierdie waarskuwings gegee? Tog bly baie van julle so hardnekkig, verhard van hart en hardkoppig soos voorheen en selfs meer so, omdat Ek julle weer en weer en weer gewaarsku het en julle nie na My geluister het nie. Het Ek, EK IS wat EK IS julle nie versigtig en met groot sorg opdrag gegee rakende die sake van My kinders, My volk, My huise van Israel, en My Dogters van Sion nie? Het Ek julle nie onderrig om My woord tot die kleinste jota en in alle geregtigheid na te volg in hierdie sake nie en was julle nie opdrag gegee om My woord en My wet te volg en bo alles met die grootste liefde en sorg met hierdie dinge van My volk en vir My volk om te gaan nie? Julle het My voor My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, en die wêreld beskaam, julle het My voor almal beskaam. Ja, julle het My beskaam, julle liefdevolle Vader, EK IS, Hy wat alles opgegee het en vir julle gesterf het, sodat julle kan lewe, julle het My beskaam! Het Ek, EK IS wat EK IS julle ook nie opdrag gegee om My woorde in diepte te oorweeg en te bepeins nie, al My woorde en om My Heilige Gees te soek om groter waarhede aan julle te openbaar nie? Ek spreek met julle as julle liefdevolle Vader, alhoewel My teleurstelling groot is, nogtans sal Ek My woede terughou, want My volk roep uit na MY in hulle geestelike pyn, wanhoop en angs oor hierdie dinge, en soos wat Ek wou gehad het dat julle aan hulle doen, so sal Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, ook aan julle doen, almal van julle wat My volk oppas en lei en ja, selfs My hele volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, waar hulle ook al gevind kan word, spreek Ek, EK IS wat EK IS met julle as julle liefdevolle Vader in hierdie dinge om julle sagkens te lei tot hierdie begrippe. O, mens! O dogter! O seuns van die mens! O Dogters van die mens! My kinders! Julle hoor My nie! Julle lees My woorde en vergeet hulle die volgende oomblik. In 'n oomblik lees julle My woorde en dan vergeet julle dit, tot die volgende woorde wat julle lees en vergeet en lees en vergeet en lees en vergeet. Ek gee My woorde aan julle sodat julle dit in diepte kan oorweeg en daaroor bepeins, sodat julle die groter wysheid en kennis van hierdie woorde deur My Heilige Gees sal soek! As julle net My woorde in julle hart wil laat lewe! As julle maar net My eenvoudige instruksies sou volg deur My geskrifte en deur My woorde, van waar Ek dit ook al vir julle gestuur het! Soveel wee en smart sou julle gespaar gewees het! Tog soek baie van julle My, julle liefdevolle vader nie en die wee en angs neem toe en versprei onder julle soos 'n verskeurende plaag, want baie van julle soek My nie deur My woorde nie! Baie van julle soek nie die lig van My woorde nie! Baie van julle soek nie die groot geestelike waarhede, wysheid en kennis wat Ek so graag vir julle wil gee deur hierdie woorde wat Ek reeds en met die grootste liefde en sorg aan julle gegee het nie! Deurdat julle dit gedoen het, is baie van julle soos blindes wat in die duister rondtas en wat nie dit van dat weet nie of dat van dit nie, totdat julle 'n adder gryp en gebyt en vergiftig word deur sy slagtande van gif van leuens en misleiding. Nog is een byt nie genoeg nie en weer struikel julle rond in die duister, alhoewel die lig altyd voor julle is, struikel julle in hierdie duisternis en weier om die lig te sien of te verstaan en julle gryp in plaas daarvan weer die adder en so word julle weer en weer gebyt en word julle selfs vergiftig met nog meer bedrog en leuens. Weer en weer kies julle om in die duisternis te struikel en gryp julle adder na adder na adder en al word julle 'n duisend maal vergiftig en gebyt, steeds struikel julle nog in die duisternis om hierdie adders gewillig te soek! Haat, wanorde, verdeeldheid, twis, woede en afguns loop moedswil onder julle, op soek om diegene in My gees en hulle sonder My gees te verslind, aangevuur deur hul demoniese meesters wat listig hierdie donker, bose en sataniese kunste van Satan vir ontelbare eeue beoefen het. Ek het julle teen hierdie groot geestelik boosheid gewaarsku en van hul groot en geslepe kennis het Ek julle van hierdie demoniese magte wat hierdie donker kunste beoefen vir die bose een en sy planne teen My volk, My hele volk, gewaarsku. Ja, Ek, EK IS wat EK IS het onder julle gewandel soos wat Ek julle vertel het Ek sal en Ek, EK IS wat EK IS sien My kinders bloei van die wonde wat op hulle toegedien word deur hulle wat hulself aangestel het om take te doen wat nooit aan hulle deur My, Ek, EK IS wat EK IS gegee is nie, en soos 'n wrede, hondsdol leeu het hulle onder My volk gewandel om oop te skeur, oop te sny en te wond. Haat, wanorde, verdeeldheid, twis, woede, afguns en soortgelyk broei nou onder My volk soos ongediertes! Het Ek, EK IS wat EK IS julle nie duidelik hierdie eienskappe van die bose een en hulle wat hom dien, getoon nie? Het Ek julle nie hierdie dinge gewys nie? Ek het en Ek het julle hierdie dinge getoon, sodat julle hierdie boosdoeners maklik kon herken deurdat hulle die bose een dien, selfs hulle wat dit onwetend doen. Diegene wat Ek kies, vir watter doel Ek hulle ook al kies, Ek sal My keuses onder julle bevestig. Ek het julle hierdie dinge gewys sodat julle hierdie boosdoeners kan herken en bestraf hierdie boosdoeners in My Naam en in My Naam vermaan, bestraf en tugtig hierdie boosdoeners wat sulke dinge doen om hulle te toets en om hulle te beproef om te sien of hulle My sal volg, My wette en My wil. Ek spreek met julle in liefde, as julle Vader, wie julle harte smeek en wie julle geduldig opdrag gee in hierdie dinge, sodat julle die waarheid van hierdie dinge kan dra wanneer julle die waarheid van hierdie dinge van My sal soek deur My Heilige Gees. Ek het alreeds julle harte voorberei om hierdie kennis te ontvang, maar dit sal julle groot droefheid en hartseer bring wanneer hierdie vyande van My wil, My woord, My wet en My volk, almal van hulle, aan julle geopenbaar sal word deur My Heilige Gees. Is daar nie geskrywe dat julle voorvader Abraham 'n vriend van My was nie? Maar selfs toe hy gesondig het, het Ek, EK IS wat EK IS hom nie gekasty vir sy oortredings nie? My kneg Moses, My kneg Moses, uitverkies om My volk vanaf die wrede hand van Farao te lei na die beloofde land, het ook teen My gesondig en Ek, EK IS wat EK IS sou sy lewe geneem het vir die verontagsaming van My wil, tog het sy vrou, Sippora, MY gehoorsaam en My instruksies nagekom en daardeur die lewe van haar man gered. In alle dinge staan My wet, My woord en My woorde vir ewig en in alle dinge is My hele volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion gelyk in al hierdie dinge. Hierdie dinge is vir julle geskryf om te verstaan en om te verhoed dat julle dieselfde foute sal maak. Julle het hierdie kennis, hierdie geskrifte, My woord en My woorde vir baie geslagte saam met julle en is sonder verskoning voor My. Geen wese, geen man, geen vrou, geen kind is bo die wet nie, My wet waarvoor Ek gesterf en die boete vir julle betaal het. My wet en My woord en My woorde staan vir ewig en vir alle tye, vir almal om gelyk te gehoorsaam, niemand is verskoon nie en niemand mag verskoon word nie. Nie eens die engele van die hemel is verskoon nie, maar is uitgewerp en wag op die finale oordeel wanneer hulle vir ewig sal vergaan saam met die mensdom wat geweier het om My wet, My woord en My woorde te volg. Ja, almal van hulle sal vir ewig verlore gaan omdat hulle My versaak het. Nou dus, liewe kinders, Ek pleit by julle as julle liefdevolle Vader, waarom doen julle dan, My liewe kinders, waarom doen julle nou en waarom gaan julle voort, My herders en leiers wat Ek vir hierdie tye gekies het, waarom wys julle nog voortrekkery en verskoon julle sommige van die wet en pas uitspraak van My wet ongelyk toe onder My volk! Een wet wat vir almal gelyk geld! EEN WET! My wet wat Ek, EK IS wat EK IS noukeurig en met die grootste liefde aan julle gegee het! Het Ek julle nie alreeds vertel dat julle familie en julle vriende, ja almal van hulle wat in My glo, EK IS wat EK IS, julle familie en vriende is nie! Ja hulle wat My wil doen, hulle wat My woorde doen en hulle wat My wet doen, hulle is julle familie en vriende! Hulle wat nie My wil doen nie, hulle wat nie My wet doen nie, hulle wat nie My woorde doen nie en hulle wat nie enige van hierdie dinge doen nie, ten spyte van My liefde, My woorde en My wet, hulle is nie julle vriende nie, hulle is nie julle familie nie! Hulle behoort aan en dien die bose een! Vir hul eie begeerlikhede van hulle harte soek hulle hul eie wil, om die luste en begeertes van hul eie vlees te dien. Laat julleself nie mislei of verblind deur julle wêreldse vriendskappe en familie nie! Hulle wat nie van My en met My is nie, is teen My! Nou spreek Ek as die Elohim van Moses toe Ek, EK IS wat EK IS, in My woede vir My volk met Moses gespreek het teen Farao. Nou sal Ek, EK IS wat EK IS spreek deur hierdie hande, in toorn teen die boosdoeners, hierdie verraaiers van My volk, elkeen van hulle! Luister na My, ja LUISTER NA MY, Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim van die huis van Israel, die Elohim van Jakob en Abraham, die EK IS, luister na My deur hierdie hande wat My woorde vir My skryf! Ja, hierdie selfde hande wat vir baie dae geweet het dat hierdie woorde aan die kom is en vir baie dae was sy hart siek en sy gees bedroef oor hierdie dinge. Met groot ontsetting het hy, My gehoorsame dienskneg, gevrees vir wat deur sy hande in My Naam, EK IS wat EK IS gespreek gaan word om aan julle te skryf, LUISTER NA MY! JY! Ja, jy, wat dit waag om jouself 'n Israeliet te noem! Julle wat die Skrifte gehad het, julle wat My woord ken, julle wat My woorde ken en julle wat die hordes seëninge geniet het wat Ek uitgestort het onder My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en al My Dogters van Sion, luister na My deur hierdie woorde! Nou sal Ek My woede uitstort en spreek deur hierdie hande om My woorde aan julle te skrywe, aan die ellendige en wrede drywers van My volk wie dit durf waag om hulself Israeliete te noem, afstammelinge van Abraham en Jakob, ellendige drywers is julle wat na My volk kom, almal van hulle, as een van hulle en tog is julle dienaars van die bose een! Julle soek nie om My wil, My wet, of My volk te dien nie! Julle soek slegs om die begeertes en luste van julle bose en slegte harte te dien, julle is die seuns van Bileam, julle is dieselfde drywers van Egipte, vermom as My volk in al die geslepe verraad wat aan julle gegee is deur die bose een, om My volk te verlei om julle sade van haat, wanorde, verdeeldheid, twis, woede en afguns en dies meer onder My volk te plant vir die meester wie julle werklik dien, julle vader, die duiwel en sy doelwitte teen My volk, elkeen van hulle! Ek, EK IS wat EK IS en EK SIEN JULLE en deur My woorde wat alreeds aan My volk gegee is, het Ek julle alreeds ontbloot! Luister nou na My, julle ellendige drywers wat minder van 'n kans het om in My koninkryk te kom as die Egiptiese drywers van ouds, LUISTER NA MY! Groot is julle verraad teenoor My en teenoor My volk en groot sal julle bestraffing wees! LUISTER NA MY op hierdie dag, Ek, EK IS wat EK IS! Op die dag, op die dag wat julle hierdie woorde sal lees, sal julle berou hê en julle groot sondes voor My volk bely, voor My volk en voor My herders en leiers sal julle bely oor julle verraad en wandade! As julle nie kan of nie wil nie, weet dan dat My oordeel vinnig is in hierdie dinge, My oordeel is vinnig en seker in hierdie dinge, en soos wat Ek, EK IS wat EK IS lewe van ewigheid tot ewigheid en soos wat Ek was en altyd sal wees, sal Ek, EK IS wat EK IS My wegwend van julle en toelaat dat julle uitgewerp word onder My volk uit, almal van hulle. Ek, EK IS wat EK IS sal My Heilige Gees stuur onder My leiers, My herders en My volk om sterk te wil dat julle uitgedryf word en met groot krag sal hulle julle uitwerp. Met groot krag sal hulle julle uitwerp! Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim van julle vaders en die Elohim van Israel, Abraham en Jakob, Ek, EK IS wat EK IS sal ook toelaat dat die bose een julle verteer en alles wat saam met julle is, as julle nie luister na My nie, julleself berouvol bekeer en julleself verneder voor My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion nie, waar hulle ook al gevind kan word. Ek sal julle neerwerp, Ek sal julle voor My verneder en Ek, EK IS wat EK IS sal drywers vir julle kies om in geestelike slawerny te dien, totdat julle bekeer en indien julle nie bekeer nie, dan sal julle hierdie wrede drywers dien wat Ek, EK IS wat EK IS julle aan sal oorlewer. Ek, EK IS wat EK IS, genoeg! My woede teen hierdie drywers wat My kinders martel met hul wrede woorde en wandade, hierdie verraaiers, maak My siek. GAAN WEG VAN MY, HANDE WAT MY WOORDE SKRYF, GAAN WEG VAN MY, dit berou My dat jy My op hierdie wyse moet sien, want Ek is so lief vir My kinders, EK IS wat EK IS


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205