EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 91 aan Lukaas van Hout op 23 November 2013

Waarom laat julle die bose een julle so versoek met skuldgevoelens en vrees oor My woorde? Sien julle nog nie hoe geslepe hy My beroepe op julle harte en innerlike geeste verdraai en dan hierdie liefdevolle beroepe van My aan julle verander in hierdie gevoelens van vrees en skuld nie? Liewe kinders! MY KINDERS! Waarom dink julle het Ek, EK IS wat EK IS hierdie Sabbat, My heilige Sabbat, My rusdag wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gegee het, gebruik om daardie woorde van tugtiging, vermaning en teregwysing te openbaar? Het julle gedink dat Ek hierdie vreugdevolle dag van dae sou laat verbygaan sonder enige verdere woorde van My om julle te troos en te bemoedig? Kan julle onthou wat Ek oor hierdie dag gesê het? Dit was op hierdie dag, die sewende dag, wat Ek, EK IS wat EK IS gerus het van al My arbeid in die skepping van julle wêreld en op hierdie dag het Ek gekyk en gesien dat alles goed was in My oë. Ek het hierdie dag geheilig, hierdie dag gewy en hierdie dag apart gestel as 'n ewige herinnering van die dag waarop Ek gerus toe Ek hierdie wêreld, die aarde, geskep het. Ek het hierdie dag geskep, 'n weeklikse dag, sodat almal voor My kan kom in herinnering van al hierdie goeie werke en om hierdie dag van rus saam met My te vier in die skepping van die aarde. Dit is waarom Ek besluit het op hierdie dag om die woorde van tugtiging, vermaning en teregwysing te gee. Ek het hierdie dag, My heilige Sabbatsrus gekies om aan julle daardie woorde te gee, sodat julle kan verstaan dat dit met dieselfde liefde is waarmee Ek hierdie wêreld geskep het, ja met dieselfde liefde waarmee Ek die woorde van tugtiging, vermaning en teregwysing aan julle gegee het. Dit is in liefde! Onthou julle nie die sewe-en-sewentig maal sewe nie? Wat het Ek aan julle gesê van My genade en vergifnis? Sewe-en-sewentig maal sewe en meer sal Ek, EK IS wat EK IS julle altyd vergewe, as julle berou toon en julle bekeer tot My, en die selfde oomblik wanneer julle berou toon en julle tot My bekeer, sal Ek julle altyd terug ontvang, ieder en elke keer! As Ek, julle liefdevolle Vader, kies om julle te tugtig, te vermaan of te bestraf, dan is dit met liefde! Watter ouer onder julle, met 'n blinde kind, sal hierdie kind alleen in die woestyn laat waar woeste en wilde diere is? Nee, nie een van julle sal dit selfs oorweeg om so 'n ding te doen nie! Tog is julle in 'n woestyn, die woestyn van die bose een, wat sy wraak op julle uitoefen op elke moontlike manier wat hy en sy bose leërskare kan vind om julle te kwel in sy haat teenoor My. Daarom moet, Ek, EK IS wat EK IS julle tugtig, vermaan en bestraf, so dikwels as wat nodig is, om julle te behoed van hierdie wilde verskeurende diere. Deur My woorde te doen, sal My woorde julle skuldig bevind en julle tugtig, vermaan en bestraf, maar nooit in hierdie valse emosies waarmee die bose een wil julle van My af weg wil versoek nie! As My woorde julle harte aankla, onthou die sewe-en-sewentig maal sewe! Onthou dat My genade en vergifnis vir ewig is en dat wat julle ookal gedoen het, Ek dit sal vergeet in My oseaan van vergetelheid, daardie selfde oomblik wanneer julle berou het en na My terugkeer! Daar is geen skuld nie! Daar is geen vrees nie! Dit is leuens en misleiding van die bose een, om julle in te lei in `n gevoel van wanhoop, om julle verder weg te draai van My. Ontvang hierdie tugtiging, vermaning en teregwysing met 'n oop hart, ontvang My tugtiging, vermaning en teregwysing met vreugde en blydskap, wetende dat Ek so lief is vir julle en dat Ek julle net versterk vir daardie tye wat nog moet kom. In daardie tye en op daardie dag sal julle verheug wees met groot vreugde en vrolikheid oor al hierdie tugtiging, vermaning en teregwysing, want in daardie dae en gedurende daardie tyd sal julle ten volle verstaan waarom hierdie dinge so moes gewees het! Onthou My Sabbat, om dit heilig te hou en onthou My Sabbat in hierdie tugtiging, vermaning en teregwysing, wetende dat hulle een en dieselfde is met dieselfde liefde en vreugde vir julle wat Ek, EK IS wat EK IS My verheug het oor die eerste sewende dag toe die aarde voor My was in al haar nuwigheid en Ek gekyk en gesien het dat dit goed was. Vrees nie meer My tugtiging, vermaning en teregwysing nie, ontvang dit eerder met vreugde en blydskap, soos wat julle My Sabbat ontvang en begeer My tugtiging, vermaning en teregwysing, want dit is My tekens tussen My en julle, sodat julle kan weet dat EK IS met julle is! EK IS wat EK IS en EK IS is altyd met julle in liefde!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205