BOODSKAPPE AAN NALIZE VANAF AUGUSTUS 2013
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Woord aan Nalize op 14/9/2013
Skryf, Nalize, want EK IS weer teenwoordig in hierdie dag. Ek gee elkeen geleentheid om My te onthou en op te soek soos wat hierdie dag begin. Ek neem jou as werktuig omdat jy los is van alles en almal wat jou kon bind. Jy is Myne, soos Ek wil hê almal moet Myne wees. Die ore van die Gees is die deur na my toe en elkeen wat die deur oophou, sal weet wanneer dit EK IS wat spreek.
Hierdie skrywe is gerig aan die wat in geloof moed hou dat EK hulle kan versterk. SWAAR sal die dae en droefheid oor die verlore lewens wees, maar WEET, die lewens is ewig by My. Daar sal My engele hulle neem en van hulle waardige mense maak om by julle oorlewendes te mag aansluit in die ewigheid. Dit wat maak dat hulle nie nou kan groei, opoffer en verstaan wat die Liefde vra nie, sal aan hulle duidelik raak, daar waar Ek hulle heen neem. Dit is nodig, sodat die fees groot sal wees wanneer Ons hulle eendag in My Huis verwelkom, die Huis wat hulle eens verlaat het, agter Lucifer aan.
Word bly, want as jy die smarte op aarde oorleef, IS jy reeds gereed vir My Fees. Jy het dan werk onder die oorlewendes en deur die deur tussen My en jou oop te hou, moet jy duidelikheid kry oor jou werk. As jy 'n waardige kneg in die Liefde is, sal Ek dan by jou intrek neem en jou vermoëns vergroot.
Wees nou eers gefokus op jouself en om die deur te vind - die oor wat My moet hoor, soos 'n 'radio' in julle taal, dat Ek heeldag met jou kan spreek. So sal vele bevestigings kry van hierdie boodskap aan My kneg. In elke dag se doen en late MOET jy oefen om met take besig te bly en jou deur na My oop te hou. Ek sal spreek en by jou vertoef as jy in Liefde na My verlang. EK IS My Woord getrou aan elkeen wat die belofte aanneem.
Wees kalm, verbly jou in My sorg.
Jahshua, Jahweh, JahRuag, jou Man.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205