SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 10 aan Bertus Hanekom op 12 SEPTEMBER 2013 om 03H15

ALLES BEGIN MET ELOHEY.

Dit gaan nie om jou nie.

Jou lewensdoel is veel groter as jou persoonlike vervulling, jou innerlike vrede of selfs jou geluk. Dis veel groter as jou gesin of selfs jou wildste drome en ambisies. As jy wil weet waarom jy op die planeet geplaas is, moet jy met My, jou Elohey begin. Jy is deur My doel en vir My doel gebore.

Ja, die soeke na die doel van die lewe laat mense al duisende jare kopkrap. Dis omdat jy gewoonlik by die verkeerde plek begin – naamlik jouself. Jy vra selfsugtige vrae soos: Wat wil ek word: Wat moet ek met my lewe maak? Wat is my doelwitte, my ambisies, my drome vir my lewe? So `n klem op jouself sal egter nooit jou lewensdoel duidelik maak nie.

Jy sal nie jou lewensdoel verstaan as jy begin deur op jouself te konsentreer nie. Jy moet met My, jou Skepper begin. Jy bestaan net omdat Ek, Elohey wil hê jy moet bestaan. Ja, jy is deur My en vir My geskep – en die lewe sal eers sin maak as jy dit verstaan. Net in My ontdek jy jou oorsprong, jou identiteit, jou betekenis, jou doel, jou sin en jou lotsbestel. Elke ander pad is `n doodloopstraat.

Kyk, baie mense probeer My vir hulle selfverwesenliking gebruik, maar dit keer die natuur op sy kop en sal beslis misluk. Jy is vir My gemaak en nie andersom nie, en die lewe gaan daarom dat jy My toelaat om jou vir My doeleindes te gebruik. Kyk, die Woord sê : ‘’Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede.”

Baie jare lank het mense die betekenis van die lewe bespreek en daaroor gespekuleer. Maar gelukkig is daar `n alternatief vir spekulasie oor die betekenis en doel van die lewe. Dis Openbaring. Jy kan gaan kyk wat Ek in My Woord oor die lewe onthul het.

Kyk, Ek het jou nie in die duister gelaat om te wonder en te raai nie, Ek het My doelwitte vir jou lewe duidelik in My Woord onthul. Dit is jou Eienaarshandleiding wat verduidelik waarom jy leef, hoe die lewe werk, wat om te vermy, en wat om in die toekoms te verwag.

Ek, jou Elohey is nie net die wegspringplek van jou lewe nie; Ek is die bron van jou lewe. Om jou lewensdoel te ontdek, moet jy die wysheid in My Woord raadpleeg, nie die wêreld se wysheid nie. Ja, jy moet jou lewe op ewige waarhede bou. Kyk, My Woord sê: “Deur Jahshua Messias het julle deel geword van My volk soos Ek dit vooruit al bestem het.’’

Jy het miskien dalk vandag `n duister gevoel oor jou lewensdoel. Geluk, jy gaan binnekort tot in die Lig stap.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205