EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 97 aan Lukaas van Hout op 30 November 2013

Sem! Sem! Sem! Waar is jy nou? Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS soek jou ywerig onder My volk en die hele wêreld met alles wat EK IS is, wat liefde is. Het jy vergeet van die groot seën en die groot opdrag wat Ek, EK IS wat EK IS aan jou gegee het? Ja hierdie groot opdrag om die herders van My volk te wees regdeur die geslagte van die mens tot aan die einde van die wêreld en verder tot in die ewigheid in het Ek, EK IS wat EK IS hierdie groot opdrag aan jou gegee! So baie geestelike waarhede wou Ek deur jou aan die wêreld gee en nog sal Ek, EK IS wat EK IS steeds hierdie waarhede aan jou gee vir al My volke, as jy net jou hart vir My wil oopmaak en hierdie seëninge ontvang van hierdie opdrag en die waarhede wat Ek so graag met jou wil deel om aan die wêreld te gee. Verwerp alles wat hierdie wêreld jou geleer het van My. Verwerp alles wat jy dink jy van My af weet, ja verwerp al hierdie wêreldse kennis van My, want dit is tevergeefs en begeer slegs die fisiese voordele van hierdie tydelike wêreld en nie die ewige geestelike waarhede wat Ek met jou wil deel om aan die wêreld te gee nie. Werp alles opsy as jy My hoor, EK IS wat EK IS, as jy My nog een keer sal hoor. Werp alles daarvan eenkant toe asof jy nog nooit iets van My geweet het nie en soek My in afwesigheid van hierdie wêreldse kennis, asof jy My vir die eerste keer soek in alle reinheid en alle onskuld van hart, verstand en siel. Soek My soos wat 'n kind My sal soek! Dan sal Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS jou hart oopmaak vir My ewige geestelike waarhede! En op daardie dag, ja op daardie einste oomblik, in daardie tyd wat jy jouself sal oopmaak vir My om hierdie waarhede te ontvang, sal jy al jou aardse besittings gewillig wegstoot wanneer jy sal ontdek dat hierdie waarhede was en groter is as enige aardse beloning wat jy gesoek het, deur jou te laat verlei deur Satan. Gewillig sal jy onder diegene sit wie jy as swak en ellendig beskou het, om hierdie waarhede te ontvang, so groot sal jou vreugde en verwondering in hierdie waarhede wees op daardie dag wanneer jy jou wêreldse kennis van My af wegwerp en My sal soek alle reinheid en alle onskuld van hart, verstand en siel. Kom terug na My, Sem, jou liefdevolle Vader, want Ek het so baie om aan jou te skenk vir hierdie wêreld! Hierdie is nie die laaste woorde nie en hierdie is nie die laaste appèl wat Ek, EK IS wat EK IS aan jou sal rig nie. Hierdie woorde is in die hart van hierdie dienaar gespreek deur My Heilige Gees om op hierdie Sabbatdag geskryf te word om jou voor te berei vir meer woorde wat gaan kom. Ja, dit is Ek wat met jou spreek Sem, deur hierdie hande, jou liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205