SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 12 aan Bertus Hanekom op 13 SEPTEMBER 2013, om 04H10

WAT IS DIE DRYFKRAG IN JOU LEWE?

Elkeen se lewe word deur iets aangedryf.

Bertus:

Of jy nou `n motor bestuur of `n gholfbal op sy pad stuur, is jy op daardie oomblik besig om dit te rig, te beheer en in `n bepaalde rigting te laat beweeg. Wat is die dryfkrag in jou lewe?

Hier en nou word jy dalk deur `n probleem of druk gedryf. Jy word dalk gedryf deur `n pynlike herinnering, `n vrees wat by jou spook, of `n onbewuste opvatting. Daar is honderde omstandighede, waardes en emosies wat jou lewe kan aandryf.

Elohey:

Baie mense word deur `n skuldgevoel gedryf. Hulle bestee hul hele lewe daaraan om van spyt oor iets weg te hardloop en hulle skaam weg te steek. Skuld-gedrewe mense word deur herinnerings gemanipuleer. Hulle laat toe dat hul verlede hul toekoms beheer.

Jy is produkte van jou verlede, maar hoef nie gevangene daarvan te wees nie. My, jou Elohey, se doel word nie deur jou verlede beperk nie. Kyk, het Ek dan nie `n moordenaar in `n leier omskep nie, en `n lafaard in `n dapper held, en net so kan Ek met die res van jou lewe ook merkwaardige dinge doen. Ja, Ek spesialiseer daarin om mense `n tweede kans te gee. Kyk, My Woord sê: ‘’Dit gaan goed met die mens wie se oortredinges nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. Dit gaan goed met die mens vir wie Jahweh die oortredings nie toereken nie.’’

Baie mense klou aan hulle wonde vas en kom dit nooit te bowe nie. Pleks daarvan om hul pyn deur vergifnis te verlig, laat hulle dit weer en weer in hul gedagtes oorspeel. My liewe kind, jou verlede is verby! Niks gaan dit verander nie, jy maak jouself net deur jou bitterheid seer. Kyk die Woord sê: ‘’Verbittering maak `n dwaas dood.’’

Ander word deur vrees gedryf. Hul vrese is miskien die gevolg van `n traumatiese ervaring, onrealistiese verwagtings, die verkeerde grootword in `n huis of selfs `n genetiese geneigdheid. Vrees is `n tronk wat jy self bou en wat gaan sorg dat jy nie word wat Ek, jou Elohey wil hê jy moet wees nie. Jy moet die wapens van geloof en liefde daarteen gebruik. Waar liefde is, is daar geen vrees nie, volmaakte liefde verdryf vrees.

Ander kragte kan jou lewe ook aandryf, maar almal beland in dieselfde doodloopstraat. Niks is belangriker as om My doel vir jou lewe te ken nie, en niks kan daarvoor vergoed as jy nie weet wat dit is nie.

As jy wil hê jou lewe moet dryfkrag hê, moet jy dit op My, jou Hemelse Vader fokus. Jy is nie op aarde geplaas om onthou te word nie. Jy is hier geplaas om vir die Ewigheid voor te berei.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205